Tuesday, December 11, 2007

Die Vullis vragmotor

Hoe gereeld laat jy toe dat ander mense jou gemoedstoestand beïnvloed? Laat jy toe dat ‘n swak bestuurder, ongeskikte kelner, ‘n norse baas of ‘n onsensitiewe medewerker jou dag ruïneer? So iets kan jou hele dag omkrap en jou in ‘n slegte bui laat vir ‘n groot gedeelte van die dag. Maar, dit is waar die onderskeiding van die suksesvolle persoon intree naamlik, hoe vinnig kan jy jou fokus terugkry na so insident op dit wat belangrik is.

Sestien jaar gelede het ek die les geleer, agter in ‘n huurmotor. Dit is wat gebeur het. Ek het ‘n huurmotor gekry en was oppad na die stasie. Terwyl ons in die linkerkantste baan ry, is daar skielik ‘n swart motor wat vanuit ‘n parkeer ruimte voor ons inry. Die huurmotor bestuurder het baie vinnig gerem en die motor het begin gly, ons het die motor met centimeters gemis.

Die bestuurder van die swart motor ruk sy kop agtertoe en begin in die vreeslikste taal ons uit te skel. My huurmotor bestuurder het net vir die ander bestuurder geglimlag en gewaai. Hy was werklik opreg vriendelik met hom. Ek vra toe vir hom, “Hoekom het jy dit gedoen? Die ou het amper jou motor afgeskryf en ons amper hospitaal toe gestuur. Dit is wat die huurmotorbestuurder vir my gesê het wat ek nou noem, “Die Wet van die Vullis vragmotor”.

Baie mense is soos vullis vragmotors. Hulle hardloop rond vol vullis, vol frustrasie, vol woede en vol van teleurstelling. Soos wat die vullis ophoop soek hulle ‘n plek waar hulle dit kan stort. As jy hulle toelaat sal hulle dit op jou stort. Indien iemand dit wel op jou stort moet dit nie persoonlik opneem nie. Glimlag, waai, wens hulle voorspoed toe en gaan aan. Jy sal baie bly wees jy het dit gedoen.

So dit was dit, “Die Wet van Vullis vragmotors”. Ek begin te dink hoeveel keer laat ek toe dat vullis vragmotors reg bo oor my ry? Hoeveel keer neem ek hulle gestorte vullis en versprei dit weer aan ander mense by die werk, by die huis en op straat? Dit was die dag waarop ek besluit het tot hiertoe en nie verder nie, ek gaan dit nie meer doen nie. Ek het begin om die vullis vragmotors raak te sien.

Ek sien hulle nou al aankom, ek sien die vrag vullis wat hulle dra en ek sien dat hulle dit wil kom stort. Soos my huurmotorbestuurder, maak ek dit nie ‘n persoonlik ding nie, ek glimlag net, waai, wens hulle voorspoed toe en beweeg aan.

Die geheim om ‘n gelukkige en suksesvolle dag te ervaar is om nie toe te laat dat ander mense se vullis vragmotors jou lewe oorneem of beheer nie.
Die lewe is te kort om elke oggend met verwyte op te staan, dus ….. wees lief vir diegene wat jou goed behandel en die res, ignoreer hulle en vergeet daarvan.

No comments: