Thursday, December 13, 2007

Ek het Gevra

Ek het gevra vir krag sodat ek kon presteer
Toe maak Hy my swak sodat ek kan leer

Ek het gevra vir gesondheid sodat ek groot dinge kon verrig
Toe gee Hy genade sodat ek kan besef daar is 'n beter plig

Ek het gevra vir rykdom sodat ek geluk kon koop
Toe gee Hy armoede om my van my hoogmoed te stroop

Ek het gevra vir mag sodat ander my kan prys
Toe gee Hy my die wysheid om Sy liefde te kan wys

Ek het gevra vir alles in die lewe sodat ek dit kon geniet
Toe gee Hy my 'n hart wat ten spyte van die lewe vreugde kan bied

Ek het niks ontvang waarvoor ek gevra het nie

Maar in Sy oneindige wysheid, liefde en genade het Hy my meer gegee as waarvoor ek ooit kon hoop.

Want selfs al gaan ek deur donker dieptes hoef ek nou nie meer bang te wees nie.

U is by my.

By U is ek veilig.

U goedheid en liefde is my huis en my hart.

Nou kyk ek op na die berge en weet U is daar.

U sal my beskerm teen alle gevaar.

Nou.

Altyd.

Gestuur deur Kerneels

No comments: