Negentien jaar gelede (7 Desember 1988) het ‘n 6.9 aardbewing gevolg deur ‘n 5.8 na-skok Armenia feitlik gelyk gemaak en oor die 45 000 mense het gesterf in minder as vier minute.
Dit is moeilik om jouself voort te stel die wroeging, pyn en leiding wat begin het in die kortstondige vier minute – mense se hele wêreld is omgekeer en lewens verwoes. Ten spyte van die verwoesting bring sulke tragedies soms die beste in mense na vore – dit voorsien ‘n venster om die inhoud van elke een se hart te sien. Laat my toe om jou die hart te wys van ‘n liefdevolle vader.
Te midde van die chaos en verwoesting het hy gejaag na sy seun se skool. In plaas van ‘n skool het hy slegs ‘n vormlose ruïne van steen, klip, hout en sink aangetref waar die skool eens gestaan het. Dink jouself in wat het deur sy gedagtes gegaan. Wat sou op daardie stadium deur jou gedagtes gegaan het? Moontlik sou skok jou ook so verlam het soos die ander ouers wat in ‘n dwaal op die perseel rondgestaan het en droefgeestig na hulle kinders geroep het terwyl ‘n groot benoudheid hul oorval het. Maar in die geval van die vader, het die verwoeste gebou hom aangespoor om tot aksie oor te gaan. Hy hardloop na die agterste hoek van die gebou waar sy seun se klaskamer voorheen was en hy begin onmiddellik te grawe. Hoekom? Watse hoop het hy gehad? Wat was die kanse dat sy seun so ‘n verwoesting kon oorleef? Al wat hy geweet het is dat hy sy seun belowe het dat hy altyd daar sal wees vir hom. Dit was die belofte wat krag aan sy liggaam voorsien het en hom geestelik gemotiveer het.
Terwyl hy begin het om te grou het wel menende ouers hom probeer wegkry by die rommel met die woorde: “Dit is te laat!” “Hulle is dood!” “Jy kan niks meer vir hulle doen nie!” “Jy kan hulle nie help nie!” “Gaan huis toe!” Die hoof van die brandweer het hom ook probeer wegkry en hom meegedeel: “Brande en ontploffings vind oral plaas. Jy verkeer in groot gevaar. Gaan huis toe!” Ten einde laaste het die polisie opgedaag en aan hom gesê, “Jy is kwaad, getraumatiseerd, maar dit is verby. Gaan nou eerder huis toe.” Maar die vader het ‘n belofte gemaak en hy was vas van plan om daarby te hou!
Die liefde wat die vader in sy hart gehad het vir sy seun het hom aanhou laat grou vir agt … 12…. 24…. 36 ure. Toe, in die 38ste uur rol hy ‘n groot stuk beton rotsblok weg en hoor sy seun se stem wat roep om hulp. Dadelik roep hy, “ARMAND!” Die seun roep terug, “Pa!? Ek het hulle gesê! Ek het die ander kinders gesê dat as pa nog leef sal hy my kom red! Jy het belowe dat jy altyd daar sal wees vir my en jy het jou belofte gehou!
‘n Vasbeslote vader, ‘n belofte en ‘n rotsblok wat weggerol word om lewe te onthul en vryheid te skenk. Die verhaal van Armand se vader herinner ons aan die gebeure wat plaasgevind het by die graf van ons Verlosser toe ons Hemelse Vader ‘n baie groter belofte gehou het deurdat Hy ‘n rotsblok van nog groter betekenis weggerol het.
Met die wegrol van die steen het daar vir ons ewige lewe gekom en ware vryheid in Christus.
En weet julle wat? Ons Hemelse Vader is nog steeds in die besigheid van die wegrol van klippe.
Wat is die klippe in jou lewe?
Dit maak nie saak hoe groot of hoe klein hulle is nie ons Vader is nou op soek na jou. Hy soek deur die rommel en ruïnes van lewens wat nie vir Hom geleef word nie en Hy wil die rotse wegrol van wanhoop en slaweband wat jou bind.
Mag jy onthou of miskien vir die eerste keer ontdek dat ons God die grootste beloftes ooit gemaak het en Hy is oorvloediglik in staat om hulle almal na te kom net soos Hy die baie spesiale belofte aan Sy Seun nagekom het so twee duisend jaar gelede.
(Han 13:37) maar Hy wat deur God opgewek is, het geen verderwing gesien nie.
(Han 13:38) Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word,
(Han 13:39) en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie.
Showing posts sorted by relevance for query 'n vader se belofte. Sort by date Show all posts
Showing posts sorted by relevance for query 'n vader se belofte. Sort by date Show all posts
Saturday, January 5, 2008
Wednesday, July 21, 2010
Om Vader Yahweh se Naam te Verydel

Of anders gestel: om Sy naam ydellik te gebruik.
Die eerste gedagte wat by mens opkom is mense wat omtrent nie ‘n sin kan voltooi sonder om die naam van Yahweh of Yahshua ydellik te gebruik nie.
Ons ken die gebruike van die woorde Here, J*sus en G*d – dis die skrille gebruike van die woorde wat voel of iemand ‘n dolk in jou hart steek. Dit sny deur die siel van die ware gelowige kind van Yahweh.
Maar die mens het al baie ‘slimmer’ geraak want hy sien dat mede gelowiges hom skuin aankyk wanneer hy die name van Vader ydellik gebruik en derhalwe het hy die woorde ‘versag’ of hulle verbloem in ander woorde sodat dit nie so kras klink nie. Van die letter in die woorde word vervang sodat dit soos iets anders klink maar die betekenis is dieselfde. Woorde soos j*sum is maar slegs ‘n vervanging van die ‘s’ op die einde met ‘n ‘m’ maar die wese en bedoeling van die woord is presies dieselfde, netso met die woord Jissie.
Daar is ‘n paar ander Engelse woorde wat ook gereeld gebruik word soos ‘blimey’ wat beteken ‘God blind me’ of ‘crikey’ wat beteken ‘Christ kill me’. Pasop waarvoor jy vra, dit mag dalk net aan jou toegestaan word.
As ons kyk na die gebod:
EXO 20:7 : Jy mag die Naam van JaHWeH jou Elohey nie verydel nie, want JaHWeH sal die een wat Sy Naam verydel, nie ongestraf laat bly nie.
Dan sal ons sien die gebod bestaan uit twee gedeeltes naamlik die ydellike gebruik van Sy naam wat verbied word en die tweede gedeelte, die versekering dat die gebruik nie ongestraf sal bly nie.
Wanneer ons die gebod fyn ontleed sal ons opmerk dit behels nie net die ydellike uitspreek van Sy naam nie maar dit beteken ook om Yahweh self nie te verydel nie, met ander woorde ook die misbruik van enige iets waardeur Vader Hom bekend maak aan Sy kinders of openbaar maak aan die wêreld.
MAL 1:6 : 'n Seun eer sy vader, en 'n slaaf sy eienaar. As Ek dan 'n Vader is, waar is My Eer? En as Ek die Meester is, waar is die Vrees vir My? sê JaHWeH van die skeppings-leërmag aan julle, o priesters, wat My Naam verag! Maar julle sê: Waardeur het ons U Naam verag?
MAL 1:7 : Julle bring besoedelde Brood na My altaar, en dan vra julle: Waardeur het ons U besoedel? Deurdat julle sê: Die tafel van JaHWeH is veragtelik.
MAL 1:8 : En as julle 'n blinde [dier] nader bring om te slag, is dit nie besoedel nie! En as julle 'n lam of 'n siek dier bring, is dit nie besoedel nie! Bring haar tog nader vir jou goewerneur! Sal hy 'n welgevalle aan jou hê of jou goedgesind wees? sê JaHWeH van die skeppings-leërmag.
Lev 20:3 En Ek sal my aangesig teen dié man rig en sal hom uitroei onder sy volk uit; want hy het van sy kinders aan Molog gegee om my heiligdom te verontreinig en my heilige Naam te ontheilig.
LEV 19:12 : En julle mag nie vals sweer by My Naam en so die Naam van jou Elohey besoedel nie. Ek - JaHWeH.
Dit is nie net ‘n kwessie van vloek en Vader se Naam ydellik te gebruik in alledaagse gesprekke nie. Ons mag ook nie vir iemand sê, “God bless you’ of ‘Bless you’ wanneer iemand nies nie. Daardeur gebruik ons ook Sy Naam ydellik. Maar die ydellike gebruik van Sy Naam is nie net beperk tot spraak nie. Maar ook tot ons optrede, ons doen en late.
Die eerste vier gebooie handel oor hoe ons Yahweh moet dien en die derde gebod verbied nie net die verydeling van Sy Naam nie maar impliseer ook dat ons Vader moet eer en verheerlik.
Die derde gebod is gemik op die hart en die tong. Die hart is waaruit al die gedagtes en handelinge van die mens ontstaan en dit vloei oor in woorde of optrede. Indien ons hart nie op ons Meester gerig is nie dan sal ons woorde daarvan spreek en sal ons Sy Naam ydellik gebruik. Ons moet onthou van die spreukwoord wat sê “Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor.”
Mat 12:34 Addergeslag, hoe kan julle goeie dinge praat terwyl julle sleg is? Want uit die oorvloed van die hart praat die mond.
Mat 12:35 Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn.
Mat 12:36 Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag.
Mat 12:37 Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word.
Wanneer die gebod streng toegepas word in die hart dan sal die mond ook nie oortree om Sy Naam ydellik te gebruik nie. Ons word ook daardeur gewaarsku dat ons Yahweh se Naam op geen ander manier mag gebruik as op die regte manier nie.
Dit is nie net ‘n kwessie van om Vader se Naam ydellik te gebruik in gesprek nie, daar is ‘n paar maniere waarop ons Yahweh se Naam kan verydel en gereeld verydel.
Kom ons kyk na slegs ‘n paar van die maniere hoe mens Sy naam kan verydel.
Die eerste manier is wanneer ons Vader Yahweh se Naam belei voor die mense maar ons lewe nie ooreenkomstig ons getuienis nie. Dan is ons ‘n geveinsde. Thomas Watson het ‘n baie waar woord gespreek toe hy gesê het “Pretended holiness is merely double wickedness.” – “ ‘n Skyn van heiligheid is slegs dubbele onheiligheid.” Wanneer ons nie lewe volgens die geloof nie dan verydel ons die naam van Vader. Ons is ‘n spieël waarvan die spieëlbeeld bedrog en valsheid is en die lig van heilgheid is nie te vinde in ons nie.
Tweedens, wanneer ons Yahweh se Naam ligtelik in gesprek gebruik soos om ‘n grappie te vertel met J*sus of G*d daarin. Yahweh moet deur ons geeër word en kan nie mee ligtelik en grappender wys mee omgegaan word in alledaagse gesprekke nie.
Derdens, wanneer ons Vader dien slegs met ons lippe en nie met ons hele hart nie. Ons lees die Woord en belei ons sondes om slegs daarvan op te staan en weer te gaan sondig. Ons het nie ons hart bekeer tot Yahweh nie. Ons sit net in die gemeente vir die skyn, om maar slegs deur die mense gesien te word. Maar ons hart is steeds van klip en daar is geen berou van ons sondes nie. Daardeur bespot ons die reddende genade van die Almagtige en verydel ons Sy Naam.
Vierdens, wanneer ons bid en nie glo dat Vader ons gebede sal verhoor nie. Ons twyfel nog voordat ons gevra het. Vader sê tog vir ons uitdruklik dat Hy vir ons sal voorsien wanneer ons enige iets vra in die Naam van ons Verlosser, Yahshua. Maar wat doen die mens, hy glo nie, daarom ontvang hy nie. Ons is soos iemand wat in ‘n spieël kyk na homself en omdraai en onmiddelik sy eie gesig vergeet. Daar is nie ‘n besef dat die mens bid tot die Almagtige wat sit op die Troon van ewige geregtigheid nie. Indien ons twyfel wanneer ons bid dan verydel ons Sy Naam.
Vyfdens, wanneer ons Sy Woord oneerbiedig gebruik of misbruik dan verydel ons Sy Naam. Vader Yahweh se Naam is ineen verweef in Sy Woord en wanneer ons verse aanhaal uit konteks of verse kwoteer wat nie presies korrek is nie dan verydel ons wat Hy gesê het in Sy Woord (die Bybel).
Dink maar vir uself hoeveel keer het ons verse aangehaal uit die Skrif wat nie heeltemal korrek is nie, dan besef ons weereens hoe ons die derde gebod oortree.
Sesdens, wanneer ons ‘n belofte gemaak het en die belofte verbreek dan verydel ons ook Sy Naam. Ons ja moet ons ja wees en ons nee ons nee. Ons mag nie vals sweer nie, inteendeel mag ons glad nie sweer nie, nie by die hemele nie want dit is die troon van Elohim ook nie by die aarde nie want dit is die voetbank van Sy voete, nie op ons eie lewe nie want selfs dit behoort aan die Almagtige. Die Fariseers het probeer sweer by enige iets anders behalwe by Yahweh sodat hulle steeds ‘n agterdeur het om los te kom uit die eed. So wanneer ons ‘n belofte maak aan mekaar of aan Yahweh laat ons ons beloftes betaal ander verydel ons Sy Heilige Naam.
Sewende, wanneer ons Vader se Naam koppel aan enige onheilige aksie dan verydel ons Sy Naam. Om byvoorbeeld ‘n ongelowige te doop of op die verkeerde manier te doop. Die sondaar het geen reg om gedoop te word nie, die doop is ‘n bevestiging van die bekering. Ons mag slegs iemand doop in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees, enige iets anders dan verydel ons Sy Naam.
Agste, wanneer ons rebelleer teen die weg waarop Hy ons lei. Hoeveel keer kla en murmureer ons nie teenoor Yahweh dat die pad waarop Hy ons lei swaar en moeilik is nie. Die omstandighede en probleme wat oor ons pad gekom het is te swaar vir ons om te dra. Ons vergeet so maklik die beloftes van Vader, dat Hy nie sal toelaat dat ons bo ons kragte versoek sal word nie. Ons sien nie kans vir die suiwering wat op ons pad gestuur is nie. Daardeur verydel ons die Naam van Vader omdat ons geloof in Hom te min is.
Negende, wanneer ons Yahweh wil afpers. Ons wil met Vader in ‘n ‘ruilhandel’ betrokke raak. Wanneer Vader ons verlos van hierdie en daardie probleem of die een en ander vir my ons gee dan belowe ons dat ek dit en dat vir Hom sal doen. Elohim is Almagtig en Hy weet wat jy nodig het, miskien ‘n ietsie ekstra om jou te help om die las te dra of ‘n bietjie swaarkry om die hoogmoed in jou te breek. Vertrou op Hom, Hy weet wat goed en heilig is vir jou.
Laastens, om Vader se tydlyne te probeer verskuif. In die dae waarin ons is sien ons uit na die koms van ons Verlosser Yahshua op die wolke. Mense haal aan uit die Skrif van hierdie en daardie moet nou gebeur. Hul probeer die profesieë ryp druk. Vader het Sy tyd vir alles bepaal en indien Hy Sy genade tyd nog so bietjie uitstel om steeds vir die verlore siele kans te gee om hul te bekeer tot Hom, moet ons nie saam met die engele juig oor elke verlore siel wat gewen word vir die Koninkryk nie. Nee, ons is moeg vir alles, ons wil hê Hy moet nou kom. Ons gaan nie akkoord met Sy groot genade wat Hy verleen nie, dan verydel ons ook Sy Naam want ons wil nie toelaat dat Sy wil geskied nie maar ons wil hê dat ons wil geskied.
Hierdie is maar slegs ‘n paar voorbeelde van hoe ons almal die gebod oortree sonder dat ons dit elke dag besef. Ons gaan te ligtelik om met die gebooie en besef nie elke dag die totale omvang en die betekenis daarvan nie en maak onsself onbewustelik skuldige aan die oorteding van die Wet.
Almagtige Vader laat vandag U lig in ons skyn, laat U Gees van Heerlikheid ons deursoek, al moet ons lei. Ons is skuldig voor U en staan aangeklaag deur U wet. Dankie vir U wonderlike genade en vergifnis. Spreek ons vandag vry van dit wat verborge is, die sonde wat verkleef is in ons siel. Openbaar ons oortredinge aan die Lig dat ons dit mag belei en laat staan. Oordek ons deur die heelikheid van U genade en vergiffenis.
Amein
My Gebed:
PS 86:11 : Leer My, JaHWeH, U Weg: Ek sal in U Waarheid wandel; verenig My Hart tot die Vrees van U Naam.
Sy Belofte:
Sef 3:13 Die oorblyfsel van Israel sal geen onreg doen en geen leuentaal spreek nie, en in hulle mond sal geen bedrieglike tong gevind word nie; maar hulle sal wei en neerlê, en niemand sal hulle verskrik nie.
Wednesday, February 17, 2010
Koeldrank Bottel se Geloof

Hierdie gebeurtenis het baie jare gelede gebeur, maar tog is die wonder daarvan so vars soos gister in my gedagtes.
Daardie jare, laat 70’s was ek nog ’n student met ’n staatsbeurs. Die beurs het die studie gelde betaal en ’n klein salarissie. Die salaris was in elk geval so min dat as ek dit vandag vir die kinders as sakgeld moet betaal sal ek omtrent ’n huis revolusie op hande hê.
Maar steeds kon ek doen wat gedoen moes word, woonstel huur betaal (die regte ou tipe bachelors woonstelle in Arcadia, Pretoria), water en elektrisiteit, bietjie petrol geld, verloofring afbetaal, meubel paaiement (sitkamer en slaapkamer stel) en so bietjie kruideniers ware.
Daar was nie geld gewees vir die tipiese kitskosse van vandag nie. As jy iets wil eet moet jy dit maak soos spaghetti en nie 2 minuut noodles nie. Die stapelvoedsel was in elk geval die meeste van die kere brood gewees.
Maar heel bo aan die begroting was my tiende gewees. Die het ek nooit versuim om te betaal nie en dis nou een ding wat ek van klein af geleer het. Maak nie saak hoe swaar dit die maand gaan nie, geen verskoning is aanvaarbaar om nie die tiende te betaal nie.
Nou moet ek omtrent ’n storie binne ’n ander storie vertel, maar ek glo julle sal verstaan.
Ek was nog ’n jong mannetjie, seker so graad 2, standerd 1 rond gewees. My pa het besluit dat hy van nou af elke maand sy tiende gaan betaal, kom wat wil, want dit was een van Vader se beloftes. Betaal jou tiende en beproef my daarin. Hy het dit nie vir ons as kinders pertinent meegedeel nie maar ek kon dit aflei tussen sy gesprekke met my ma.
Mense, was ons as gesin daarin beproef. Die duiwel was listig en wou nie toelaat dat die voorneme van my pa moes plaasvind nie. Die eerste maand met die voorneme om die tiende te betaal het die kar se enjin aan die brand geraak.
Mens vergeet soms baie dinge wat gebeur het toe jy klein was, maar daar is sommige dinge wat jy so goed onthou, selfs die kleinste detail van die insident.
So was dit met die brand van die kar se enjin. Ons het by mense gaan kuier of ons was op pad na hulle, skielik was dit net vlamme en rook. Daar was nie water of ’n brandblusser naby nie en die enigste was grond wat op die sypaadjie was (gelukkig was die sypaadjies daardie jare nog nie geplavei nie). Die is met hande en emmer aangedra en op die brandende enjin gegooi.
Nadat die adrenalien vlakke so bietjie gesak het, kon ek die moedeloosheid van my pa sien en aanvoel.
Die versoeking was groot om die tiende geld te gebruik om die kar reg te maak. So het dit vir ’n wyle aangehou met goed wat net breek of een of ander skade wat ons oorkom. Maar die besluit was gemaak en my ouers het vas daarin bly staan in hul besluit.
Hierdie insident het so groot indruk op my kinder gemoed gehad dat ek dit vir die res van my lewe sou onthou. Dit was seker een van die eerste en grootste geloof lesse wat ek by my pa geleer het en daarom was dit een van die voornemens wat ek vir myself gestel het. Die dag wanneer ek ’n salaris verdien sal ek my tiende getrou betaal want Vader het hierin ’n onderneming gegee dat ons Hom in die belofte kan beproef.
In elk geval, terug by die studente jare. Een maand was ’n besonderse moeilike maand gewees en die kos was op voordat die volgende salaris uitbetaal word. Ek kon seker my ouers gebel het en gevra het vir geld maar moontlik was ek te trots gewees om te vra en vasbeslote om te bewys dat ek op my eie kan regkom sonder hulp.
Die aand nadat ek klaar studeer het, was ek redelik honger gewees, maar daar was werklik nie veel ( mooi woord vir niks!) in die koskas of yskas om te eet nie.
Na ’n wyle se wik en weeg het ek besluit, maar Vader het aan my die belofte van die tiende gegee dat ek hom kan beproef in wat Hy gesê het.
Met ’n vasberadenheid wat myself verbaas het, het ek begin stap na die kafee, want ek het geweet iewers langs die pad sal Vader voorsien dat ek geld sal kry om ’n brood te koop. Die kafee was nie te vêr van die woonstel af nie, so een straatblok (moet byvoeg dat die stads straatblokke darem heelwat groter is as die dorp sin).
Op ’n stadium het ek so bietjie getwyfel, veral toe die kafee sommer baie naby was en nog niks gebeur het nie, maar ek het net bly vasklou aan Sy belofte en bly glo.
Die kafee was deel van ’n winkel sentrum gewees en was geleë by die hoof ingang van die kompleks (dis darem nou nie die komplekse soos ons hulle vandag ken nie).
Sekere so vyf tree van die kafee se ingang was daar 3 of 4 leë een liter koeldrank bottels gewees.
Ek kon my oë nie glo nie en daar was niemand in sig wat eienaarskap van die leë bottels eis nie. Gewoonlik staan leë koeldrank bottels nie sommer rond nie, want hulle word gou opgetel en ingeruil vir geld.
Ek onthou nog dat die paar bottels nogal mooi regop langs mekaar gestaan het, nie asof iemand hulle daar neergegooi het nie.
Ek het die bottels opgetel en die kafee ingestap en my brood gekoop. Almal wat my ken weet dat ek ’n redelike soet tand het en maar ’n swak weerstand het vir lekkergoed. Met die geld wat ek vir die bottels gekry het, het ek behalwe die brood nog ’n paar toffies kon koop. Die lekkergoed was omtrent ’n bonus gewees en was soos die cherry op die koek.
Nodeloos om te sê, maar die terugtog woonstel toe was om soos op wolke te loop. Ek was in ekstase ook Yahweh se groot genade en geeneen sou op daardie stadium die loflied in my hart kon stilmaak nie.
Ek het Vader beproef in Sy belofte en Hy het my nie teleurgestel nie.
Vandag staan my tiende bo aan my begrotings lysie, eers vir Vader en die res sal vanself uitwerk.
Na al die jare werk dit steeds uit, ons het nie gebrek nie maar is ook nie ryk nie. Miskien moet ek die “nie ryk nie” verander. Ons is ryk,...... baie ryk........, in die seëninge en genade van Vader, want Hy voorsien vir ons, meer as wat ons nodig het.
Vader, vandag wanneer ek wil kla en murmureer oor dit wat ek nie het nie, laat ek my seëninge tel en besef dat U in oorvloed voorsien. Dankie, dat U my nie ryk gemaak het sodat ek dalk hoogmoedig sou word en U verwerp nie en dankie dat U my nie brandarm gemaak het dat ek sou moes steel en so die naam van my Skepper sou versmaad nie.
Amen
Monday, March 24, 2008
Die Bergpaadjie.

Ons het in die lewe slegs twee paadjies waarvan ons kan kies. Ons ken dit tradisioneel as die smal en die breë weg maar hoe goed ken ons die paaie, het ons nie al so afgestomp geraak dat ons nie meer kan onderskei nie en dink die enigste verskil is dat daar op die een net meer mense is as op die ander.
Hoe sou die breë weg deesdae lyk – nog soos in die prentjie in ouma se huis, daar teen die gang muur waar die twee weë uitgebeeld word. Waar daar gewys word waar die een ou die ander een doodslaan, die een man die ander een se goed steel, ons onthou almal die bekende tonele soos gister.
Nee verseker lyk dit nie meer dieselfde nie, want die mens het in vandag se tye baie meer verfynd en gesofistikeerd geraak selfs met hulle sondes.
Die breë pad is mooi en pragtig geplavei, lekker breed gemaak dat die mens saam met sy vriende gemaklik daarop kan wandel sonder om die ander verkeer te belemmer.
Daar is nie meer ‘n bekommernis oor jou medereisigers nie want hulle is almal beskaafd en die meeste van hulle is saam met jou in die kerk en staan langs jou wanneer julle koek verkoop om fondse in te samel vir die kerk skuld wat betaal moet word.
Daar is ‘n loue liefde teenwoordig in die mense, die liefde is volop op voorwaarde dat jy nie by my moet kom aanklop om hulp nie want dan sal jy vind dat die liefde slegs vir die eie ek is.
Maar hoe word sondes deesdae verbloem op die mooi geplaveide snelweg na die hel.
Hoekom dien jy nog afgode?
Maar ek aanbid geen afgode nie, ek gaan nie na ‘n tempel toe waar ek een of ander hout of klip beeld aanbid nie.
O, nou wat van die god Mammon wat jy dien met soveel toegewydheid dat jy jou vrou en kinders daarvoor verlaat of afgeskeep het? Nee maar jy verstaan nie, ons het mekaar net ontgroei en daar was nog nooit iets verkeerd met ambisie nie. My kinders is gelukkig want hulle het alles wat hul harte maar kan begeer.
Ja, vriend, behalwe ‘n vader!
Nou wat van jou god Bacchus wat deesdae so mooi verpak word in pragtige bottels, wie jy so liefkoos dat jy later nie meer kan regop staan nie? Jy verstaan weereens nie, ek moet my vriende onthaal om hulle besigheid te behou en ek moet ten minste vir my juniors en vriende wys ek kan alles beter doen en ek is ‘n man, ek kan dit handle.
Dis ‘n snaakse manier om jou manlikheid te bewys!
Hoekom dien jy die geluksgodin deur elke tweede aand by die dobbelhuis haar te gaan aanbid? Ek maak nie staat op die geluksgodin nie, ek gaan doen dit vir my ontspanning en vermaak!
Het jy al gedink aan die geluk wat jy sal ervaar as jy dieselfde tyd aan jou lewensmaat en kinders spandeer?
Hoekom gebruik jy God se naam ydellik?
Nee, ek gebruik nooit Sy naam ydellik in enige gesprek nie.
O, jy dink dit gaan net om Sy naam ydellik te gebruik soos in gesprekke, wat noem jy dit om ‘n valse eed af te lê of om ‘n belofte te maak en dit weer te verbreek? Hoekom hou jy praatjies saam met die goddelose terwyl hulle Vader se naam ydellik gebruik en jy sê niks nie? Jy maak of jy ‘n gelowige is terwille van aanvaarding, om ‘n beter pos te kry of bevorder te word, dit is dieselfde as om Sy naam ydellik te gebruik. Jy het Sy naam tot oneer gebruik en misbruik.
Hoekom gedenk jy nie die Sabbatdag nie?
Maar ek gaan kerk toe op ‘n Sondag.
Wat van al die sport wat jy lekker gaan sit en kyk na die erediens klaar is? Ek kan nie help as ons spanne op Sondae moet sport speel ter wille van internasionale aanvaarding nie.
Wat van die besigheid wat jy op die Sabbat bedryf? Ons moet almal oorleef.
Ten koste waarvan? Jou siel?
Wat van al die ander sabbatte soos bepaal in Levitikus? Maar dit is alles Ou Testament goed en is nie meer van toepassing nie.
So die tien gebooie geld ook nie meer vir jou nie? As jy vergeet het, hulle is ook in die Ou Testament.
Hoekom eer jy nie jou vader en jou moeder nie?
Maar ek is nie lelik met hulle nie en ek is lief vir hulle. En die keer toe Moeder jou nie wou help met ‘n ekstra geldjie nie omdat sy nie gehad het nie en jy haar suutjies ‘n mislike ou koeie genoem het agter haar rug?
Wat van die keer toe jy so met hulle baklei het oor hul siening en waardes ten opsigte van die Sabbat en Geloftedag? Toe jy hulle verkramp en uit die oude doos genoem het?
Hoekom het jy jou naaste doodgemaak?
Ek het in my hele lewe nog nie iemand doodgemaak nie! Wat van die man vir wie julle soveel skuld toegestaan het terwyl julle geweet het hy sou dit nooit kon terug betaal nie en wat later maar eerder selfmoord gepleeg het, want dit was die enigste uitweg wat hy gesien het? Wat het jy gedoen toe jy hoor van die nood van jou volksgenote en hul kinders, het jy gehelp om hulle te voed en te klee? Indien nie is jy net so skuldig aan hulle dood.
Wat van die woekerwins wat jy maak deur die belegginkie in die cash loans besigheid op die dorp? Hoeveel mense het jy nie daardeur vernietig nie?
Hoekom vermeng jy?
Maar ek meng nie met ander rasse nie. Dit gaan nie net oor die vermenging met ander rasse nie. Nou wat dink jy gebeur as jy al daardie sataniese films kyk of toelaat dat jou kinders dit kyk, wat van die vieslike boeke wat jy so skelmpies deurblaai of die Harry Potter boeke wat jy vir jou kinders koop? Jou suiwer gees wat afkomstig is van die Almagtige vermeng jy met dit wat van satan af kom.
Hoekom steel jy?
Ek het genoeg geld en het nie nodig om te steel nie. Wat van nou die dag toe die meisie by die kafee vir jou te veel kleingeld gegee het en jy dit vinnig in jou sak gedruk het toe jy sien dis te veel? Ek kan nie help as hulle sulke dom mense daar aanstel nie en ek kry hulle net terug vir die kere wat hulle my verkul het. Wat van die geld wat jy vir jou naaste geleen het teen astronomiese rente, jy weet dit wat ons woeker noem? Dis net steel met ‘n mooi naam.
Onthou jy die assuransie eis van verlede jaar toe jy baie meer ge-eis het as wat gesteel is? Wat noem jy dit?
Hoekom spreek jy valse getuienis teen jou naaste?
Ek het nog in geen hof ‘n leuen vertel oor my naaste nie? Wat van nou die ander dag toe jy met smaak vir jou vriende vertel het van die meisie wat ‘n slet is net omdat sy niks van jou wou weet nie. Of van daardie skinderstories (liegstories) oor ander mense, is jy nie besig om valse getuienis van hulle te lewer nie?
Wat van die keer toe jy vir jou boetie die skuld gegee het vir die bord wat gebreek het.
Hoekom begeer jy wat jou naaste s’n is?
Man ek het alles wat mens maar kan begeer in hierdie lewe, ek het niks nodig nie, inteendeel begeer die ander mense dit wat ek het. Die getroude vrou met wie jy so ‘n skelm verhouding het, is dit nie om jou naaste se vrou te begeer nie? Ja, maar hulle is in elk geval besig om uitmekaar te gaan. Maar tot op hede is sy nog steeds jou naaste se vrou?
Sou jy bietjie moeg raak gedurende jou staptog is daar vir heelwat afleiding langs die pad voorsiening gemaak. Maar die betaling wat verlang word is nie met geld nie maar jy betaal elke keer met ‘n stukkie van jou siel. Vir elke stukkie wat wegraak van jou siel met al die koop transaksies word die verlore stukkie vervang met ‘n donkerte afkomstig van die bose. Later is jy heeltemal leeg van die Goddelike Lig wat jy ontvang het en het net die bose in volheid wat in jou oorbly.
Die bergpaadjie het sy oorsprong uit die breë weg want ons almal is gebore in die breë weg tot op ‘n stadium wat Vader ons gelei het om af te klim van die pad en ‘n heeltemal ander koers in te slaan, die berg op.
Na jare se wandel op die geplaveide breë weg was die terrein van die bergpad maar baie rof gewees, los klippe wat oral rondlê en maak dat mens baie maklik val. Na so paar val slae dan lyk die plavei oppervlak van die breë weg darem baie aanloklik, veral as jy so afkyk na jou stukkende knieë en handpalms.
Die eerste gedeelte van die reis teen die bergpad op is baie steil met hindernisse wat elke paar tree dreig om mens te laat val en moed op te gee. Daar is heelwat wat die bergpaadjie begin en na ‘n paar keer se val is hulle moedeloos en moeg gesukkel en gly maar weer terug tot in die breë weg want dit is baie makliker.
Vir die res wat volhard is die pad geensins makliker nie want afgesien van die voortdurende los klippe is die pad baie glad en begroei met gras en doringtakke wat skraap en steek. Maar die verskil is dat wanneer hulle geval het of moedeloos raak kyk hulle op teen die berg en hulle sien die mooiste landskap wat vir hulle wink en sê kom verken my.
Die dorings wat so steek en skraap en die klippe wat ons pootjie roep elke keer luid uit wanneer hulle ons seermaak.
Die woorde wat hulle gereeld uiter gedurende die staptog is:
“Julle gelowiges is darem vreeslik boring”
“Jou vriende mis jou geweldig baie en hulle wil graag weer lekker tye saam met jou deurbring”
“Sien jy wat het jy nou daarvan, geen vriende meer”
“Dink jy nie die fliek gaan baie lekkerder wees as om te sit en jou Bybel te lees nie?”
“Is dit nie lekkerder om te slaap as om te bid nie?”
“Laat waai met daai vloekwoorde as jy kwaad is, dit sal jou spanne beter laat voel.”
“Sien jy die moeilikheid wat nou oor jou gekom het, dis God se skuld.”
“Jy sal nooit die pad kan volhou nie, kom eerder ondertoe en ontspan ‘n bietjie.”
“Jy sal nooit die drank duiwel kan wen nie.”
“God gee nie om as jy nie te heilig is nie, hy weet jy is net ‘n mens so moenie te veel worry nie.”
“Nee man daar is net ‘n God van liefde en Hy sal nooit enige iemand in die hel werp nie, Hy is nie ‘n God van wraak nie.”
Jy het die keuse om te luister na die gemors wat langs die pad vir jou vertel word of jy kan jou ore sluit vir dit en net konsentreer op die roepstem van Hom wat jou op die pad gelei het.
Die slegte nuus is dat die eerste stukkie van die paadjie baie rof is, maar vertrou op Hom, Hy sal vir jou die regte skoene voorsien vir die rowwe terrein.
Wanneer die rowwe gedeelte agter die rug is dan begin die heerlike reis van ontdekking en dit is asof jou wese nie genoeg kan inneem van die heerlikheid nie.
Dis soos wanneer mens ‘n bergpas bestyg daar anderkant George se omgewing – hier onderlangs is die omgewing en die plantegroei nie baie indrukwekkend nie, soms sommer plain kaal en klipperig. Maar soos wat jy al hoër opgaan in die pas begin die plantegroei weliger te raak, jy ruik daardie unieke reuk van plante en denne. Dis wonderlik hoe die reuk mens so kan verkwik en vernuwe laat voel.
Wanneer die rowwe terrein agter die rug is dan is die res van die pad besaai met die “WOW” faktor soos wat ons op die verkennings tog beweeg na Sy heerlikheid en genade.
Die klippe raak baie minder maar as jy nie kyk waar jy loop nie sal jy steeds oor die klippe en ander obstruksies kan struikel. Gelukkig hoe meer jy bid en God se Genade oor jou lewe afbid hoe minder raak die obstruksies.
Die eerste blom wat ons op die pad raakloop is die ELB – dit staan vir die “Ewige liefdes blom”. Die blommetjie is baie laag op die grond en die enigste manier om die lieflike aroma daarvan te ruik is om op jou knieë te gaan. In jou sal die behoefte onmiddellik ontstaan om elke oggend en aand op jou knieë te gaan en aan die blommetjie te ruik want die reuk het die vermoë om jou wese te open sodat jy met Vader Yahweh kan praat.
Die volgende blommetjie op die pad is die DOH blom – dit is “Die Ontvanklike Hart” blommetjies wat maak dat jou hart besny is en ontvanklik is om Vader se Woord te kan hoor en daarvolgens te leef. Dit stel ook die hart in staat om uit te spruit en vrug van genade en liefde voort te bring.
Die ander lieflike blom is die LSM blom wat welig langs die pad groei en jou kort-kort roep om aan hulle te kom ruik – dit staan vir die “Liefde Sonder Maat” blommetjies. Hulle maak pragtige ruikers wat mens graag uitdeel aan hulle wat mens op die pad teëkom, maar omdat die blomme so goed hou as hulle mooi versorg word kan mens van hulle ook stuur aan die mense op die breë weg. Die mense kan die ruiker weggooi of hulle kan so gelok word deur die heerlike geur daarvan dat hulle ook van die breë pad afklim en die weg soek na die bergpaadjie.
As mens van die ruikers stuur aan hulle op die ander pad is dit uiters noodsaaklik om die komplementêre kaartjie aan te heg wat as volg lees – “Ek deel met jou want God het met my gedeel. Die blomme kom uit die tuin van die Meester en hy soek elke dag vir jou. Vanaf die kranse roep Hy jou by jou naam. Hy wil hê dat jy in die blomtuin van Sy genade kom wandel. Ons wag vir jou. Liefde jou vriend.
Wandel jy reeds hoog op in die berg, indien wel geniet die blomtuin van Vader en laat die ruikers in oorvloed kom na hulle op die breë weg.
OF
Stoei jy nog met die klipperige deel van die bergpaadjie, vra Vader om jou die regte stapskoene te gee en Sy staf van genade om jou te help.
OF
Het jy ‘n ruiker ontvang en weet nog nie wat om daarmee te doen nie? Gaan jy antwoord op die uitnodiging aan jou?
Wat het jy om te verloor? Huidiglik jou siel.
Wat het jy om te wen? Die ewige lewe saam met Yahweh en die voorreg om te wandel in die lowerryke heerlikheid van Sy genade.
Die keuse is joune. Wat sal dit wees?

Sunday, November 13, 2011
DIE BOEK EKKLESIASTIKUS (8)

Hoofstuk 41 Oor die moeite van die Lewe.
1 GROOT moeite is toebedeel en ‘n swaar juk op die seun van die Adam, vanaf die dag dat hy uit die skoot van sy moeder voortgekom het, tot die dag wanneer hy terugkeer tot die Moeder van al die lewende:
2 Sy gedagtes en angstige hart, hoopvolle verwagting tot die dag van [sy] dood.
3 Van diegene af wat op ‘n verhewe troon sit, tot die een wat geklee is in stof en as;
4 van hom af wat ‘n tulband en voorhoofversiersel dra, tot die een wat ‘n kleed van vel aanhet:
5 [Dit is alles] slegs naywer, angs en skrik, verskrikking van die dood, rusie en getwis! En die tyd wanneer hy op sy bed rus, verander die slaap van die nag sy kennis.
6 ‘n Rukkie, baie gou, ‘n oomblik is hy stil, en dan word hy soos die see tussen die angste uitgewerp. Mislei deur sy eie gesig is hy soos ‘n vlugteling wat vlug vanweë die agtervolger -
7 nou, opgewek, ontwaak hy van sy slaap, en sy vrees is weg.
8 [Daar is] by alle vlees, sowel adamiet as wilde wese, ja, oor die besoedelde sewevoudig van hierdie dinge:
9 pes en bloed, koors en droogte, verwoesting en verbreking, verdruk-king en dood.
10 Vir die besoedeldes is hierdie dinge geskape, en ter wille van hulle het die vloed gekom.
11 Alle dinge van die Aarde sal na die Aarde terugkeer, en wat van bo is na boontoe.
12 Alles, omkopery en onreg, word vernietig, maar ware onderhandeling bly tot in ewigheid.
13 Die rykdom van die onregverdige sal opdroog soos ‘n rivier, en sal verdwyn met ‘n geraas, soos groot onweer in ‘n donderstorm:
14 met sy aanstorming word rotse weggerol - so kom die buit plotseling tot ‘n einde.
15 Die nageslag van die besoedelde sal nie veel takke voortbring nie, maar is besoedelde wortels op die harde rots.
16 Die onkruid aan die oewer van ‘n stroom sal uitgetrek word voor die gras.
17 Maar Suiwerheid sal tot in ewigheid nie beweeg word nie, en Geregtigheid sal vir altyd vas staan.
Oor die vreugde van die lewe.
18 ‘N LEWE van wyn en sterk drank is soet, maar hy wat ‘n skat vind, is beter as albei.
19 ‘n Seun en ‘n stad hou ’n man se naam in herinnering, maar beter as albei is ‘n onberispelike vrou.
20 Wyn en sterk drank verbly die hart, maar die liefde vir Wysheid is beter as albei.
21 Fluit en harp maak die lied soet, maar beter as albei is ‘n suiwere tong.
22 Skoonheid en prag bekoor die oog, maar beter as albei is aalmoese wat red.
23 ‘n Vriend en ‘n metgesel sal hulle by geleentheid gedra, maar beter as albei is ‘n verstandige vrou.
24 ‘n Broer en ‘n helper in ‘n tyd van nood - maar beter as albei is aalmoese wat red.
25 Goud en silwer laat die voet vas staan, maar beter as albei is suiwer raad.
26 Vermoë en krag laat die hart juig, maar beter as albei is die Vrees van JaHWeH. In die Vrees van JaHWeH is daar geen gebrek nie, en daarmee is daar geen behoefte om steun te soek nie.
27 Die Vrees van JaHWeH is soos ‘n Tuin met vrugte en bedek Hom bo alle glorie.
Oor Dood.
28 MY seun, ‘n bedelaarslewe moet jy nie leef nie, dit is beter om te sterwe as om te bedel.
29 ‘n Man wat na die tafel van ‘n verbasterde kyk, sy lewe kan nie gereken word as ‘n lewe nie. ‘n Besoedeling van die siel is sy lekkernye; ‘n wyse, welopgevoede man sal daarop bedag wees.
30 Vir ‘n man met ‘n sterk begeerte is dit soet om te bedel, maar in sy binneste brand dit soos vuur.
Hoofstuk 42
1 A! DOOD, hoe bitter is die herinnering aan jou vir iemand wat vreedsaam [woon] met sy besittings; vir iemand wat geen bekommernisse het nie, en wat in alles voorspoedig is, en wat nog sy voedsel kan geniet.
2 Welkom! Dood, hoe welkom is jou oordeel vir ‘n man van nood en vir een wat geen krag het nie, wat struikel en in alles verstrik raak, wat gebreek is en hoop verloor het.
3 Moenie Dood se vonnis vrees nie, [dit is] jou bestemming, onthou dat die wat voor jou was en die wat na jou kom.
4 Sy is die vonnis van alle vlees vanweë JaHWeH, en hoe kan jy die Wet van die Hoogste El verwerp? [Of jy] vir ‘n duisend jaar, ‘n honderd jaar of tien jaar [lewe], verwyte sal daar in die Doderyk/Sheol nie wees nie.
5 Die saad van oortreders is verwerplik, en ‘n dwase nakomeling is in die woning van die besoedelde.
6 Van die seun van ‘n onregverdige sal die erfdeel weggeneem word en armoede sal voortdurend met sy saadlyn wees.
7 Die kind sal sy besoedelde vader vervloek, want as gevolg van hom word hy [die kind] verwyt.
8 Wee julle, wettelose manne, wat die Wet van die Hoogste El verlaat het.
9 As julle vermeerder, sal dit tot smart wees en as julle kinders voortbring, sal dit wees tot gesug; en as julle sterwe, sal dit wees tot ‘n vervloeking.
10 Alles wat uit die Aarde is, keer tot die Aarde terug; so gaan die besoedelde van vervloeking tot vernietiging.
11 Treur maar oor ‘n adamiet se liggaam, maar die naam van die oortreder sal uitgeroei word.
12 Gee ag op jou naam, want dit vergesel jou meer as duisende skatte van goud.
13 Die suiwer lewe duur ‘n geringe getal dae, maar ‘n suiwer naam duur vir ewig.
14 Luister, o kinders, na die onderrig aangaande skaamte; Verborge wysheid en ‘n begrawe skat, watter nut het hulle albei?
15 Beter is iemand wat sy dwaasheid verberg as iemand wat sy wysheid verberg.
16 Wees dus skaam volgens hierdie woorde. Want nie elke skaamte is gepas om te bewaar nie, en nie elke vorm van skaamte is verkieslik nie.
17 Skaam jou oor ‘n vader en moeder wat vermeng, oor ‘n valse vors en regeerder;
18 oor ‘n leuenagtige regter en regeerder, oor onregverdigheid voor vergadering en volk; oor ‘n onregverdige handeling teenoor metgesel en vriend,
19 en oor diefstal in die plek waar jy vertoef. [Skaam jou] om die Waarheid van Elohim of Sy Verbond te vergeet, en om te leun met elmboë op die tafel; om ‘n geskenk wat gegee is, nie te bedank nie,
20 om stil te wees teenoor hom wat groet; om ‘n hoer aan te staar,
21 om die gesig van jou vriend weg te draai; om ‘n geskenk of porsie van iemand weg te neem, om by ‘n getroude vrou aan te lê en om jouself besig te hou met haar slavin; en om haar bed te nader,
22 om ‘n vriend onvleiende woorde [toe te spreek], en om ‘n geskenk op te volg met ‘n belediging.
23. Dan sal jy weet wat ware skaamte is, en jy sal Guns vind in die oë van die adamiete.
Hoofstuk 43
1 MAAR oor hierdie dinge moet jy nie skaam wees nie en moet nie oortree deur bang te wees wat ander daarvan sal dink nie.
2 oor die Wet van die Hoogste El en die Verbond, en oor regverdigheid om regverdig te handel teenoor die wetsverbreker,
3 om jou rekening te vereffen teenoor ‘n metgesel en mede-reisiger, en oor die verdeling van ‘n erfenis en ‘n besitting;
4 en oor die akkuraatheid van ‘n weegskaal en gewigte, oor groot of klein winste,
5 oor wins uit transaksies, oor die veelvuldige tugtiging van kinders, en oor die slae op die heupe van ‘n slegte dienskneg dat hy bloei.
6 Om ‘n slegte vrou stil te maak, en vir ‘n plek waar baie hande is, ‘n sleutel te hê.
7 Lewer alles af in nommer en gewig, en laat uitgifte en ontvangste almal op skrif wees.
8 [Moenie skaam wees] om ‘n onnosele en ‘n dwaas en die afgeleefde grysaard wat flikvlooi met jonges tereg te wys nie: so sal jy in die Waarheid ingelig wees, en sal die goedkeuring ontvang van die adamiet.
Oor ‘n dogter.
9 ‘N DOGTER is vir ‘n vader ‘n onsekere skat, ‘n angs wat die loomheid verdryf: in haar jeug, dat sy nie hoerery bedryf nie, en in haar maagdelikheid, dat sy nie gehaat word nie;
10 in haar maagdelikheid, dat sy nie verlei word nie, en in die huis van haar eggenoot, dat sy nie ontrou word nie; in die huis van haar vader, dat sy nie vermeng nie; en in die huis van haar man, dat sy nie onvrugbaar is nie.
11 My seun, rig ‘n wag op oor jou jonge dogter, dat sy vir jou nie ‘n naam maak wat stinkend is nie; ‘n spreekwoord van die stad en ‘n vloek deur die volk, en jou tot skande maak onder die vergadering in die poort nie. In die plek waar sy bly, moet jy geen tralievenster laat wees, of ‘n plek wat uitkyk oor die ingang rondom nie.
12 Aan enige man moet sy nie haar skoonheid wys nie, en in die huis van vroue moet sy nie gesels nie.
13 Want uit die kleed kom die mot voort en uit ‘n vrou die besoedeling van ‘n vrou.
14 Die lompheid van ‘n man is beter as die hoflikheid van ‘n vrou wat skande berei.
Die grootheid van Elohim en Sy wonderdade in die skepping.
15 EK wil tog in herinnering bring die werke van JaHWeH, en dit wat Ek gesien het, wil Ek vertel. Deur die Woord van JaHWeH is SY werke geformeer, en hy wat SY welbehae doen, het HY aangeneem.
16 Die son straal uit oor al wat geopenbaar is, en die Glansrykheid van JaHWeH oor al SY werke.
17 Die apartes van JaHWeH is nie in staat om die wonderbare werke van JaHWeH te vertel nie; [alhoewel] JaHWeH, die Almagtige, Sy leërskare versterk om vas te staan voor Sy Glansrykheid.
18 Die diepte en die hart ondersoek Hy, en Hy deurskou al hulle geheimenisse: want JaHWeH besit alle Kennis en Hy sien die tekens [wat kom] tot in ewigheid.
19 Hy verklaar vergange dinge, toekomstige dinge en openbaar die diepste verborgenhede.
20 Geen insig ontbreek Hom nie, en niks ontgaan Hom nie.
21 Die mag van Sy Wysheid is gevestig, Hy is dieselfde van ewigheid af: niks is toegevoeg en niks is weggeneem nie, en Hy het niemand nodig om [Hom] in te lig nie.
22 Al Sy werke is begeerlik en is soos vonke om te aanskou.
23 Die werke lewe en bly vir altyd, en alles is gehoorsaam.
24 Hulle almal is verskillend, die een van die ander, en Hy het nie een van hulle verniet gemaak nie.
25 Die een deel aan die ander Sy suiwer dinge mee, en wie kan versadig word om die skoonheid te aanskou?
Hoofstuk 44
1 DIE skoonheid van die Hemele is die helder uitspansel, die Hemele self straal Sy Glansrykheid uit.
2 Die son straal hitte uit terwyl hy te voorskyn kom - hoe ontsagwekkend is die werke van JaHWeH!
3 Wanneer hy die middaguur bereik, laat hy die wêreld kook. Voor sy skroeiende hitte, wie kan homself handhaaf?
4 Soos ‘n brandende oond wat die gietsel warm hou, so steek die straal van die son berge aan die brand: ‘n tong van Vuur beëindig die bewoonde [wêreld], en deur Sy Vuur word die oog verbrand.
5 Want groot is JaHWeH wat hom gemaak het, en SY Woord bestier hom.
6 En ook, die maan om te dien in die seisoene as verklaring van tye en as Teken vir die wêreld:
7 deur hulle [word] die Feeste en die vasgestelde tye [bepaal], en die welbehae van die Maker gedurende sy kringloop.
8 Die maand se naam word afgelei van die maan, hoe wonderbaar is sy gedurende haar verandering! ‘n Instrument van die skeppingsleërmagte en ‘n voorwerp van die Hemele wat die uitspansel in vlamme stel vanweë haar glans.
9 Die skoonheid van die Hemele is die glansrykheid van die Sterre en hul lig wat glans tot in die hoogtes van JaHWeH.
10 Volgens die Woord van JaHWeH neem hulle hul verordende plek in, en buig nie neer [in die slaap] gedurende hul nagwake nie.
11 Kyk na die reënboog en loof haar Maker, want sy is buitengewoon skoon in glansrykheid:
12 ‘n kring omring haar in Glansrykheid, en die Hand van Elohim het haar in trotsheid uitgesprei.
13 Sy mat merk [die baan van] die weerlig en bestier die sneeu van sy oordeel.
14 Daarom het Hy ‘n skathuis geskape en laat Hy die wolke vlieg soos ‘n voël.
15 Deur Sy groot Krag maak Hy die wolk sterk, en word die haelstene gebreek.
17 Die geluid van Sy donder laat Sy Aarde in barensnood verkeer,
16 en deur Sy Krag skud Hy die berge. Die vrees vir Hom jaag die suidewind op, die stormwind van die Noorde, die orkaan; en die storm; soos voëls strooi Hy Sy sneeu uit, en soos sprinkane wat sit, is die val daarvan.
18 Die blanke skoonheid [daarvan] verblind die oë, en vanweë sy reën verbaas die hart [hom].
19 En ook die ryp giet Hy uit soos sout, en Hy laat die blomme blom soos saffier.
20 Die koue wind/Gees van die Noorde laat Hy waai, en soos ‘n velsak laat Hy Sy Fontein bevries. Oor elke poel water laat Hy ‘n yskors vorm, en soos ‘n pantser beklee Hy die dam.
21 Die opbrengs van die berge laat Hy brand soos ‘n droogte, en die uitspruitende veld soos ‘n vlam.
22 ‘n Genesing vir alles is die gedrup van die Dou, van die wolke wat neerdaal om verkwikking te bring na die hitte.
23 Deur Sy oorleg het Hy die groot Afgrond laat wegsink, en in die see het Hy eilande geplant.
24 Hulle wat seil op die see, vertel van sy grense, en wanneer Ons ore dit hoor, is Ons verbaas.
25 In hom is wonderlike dinge, die wonders van Sy werk, alle soorte lewende wesens en die groot magte.
26 Vanweë HOM gaan die werk vooruit, en deur SY Woord bestaan alles.
27 Meer as hierdie dinge sal Ons nie toevoeg nie, en die einde van die saak is: HY is alles.
28 Ons sal [Hom] verder groot maak, want Ons kan nie deurgrond nie, want HY is groter as al SY werke.
29 Uitermate ontsagwekkend is JaHWeH, en wonderbaar is SY Krag.
30 Julle wat JaHWeH groot maak, hef op die stem soveel as julle kan, want daar is nog meer! Julle wat [Hom] verhef, vernuwe die krag en moenie moeg word nie, want julle kan HOM nooit deurgrond nie.
31 Wie het Hom gesien dat hy [dit] kan vertel? En wie kan Hom groot gemaak het ooreenkomstig wat Hy is?
32 Die getal van die verborge dinge is groter as hierdie, Ek het maar min van Sy werke gesien.
33 Alle dinge het JaHWeH gemaak en aan die regverdiges het Hy Wysheid gegee.
Hoofstuk 45 Die lof van die vaders van ouds.
1 LAAT Ek nou die lof van roemryke manne verkondig, van Ons vaders in hulle geslagte.
2 Groot Eer het die Hoogste El [aan hulle] toebedeel, en hulle was groot van die dae van ouds af:
3 heersers van die Aarde in hulle koninkryke, en manne van naam in hulle krag; raadgewers in hulle verstandigheid, en mense wat alles gesien het in hulle profesie;
4 vorste van nasies in hulle beleid, en leiers op grond van hulle navorsing; vaardige betogers in hulle geskrifte, en spreukdigters in hulle bewaring van die tradisie:
5 digters van psalms volgens die voorskrif, en die outeurs van spreuke in geskrif;
6 manne van mag en onwankelbaar in sterkte wat rustig woon in hulle plek:
7 al hierdie [manne] het in hulle geslag en in hulle dae hulle eer [ontvang].
8 Sommige van hulle het ‘n naam nagelaat om rond te vertel in hulle erfdeel;
9 maar vir sommige van hulle was daar geen gedagtenis nie, en hulle het opgehou om te wees toe hulle opgehou het; hulle was asof hulle nie was nie, en hulle kinders na hulle.
10 Nogtans was hierdie manne van vroomheid, en hulle verwagting sal nie ophou nie;
11 by hulle saadlyn sal hulle voorspoed bestendig wees, en hulle erfdeel vir hulle kleinkinders.
12 In die Verbond sal hulle saadlyn vas staan, en hulle kinders ter wille van hulle;
13 vir ewig sal hulle gedagtenis voortbestaan, en hulle geregtigheid sal nie uitgewis word nie;
14 hulle liggame word in Vrede versamel, maar hulle naam leef voort van geslag tot geslag.
15 Hulle wysheid word deur die gemeente verhaal, en hulle lof word deur die vergadering vertel.
Henog en Noag.
16 HENOG het met JaHWeH gewandel en is geneem as Teken van Kennis van geslag tot geslag.
17 Noag, die regverdige, is raseg bevind, vir die tyd van vernietiging was hy ‘n plaasvervanger; ter wille van hom was daar ‘n oorblyfsel, en vanweë die Verbond met hom het die vloed opgehou. [Génesis 6:9]
18 As ewige Teken is sy aan hom opgerig om alle vlees [nie weer] te vernietig nie.
Die aartsvaders.
19 ABRAHAM, die vader van ‘n menigte nasies, het op sy eer nie ‘n klad geplaas nie;
20 [hy] het die Gebod van die Hoogste El gehou en ‘n Verbond [besnydenisverbond] met Hom aangegaan: In sy vlees het Hy ‘n Insetting vir hom gemaak, en in beproewing is hy getrou bevind.
21 Daarom het HY aan hom met ‘n eed [die Belofte] bevestig om nasies in sy saadlyn te seën; om sy saad te vermeerder soos die sand van die see, en om hom uitermate te verhoog oor al die nasies; om hulle [sy saadlyn] te laat erwe van see tot see en van die Rivier tot aan die eindes van die Aarde.
22 En ook vir Isak het Hy net so bestendig ter wille van Abraham sy vader; die Verbond van al die voorgangers het Hy hom gegee,
23 en die seën het op die hoof van JisraEl [Jakob] gerus; en Hy het hom bevestig in die seën en sy erfdeel aan hom gegee; en Hy het hom gestel tot stamme [naamlik] om te verdeel in twaalf.
Moshè.
EN Hy het uit hom iemand laat voortkom wat guns in die oë van al wat lewe gevind het.
Monday, October 17, 2011
DIE BOEK EKKLESIASTIKUS (4)

Hoofstuk 21 Daar is ‘n tyd om stil te bly en ‘n tyd om te praat.
1 DAAR is ‘n vermaning wat nie gepas is nie, en dan is die een wat stilbly wys.
2 Hoe goed is dit om te bestraf, eerder as om toornig te wees, en om belydenis te doen eerder as om teruggehou te word van gebrek.
4 Soos ‘n ontmande wat by ‘n jong dogter oornag, so is hy wat met geweld regspraak beoefen.
5 Daar is een wat stilbly en hy word gereken as wys, en ‘n ander word verag oor [sy] twissieke gepraat.
6 Daar is een wat stilbly, omdat hy nie kan antwoord nie, en ‘n ander bly stil, want hy sien [dat dit] tyd is.
7 Die wyse bly stil tot die [regte] tyd, maar die dwaas neem die geleentheid nie in ag nie.
8 Hy wat baie praat, word verafsku, en hy wat homself met gesag beklee, word gehaat.
Die skyn van dinge.
9 DAAR is [soms] voorspoed in die smart vir ‘n adamiet, en daar is [soms] wins vir hom wat gebrek het.
10 Daar is [soms] ‘n geskenk wat vir jou geen voordeel bring nie, en daar is ‘n geskenk met ‘n dubbele beloning.
11 Daar is ‘n gebrek ter wille van die eer, en daar is een wat uit die ellende die hoof ophef.
12 Daar is een wat baie koop vir weinig, en een wat sewevoudig vergeld.
13 Die wyse, met weinig woorde maak hy homself gelief, maar die goedheid van dwase word uitgegiet.
14 Die geskenk van die dwaas sal jou niks baat nie, want hy verwag veelvoudige vergoeding.
15 Hy gee weinig, maar verwyt baie, en hy maak sy mond oop soos een wat roep. Vandag leen hy uit, maar môre soek hy [dit terug], haatlik is ‘n man soos hy.
16 Die dwaas sê: Ek het geen vriend nie, en daar is geen dank vir my goedheid nie. Hulle wat my brood eet, is mense wat met die tong hoon.
17 Hoe dikwels, en hoe baie is hulle wat hom spot!
18 ‘n Struikeling van die voet is beter as ‘n struikeling met die tong, so kom die val van die slegtes gou.
19 ‘n Ongeleë woord sal voortdurend in die mond van die dwaas wees.
20 In die mond van ‘n dwaas is ‘n spreuk veragtelik, want hy spreek dit nie uit op die regte tyd nie.
21 Daar is een wat vanweë gebrek weerhou word om die Wet te oortree, en in sy rus sal hy nie gepla word nie.
22 Daar is een wat homself weens skande te gronde rig, en weens gebrek aan openhartigheid vernietig hy homself.
23 Daar is een wat vanweë skaamte sy naaste laat vertrou [op sy beloftes], so maak hy vir homself ‘n vyand sonder rede.
24 Leuens is ‘n besoedelde smet in die mens, in die mond van die onkundiges is dit voortdurend [aanwesig].
25 ‘n Dief is verkiesliker as een wat lieg, maar hulle albei sal ondergang erwe.
26 Die weg van ‘n leuenagtige man [loop uit op] skande, en sy smaad is voortdurend by hom.
27 ‘n Wyse laat homself in nederigheid lewe, en ‘n verstandige man sal opreg wees in die oë van vorste.
28 Hy wat die grond bewerk, maak sy hoop [koring] hoog, en die opregte in die oë van die vorste versoen die ongeregtigheid.
29 ‘n Geskenk en ‘n present verblind die oë, en soos ‘n muilband vir die mond weer dit die Tug af,
30 Bedekte wysheid en verborge skatte, watter voordeel is daar in albei?
31 Beter is die man wat sy dwaasheid verberg, as die man wat sy Wysheid verberg.
Hoofstuk 22 Vermaning teen oortreding.
1 MY seun, het jy oortree, moet dit nie weer doen nie en bid aangaande die vorige [oortredinge].
2 Vlug weg van die oortredinge soos vir ‘n slang/nagash, want as jy naby hom kom, sal hy jou byt. [Soos] die tande van ‘n leeu is sy tande, hulle verslaan die siel van ‘n adamiet.
3 Soos ‘n tweesnydende swaard is elke oortreding, vir sy wond is daar geen genesing nie.
4 Tirannie en trotsheid ruïneer rykdom, en die huis van die verwaande word ontwortel.
5 Die gebed van die arme is van sy mond tot sy ore, en sy Reg kom spoedig.
6 Hy wat Tug haat - [dit is] die merk van die wettelose, maar hy wat JaHWeH vrees, sal hom volkome [tot Hom] wend.
7 Die wyse is bekend met die een wat voor [hom] is, en die verstandige weet sodra hy struikel.
8 Hy wat sy huis bou met geld van ander, is een wat klippe vir sy [graf-] hoop versamel.
9 Soos vlas(katoen) wat saamgebind is, so is die vergadering van besoedeldes, en hulle einde is die vlam van vuur.
10 Die pad van die besoedelde is vol klippe, en sy einde is die verderf van die Doderyk/Sheol.
Verskil tussen die wyse en die dwaas.
11 HY wat die Wet hou, is een wat heers oor sy natuurlike neiging, en die Vrees van JaHWeH is die einddoel van die Tugtiging.
12 Hy by wie daar geen skranderheid is nie, sal nie onderrig word nie, maar daar is ‘n skranderheid wat bitterheid vermenigvuldig.
13 Die Kennis van die wyse vermeerder soos ‘n bron, en sy Raad soos ‘n lewende Fontein.
14 Die binneste van ‘n dwaas is soos ‘n gebarste reënbak, dit kan geen Kennis hou nie.
15 As ‘n verstandige die woord van ‘n wyse hoor, dan loof hy dit en voeg [nog] daaraan toe. Die vermetele het gehoor, maar dit was nie reg in sy oë nie, en hy werp dit agter sy rug.
16 Die gesprek van ‘n dwaas is soos ‘n vrag op die pad, [maar] op die lippe van die verstandige word Guns gevind.
17 Die woord van ‘n verstandige word in die vergadering gesoek, en op sy woorde gee hulle ag.
18 Soos ‘n gevangenis is Wysheid vir ‘n onkundige, en Kennis vir die dwaas is [soos] woorde wat nie ondersoek is nie:
19 Soos ‘n net vir die voete is Tug vir die onkundiges, en soos boeie aan die regterhand.
20 Die dwaas verhef sy stem met gelag, maar ‘n skrander man lag ingetoë.
21 Soos ‘n goue versiering is onderrig vir die verstandige, en soos ‘n armband om die regterarm.
22 Die voet van die dwaas haas na ‘n huis, maar ‘n verstandige man gedra homself nederig.
23 ‘n Dwaas kyk van die deur af in die huis maar ‘n eer vir ‘n man is die huis van sy naaste.
24 ‘n Dwase man luister by die deur, maar vir ‘n verstandige is [so ‘n] skanddaad pynlik.
25 Die lippe van die vermeteles praat oor hierdie dinge, maar die woorde van die verstandiges word in weegskale geweeg.
26 Die hart van dwase is in die mond, maar die mond van wyses is in die hart.
27 Wanneer die dwaas die teëstander vloek, vloek hy homself.
28 Die dubbelhartige verfoei homself, en waar hy vertoef, word hy gehaat.
Hoofstuk 23 Oor luiheid.
1 ‘N LUIAARD is soos ‘n uitgeworpe steen, en elkeen blaas oor sy skande.
2 ‘n Luiaard is soos die vuil van ontlasting, elkeen wat dit opneem, skud sy hand.
Oor slegte kinders.
3 ’N BESOEDELDE, vertroetelde seun is ‘n oneer vir sy vader wat hom verwek het; en ‘n onnosele dogter is vir ‘n verlies gebore.
4 ‘n Verstandige dogter sal aan haar man ‘n erfenis gee, maar sy wat skande veroorsaak, is ‘n verdriet vir die een wat haar voortgebring het.
5 ‘n Vermetele [vrou] bring skande oor [haar] vader en eggenoot, en deur albei word sy verag.
6 Soos ‘n lied in die tyd van rou, so is ontydige gepraat, die roede en Tug is [egter] te alle tye Wysheid.
Die dwaas.
7 SOOS een wat potskerwe aanmekaar lym, is hy wat ‘n dwaas leer, [of soos] een wat ‘n slaper uit ‘n diepe slaap opwek.
8 Soos iemand wat ‘n gesprek voer met een wat slaap, so is hy wat hom in ‘n gesprek tot ‘n dwaas rig, want aan die einde sal hy vra: Wat is dit?
11 Ween oor die dode, want [sy] Lig het uitgegaan, en ween oor die dwaas, want verstandigheid het [by hom] tot ‘n einde gekom. Ween ‘n weinig oor die dode, want hy rus, maar die lewe van ‘n dwaas is erger as die Dood.
12 Die rou vir die dode is sewe dae, maar die rou vir die dwaas is lewenslank.
13 Met ‘n dwaas moet jy die gesprek nie vermeerder nie, en met ‘n onverstandige moet jy nie verkeer nie. Pas op vir hom, anders bring hy jou in die moeilikheid, dat jy nie bevuil word wanneer hy homself skud nie; wend jou van hom af en jy sal rus vind, en moenie jou vermoei met sy dwaasheid nie.
14 Wat is swaarder as lood? En wat is sy naam anders as dwaas?
15 Sand en sout en ‘n gewig van yster is makliker om te dra as ‘n onverstandige man.
16 Soos paneelwerk uit hout vassit aan ‘n gebou [en] deur ‘n aardbewing nie geskud word nie, so is ‘n hart wat steun op weldeurdagte raad, onder geen omstandighede sal hy vrees nie.
17 ‘n Hart wat gegrond is op deurdagte Insig is soos ‘n versiering wat gegraveer is op ‘n muur van gekapte klippe.
18 Klein klippies wat op ‘n hoë plek lê, sal nie bestand wees teen die wind nie; so sal die bevreesde hart wat hom met dwase nadenke [besig hou] teen geen verskrikking bestand wees nie.
Oor vriendskap.
19 ‘N WOND in die oog laat trane vloei, en ‘n wond in die hart laat vriendskap verbygaan.
20 Hy wat ‘n klip na ‘n voël gooi, maak hom skrik, en hy wat ‘n vriend beledig, vernietig die vriendskap.
21 As jy die swaard teen ‘n vriend trek, moenie wanhoop nie, want daar is [‘n weg van] berou.
22 As jy jou mond teen ‘n vriend oopgemaak het, moenie vrees nie, want daar is [‘n moontlikheid van] versoening; maar belediging en verwaandheid, die verklap van ‘n geheim en ‘n bedrieglike hou - oor hierdie dinge sal elke vriend die wyk neem.
23 Wees getrou aan jou naaste in sy armoede sodat jy jou in sy voorspoed mag verheug; in die tyd van sy beproewing, staan by hom sodat jy in sy erfenis mag deel.
24 Vóór die vuur is [daar] kolomme van rook, so gaan lastering dan bloedvergieting vooraf.
25 Omdat jou vriend arm geword het, moenie jou vir hom skaam nie en moenie jouself vir hom verberg nie.
26 As jou naaste sy geheim aan jou openbaar, moenie dit bekend maak nie, anders sal hy wat jou hoor, teen jou gewaarsku wees en jou as ‘n dwaas beskou.
Behoefte aan selfbeheersing.
27 O DAT iemand ‘n wag op My Mond wou plaas en op My Lippe ‘n Seël van skranderheid, sodat Ek nie om hulle ontwil mag val nie, en My Tong My nie te gronde mag rig nie.
Hoofstuk 24
1 O JaHWeH, Vader en Regeerder van My lewe, laat My nie val om hulle ontwil nie.
2 Ag, as iemand oor My gedagte ‘n gésel wou opstel, en oor My Hart ‘n roede van tug, en [My] nie wou spaar oor My skuld, en My oortredinge nie deur die vingers wou sien nie;
3 sodat My oortredinge nie vermeerder nie, en My oortredinge nie mag toeneem nie dat Ek voor die vyand val, en die hater hom oor My verbly.
4 O JaHWeH, Vader en Elohey van My lewe, moenie My versaak in hulle raad nie, [en] gee My nie ‘n trotse kyk nie, en laat ‘n vermetele hart ver van My wees,
6 Moenie dat die luste van die vlees My tugteloos maak nie, en moenie dat ‘n skandelike begeerte oor My heers nie.
Die Tug van die mond.
7 LUISTER, o kinders, na die Tug van die Mond, hy wat [Haar] bewaar, sal nie verstrik raak nie.
8 Deur Sy Lippe word die wettelose gevang, en die vermetele en die veragter struikel daaroor.
9 Moenie jou mond onderrig om ‘n eed te neem nie, en voor regters moet jy nie sit nie.
10 Want soos ‘n dienskneg wat voortdurend getugtig word geen gebrek aan littekens het nie, so is die een wat sweer en wat te alle tye [die Naam van JaHWeH] in herinnering roep, nie sonder foute nie.
11 Hy wat die ede vermenigvuldig, versadig hom met ongeregtigheid, en die plaag sal van sy huis af nie wyk nie; as hy ‘n fout begaan, sal sy oortreding op hom wees, en as hy dit verontagsaam, sal hy dubbel die Wet oortree, en as hy ydellik sweer, sal hy nie onskuldig gehou word nie, want sy huis sal vol plae word.
12 Daar is ‘n woord wat met Dood vergelyk kan word, laat dit nie gevind word in die Erfdeel van Jakob nie. Van die regverdiges sal al hierdie dinge geweer word, en in ongeregtigheid sal hulle nie gewikkel raak nie.
13 Moenie jou mond open met vuil praatjies nie, want ook daarin is ‘n woord van oortreding.
14 Dink aan jou vader en jou moeder as jy tussen edeles sit, sodat jy nie voor hulle struikel nie, en jy jouself in jou manier [van praat] ‘n dwaas betoon nie, en jy sê: “As ek maar nie gebore was nie”, en jy die dag van jou geboorte vervloek.
15 ‘n Mens wat hom gewoond maak aan beledigende woorde, sal in al sy dae nie Wysheid leer nie.
‘n Vermaning teen vleeslike hartstog.
16 TWEE soorte [mense] vermeerder oortreding, en drie hoop toorn op; ‘n hartstogtelike begeerte wat brand soos Vuur wat nie geblus word totdat hyself verteer is nie; ‘n homoseksueel met sy vleeslike liggaam, [want] hy hou nie op totdat die vuur hom verteer nie
17 en die man wat verbaster, vir wie alle brood soet is, [want] hy hou nie op totdat hy sterwe nie.
18 ‘n Man wat van sy eie bed af wegdwaal en wat in sy hart sê: Wie sien my? Kyk, die mure van my huis verberg my, en die skaduwee van my dak beskerm my, en niemand sien my nie, wie sal my terughou van wetsoortreding? - [so ‘n man] dink nie aan die Hoogste El nie;
19 die oë van die adamiet is sy [enigste] vrees, en hy weet nie dat die Oë van JaHWeH tienduisend maal ligter as die son is nie, en Hulle sien al die weë van ‘n adamiet en Hulle kyk in geheime plekke;
20 voordat die heelal geskape is, was dit aan Hom bekend, en so sien Hy nadat alle dinge voltooi is, -
21 so iemand, op die strate van die Stad sal hy bekend word, en wanneer hy dit nie dink nie, sal hy gegryp word.
22 En so ook ‘n vrou wat haar eggenoot verlaat en ‘n erfgenaam by ‘n verbasterde voortbring.
23 Want ten eerste verwerp sy die Wet van die Hoogste El, en ten tweede oortree sy teen haar eggenoot, en ten derde vermeng sy deur verbastering, en by ‘n verbasterde man bring sy ‘n saadlyn voort.
24 Sy sal voor die gemeente uitgelei word, en oor haar kinders sal daar ‘n besoeking wees.
25 Haar seuns sal nie wortel skiet nie, en haar takke sal nie vrugte voortbring nie.
26 Sy sal ‘n vervloekte nagedagtenis nalaat, en haar skande sal nooit uitgewis word nie.
27 En al die inwoners van die Aarde sal weet, en almal wat oorgebly het, sal bemerk dat daar niks beter is as om JaHWeH te vrees nie, en niks soeter is as om Sy Gebooie te bewaar nie.
Hoofstuk 25 Die Wysheid slegs in JisraEl
1 DIE Wysheid prys Haarself en te midde van Haar volk word Sy geëer.
2 In die vergadering van die Hoogste El open Sy Haar mond en voor SY leërskare word Sy verhoog. [Job 37:10; JeshaJaH 48:3]
3 Ek, uit die Mond van die Hoogste El het Ek voortgekom, en soos die Wolkkolom het Ek die Aarde bedek. [Odes van Salomo 30:5; Wysheid van Salomo 7:25]
4 In die hoogtes het Ek alleen gewoon, en My Troon was in die Wolkkolom. [Boekrol van Henog 9:4; JeségiEl 1:4]]
5 Die hemelgewelf het Ek alleen omspan en op die bodem van die Afgrond het Ek gewandel. [JeshaJaH 44:24]
6 Oor die branders van die see en oor die hele Aarde en oor elke volk en nasie het Ek regeer.
7 In al hierdie dinge het Ek ‘n rusplek gesoek [en gesê:] In wie se erfenis sal Ek woon? [Boekrol van Henog 42; 48:1]
8 Toe het HY, die Formeerder van die heelal, My beveel, en My Formeerder het My woonplek vasgestel; en HY het gesê: Onder Jakob moet Jy woon en in JisraEl moet Jy [jou] Erfdeel besit. [Boekrol van Henog 39:5; Profesie van Barug 3:38]
9 Van ewigheid, van die begin af het HY My geskape, en tot in ewigheid sal Ek nie ophou nie. [Exodus 40:34-40]
10 In die Tabernakel van Apartheid het Ek voor HOM gedien en so was Ek in Sion gevestig. [Exodus 25:8 ; 25:22; Exodus 40:34; Deuteronómium 30:12; Wysheid van Sirah 19:20; JeshaJaH 63:11]
11 In die geliefde Stad het Ek, wat My betref, gerus, en in Jerusalem was My heerskappy.
12 En Ek het wortel geskiet onder ‘n geëerde volk, onder die deel van JaHWeH [en] van Sy erfenis.
13 Soos ‘n seder op die Libanon is Ek verhef, en soos ‘n Olyfboom op die gebergte van Hermon. [Spreuke van Salomo 3:18; Boekrol van Henog 28:1-3]
14 Soos ‘n palmboom in Engedi is Ek verhef, en soos roosplante in Jerigo; soos ‘n groen Olyfboom in die Laagland, ja, Ek is verhef soos ‘n plataan by die waters. [Exodus 30:22-38]
15 Soos kaneel en geurige kalmoes en soos uitgesoekte mirre het Ek ‘n geur gegee; soos galbanum en naeltjies en storaksgom en soos wierook [was Ek] in die Tabernakel. [Exodus 30:24-34; Levítikus 8:10; Psalm 45:8; 2 Ezra 2:12]
16 Ek, soos ‘n terpentynboom het Ek My takke uitgestuur, en My takke was takke van Eer en Guns.
17 Ek was soos ‘n Wingerdstok wat Guns laat uitspruit, en My blomme is die vrug van Glansrykheid en glorie. [Psalm 80:8; 128:3]
18 Ek is die Moeder van regverdige Liefde, en Vrees, en Kennis, en die Belofte van Apartheid: Daarom is Ek, wat vir ewig bestaan, gegee aan al My kinders wat na Hom genoem is.
19 Kom na My toe, julle wat My begeer, en versadig julle met My opbrengs.
20 Want My gedagtenis is soeter as heuning, en My Erfenis as ‘n heuningkoek.
21 Hulle wat My eet, sal nog honger wees, en hulle wat My drink, sal nog dors hê.
22 Hy wat na My luister, sal nie beskaamd staan nie, en werke wat deur My [verrig word], sal nie vernietig word nie.
23 Al hierdie dinge is die Boek van die Verbond van Elohim, die Hoogste El, die Wet wat Moshè Ons beveel het as ‘n Erfdeel vir die vergadering van Jakob. [Exodus 24:7]
24 Moenie beskaam om sterk te wees in JaHWeH nie sodat Hy jou mag aanneem; kleef aan Hom, want die Almagtige JaHWeH is El alleen en naas Hom is daar geen Verlosser nie.
25 wat die Pison met Wysheid vervul, en die Tigris in die dae van die nuwe vrugte;
26 wat verstandigheid laat vloei soos die Eufraat, en soos die Jordaan in die dae van die oes;
27 wat Onderrig laat oorvloei soos die Nyl, en soos die Gihon in die dae van die druiwe-oes.
28 Die eerste [adamiet] het Haar nie volkome geken nie, en so sal die laaste Haar nie kan naspeur nie;
29 want Haar Insig is groter as die see, en Haar Raad is groter as die Afgrond.
30 Ook is Ek soos ‘n stroom van ‘n rivier en soos ‘n waterkanaal in ‘n Tuin het Ek te voorskyn gekom;
31 Ek het gesê: Ek sal My Tuin natlei, en Ek sal My Tuinbedding versadig [met water] ; en kyk, die stroom het vir My geword tot ‘n rivier, en My rivier het geword tot ‘n see.
32 Nog sal Ek Onderwysing soos die môre laat skyn en Ek sal Haar laat uitstraal tot in die verte.
33 Nog sal Ek Onderrig soos profesie uitgiet en Ek sal Haar nalaat vir verre geslagte.
34 Kyk, want Ek het nie vir My alleen geswoeg nie, maar vir almal wat My soek.
Thursday, April 17, 2008
Vergete Heldjies
Beste vriende
Vir julle wat gereeld die blog lees - die week was maar bietjie stil met die plasings, maar dit is redelik besig met die voorbereiding vir die Pasga Vrydagaand. Dit is vir my sekerlik een van die hoogte punte van die jaar op ons Vader se kalendar. Waar ons weer in verwondering kan terug kyk na Sy genade wat Hy vir ons openbaar het deur aan die kruis vir ons te sterf.
Miskien besef ons nie elke dag die verskriklike hel waardeur ons Verlosser moes gaan vir ons nie. Hy wat sonder sonde was is so belaai met al wat 'n wereldse sonde is dat Hy feitlik sonde geword het vir ons. Hoe verskriklik moet dit wees vir die Rein een om so besoedel te wees met almal se sondes dat HY bereid is om daarvoor te sterf dat ons mag lewe.
Vir die van u wat reeds die verlossings geskenk aangeneem het van Yahshua ons Verlosser, mag dit 'n wonderlike dankdag wees vir u en vir die van u wat nog nie die reddende genade van ons Messias aangeneem het nie, smeek ek vandag, doen dit nou want die tyd het min geword.
Bely jou sondes voor God en nooi Hom vandag in jou lewe dat Hy Meester sal wees van jou lewe sodat jy wedergebore kan word deur Sy genade en verseel word in Sy liefde.
Hierby aangeheg is 'n gedig wat ek gekry het van 'n vriend wat graag anoniem wil bly en dit handel oor die kindertjies wat in die konsentrasie kampe gesterwe het. As mens kyk hoe swaar hul gekry het dan besef mens net weer hoe groot was die prys wat ons vrouens en kinders betaal het vir die volk - die Boervolk.
Dan is daar steeds vandag mense wat nie meer deel wil wees van die volk nie en eerder agter die wereld aan hardloop. Mag skaamte jul aangesigte oordek omdat julle ons vrouens en kinders se offer misken wat hulle gebring het vir die Boervolk.
Vergete Heldjies
O kinders van die gelofte
dink aan julle belofte.
Kyk na die grafte van die kinders
dink hier aan hulle koue winters.
Toe hulle die vêrte in staar
en wat het hulle gewaar.
`n Vierkleur wat wapper in die wind
is die laaste gebed van die kind.
Voordat hy gaan rus.
Hy het sy vryheid gemis.
O kindertjies van my God
julle het gehou by sy gebod.
Julle het vir ons gesterf
sonder om roem te verwerf.
Ek staan so en bewe
as ek dink wat het jul gegewe.
Jul het gegee jul lewe
vir ons vryheid strewe.

Tuesday, June 1, 2010
Twee Kommervrye Dae

Daar is twee dae in elke week waaroor ons, ons nie moet bekommer nie, twee dae wat vry gehou moet word van vrees en besorgdheid.
Een hiervan is Gister met al sy foute en bekommernisse, sy pyne en skete, sy wroeginge en tekortkominge.
Gister is verby en is glad nie meer binne ons beheer nie. Al die geld in die wêreld kan Gister nie weer terugbring nie.
Ons kan nie een enkele aksie wat ons Gister gedoen het ongedaan maak nie; ons kan nie ’n enkele woord uitvee wat ons geuiter het nie.
Gister is vir ewige verlore.
Die ander dag waaroor ons, ons nie moet bekommer nie is Môre, met al sy moontlike probleme en laste, sy belofte van grootheid wat hy mag inhou of sy swak prestasie wat dit mag oplewer.
Môre is buite ons onmiddellike beheer.
Môre se son sal opkom, hetsy in volle glorie of agter ’n wolke masker, maar dit sal opkom.
Totdat dit opkom het ons nog geen aandeel in Môre nie, want dit moet nog gebore word.
Dit los ons net met een dag, Vandag.
Enige persoon kan die geveg net voer vir een dag en dit is Vandag.
Dit is wanneer ons die laste van die twee ander entiteite, Gister en Môre, byvoeg wat maak dat ons gebroke en moedeloos raak.
Dit is nie die ondervinding van Vandag wat ’n persoon tot raserny dryf nie, dit is die spyt en jammerte van iets wat Gister gebeur het en die vrees van wat Môre mag bring.
Daarom moet ons leef vir Vandag en so leef asof elke dag ons laaste is sodat ons met blydskap verantwoording kan doen van ons aksies Vandag voor Vader Yahweh.
Subscribe to:
Posts (Atom)