Monday, October 17, 2011

DIE BOEK EKKLESIASTIKUS (4)


Hoofstuk 21 Daar is ‘n tyd om stil te bly en ‘n tyd om te praat.

1 DAAR is ‘n vermaning wat nie gepas is nie, en dan is die een wat stilbly wys.
2 Hoe goed is dit om te bestraf, eerder as om toornig te wees, en om belydenis te doen eerder as om teruggehou te word van gebrek.
4 Soos ‘n ontmande wat by ‘n jong dogter oornag, so is hy wat met geweld regspraak beoefen.
5 Daar is een wat stilbly en hy word gereken as wys, en ‘n ander word verag oor [sy] twissieke gepraat.
6 Daar is een wat stilbly, omdat hy nie kan antwoord nie, en ‘n ander bly stil, want hy sien [dat dit] tyd is.
7 Die wyse bly stil tot die [regte] tyd, maar die dwaas neem die geleentheid nie in ag nie.
8 Hy wat baie praat, word verafsku, en hy wat homself met gesag beklee, word gehaat.

Die skyn van dinge.
9 DAAR is [soms] voorspoed in die smart vir ‘n adamiet, en daar is [soms] wins vir hom wat gebrek het.
10 Daar is [soms] ‘n geskenk wat vir jou geen voordeel bring nie, en daar is ‘n geskenk met ‘n dubbele beloning.
11 Daar is ‘n gebrek ter wille van die eer, en daar is een wat uit die ellende die hoof ophef.
12 Daar is een wat baie koop vir weinig, en een wat sewevoudig vergeld.
13 Die wyse, met weinig woorde maak hy homself gelief, maar die goedheid van dwase word uitgegiet.
14 Die geskenk van die dwaas sal jou niks baat nie, want hy verwag veelvoudige vergoeding.
15 Hy gee weinig, maar verwyt baie, en hy maak sy mond oop soos een wat roep. Vandag leen hy uit, maar môre soek hy [dit terug], haatlik is ‘n man soos hy.
16 Die dwaas sê: Ek het geen vriend nie, en daar is geen dank vir my goedheid nie. Hulle wat my brood eet, is mense wat met die tong hoon.
17 Hoe dikwels, en hoe baie is hulle wat hom spot!
18 ‘n Struikeling van die voet is beter as ‘n struikeling met die tong, so kom die val van die slegtes gou.
19 ‘n Ongeleë woord sal voortdurend in die mond van die dwaas wees.
20 In die mond van ‘n dwaas is ‘n spreuk veragtelik, want hy spreek dit nie uit op die regte tyd nie.
21 Daar is een wat vanweë gebrek weerhou word om die Wet te oortree, en in sy rus sal hy nie gepla word nie.
22 Daar is een wat homself weens skande te gronde rig, en weens gebrek aan openhartigheid vernietig hy homself.
23 Daar is een wat vanweë skaamte sy naaste laat vertrou [op sy beloftes], so maak hy vir homself ‘n vyand sonder rede.
24 Leuens is ‘n besoedelde smet in die mens, in die mond van die onkundiges is dit voortdurend [aanwesig].
25 ‘n Dief is verkiesliker as een wat lieg, maar hulle albei sal ondergang erwe.
26 Die weg van ‘n leuenagtige man [loop uit op] skande, en sy smaad is voortdurend by hom.
27 ‘n Wyse laat homself in nederigheid lewe, en ‘n verstandige man sal opreg wees in die oë van vorste.
28 Hy wat die grond bewerk, maak sy hoop [koring] hoog, en die opregte in die oë van die vorste versoen die ongeregtigheid.
29 ‘n Geskenk en ‘n present verblind die oë, en soos ‘n muilband vir die mond weer dit die Tug af,
30 Bedekte wysheid en verborge skatte, watter voordeel is daar in albei?
31 Beter is die man wat sy dwaasheid verberg, as die man wat sy Wysheid verberg.

Hoofstuk 22 Vermaning teen oortreding.

1 MY seun, het jy oortree, moet dit nie weer doen nie en bid aangaande die vorige [oortredinge].
2 Vlug weg van die oortredinge soos vir ‘n slang/nagash, want as jy naby hom kom, sal hy jou byt. [Soos] die tande van ‘n leeu is sy tande, hulle verslaan die siel van ‘n adamiet.
3 Soos ‘n tweesnydende swaard is elke oortreding, vir sy wond is daar geen genesing nie.
4 Tirannie en trotsheid ruïneer rykdom, en die huis van die verwaande word ontwortel.
5 Die gebed van die arme is van sy mond tot sy ore, en sy Reg kom spoedig.
6 Hy wat Tug haat - [dit is] die merk van die wettelose, maar hy wat JaHWeH vrees, sal hom volkome [tot Hom] wend.
7 Die wyse is bekend met die een wat voor [hom] is, en die verstandige weet sodra hy struikel.
8 Hy wat sy huis bou met geld van ander, is een wat klippe vir sy [graf-] hoop versamel.
9 Soos vlas(katoen) wat saamgebind is, so is die vergadering van besoedeldes, en hulle einde is die vlam van vuur.
10 Die pad van die besoedelde is vol klippe, en sy einde is die verderf van die Doderyk/Sheol.

Verskil tussen die wyse en die dwaas.
11 HY wat die Wet hou, is een wat heers oor sy natuurlike neiging, en die Vrees van JaHWeH is die einddoel van die Tugtiging.
12 Hy by wie daar geen skranderheid is nie, sal nie onderrig word nie, maar daar is ‘n skranderheid wat bitterheid vermenigvuldig.
13 Die Kennis van die wyse vermeerder soos ‘n bron, en sy Raad soos ‘n lewende Fontein.
14 Die binneste van ‘n dwaas is soos ‘n gebarste reënbak, dit kan geen Kennis hou nie.
15 As ‘n verstandige die woord van ‘n wyse hoor, dan loof hy dit en voeg [nog] daaraan toe. Die vermetele het gehoor, maar dit was nie reg in sy oë nie, en hy werp dit agter sy rug.
16 Die gesprek van ‘n dwaas is soos ‘n vrag op die pad, [maar] op die lippe van die verstandige word Guns gevind.
17 Die woord van ‘n verstandige word in die vergadering gesoek, en op sy woorde gee hulle ag.
18 Soos ‘n gevangenis is Wysheid vir ‘n onkundige, en Kennis vir die dwaas is [soos] woorde wat nie ondersoek is nie:
19 Soos ‘n net vir die voete is Tug vir die onkundiges, en soos boeie aan die regterhand.
20 Die dwaas verhef sy stem met gelag, maar ‘n skrander man lag ingetoë.
21 Soos ‘n goue versiering is onderrig vir die verstandige, en soos ‘n armband om die regterarm.
22 Die voet van die dwaas haas na ‘n huis, maar ‘n verstandige man gedra homself nederig.
23 ‘n Dwaas kyk van die deur af in die huis maar ‘n eer vir ‘n man is die huis van sy naaste.
24 ‘n Dwase man luister by die deur, maar vir ‘n verstandige is [so ‘n] skanddaad pynlik.
25 Die lippe van die vermeteles praat oor hierdie dinge, maar die woorde van die verstandiges word in weegskale geweeg.
26 Die hart van dwase is in die mond, maar die mond van wyses is in die hart.
27 Wanneer die dwaas die teëstander vloek, vloek hy homself.
28 Die dubbelhartige verfoei homself, en waar hy vertoef, word hy gehaat.

Hoofstuk 23 Oor luiheid.

1 ‘N LUIAARD is soos ‘n uitgeworpe steen, en elkeen blaas oor sy skande.
2 ‘n Luiaard is soos die vuil van ontlasting, elkeen wat dit opneem, skud sy hand.

Oor slegte kinders.
3 ’N BESOEDELDE, vertroetelde seun is ‘n oneer vir sy vader wat hom verwek het; en ‘n onnosele dogter is vir ‘n verlies gebore.
4 ‘n Verstandige dogter sal aan haar man ‘n erfenis gee, maar sy wat skande veroorsaak, is ‘n verdriet vir die een wat haar voortgebring het.
5 ‘n Vermetele [vrou] bring skande oor [haar] vader en eggenoot, en deur albei word sy verag.
6 Soos ‘n lied in die tyd van rou, so is ontydige gepraat, die roede en Tug is [egter] te alle tye Wysheid.

Die dwaas.
7 SOOS een wat potskerwe aanmekaar lym, is hy wat ‘n dwaas leer, [of soos] een wat ‘n slaper uit ‘n diepe slaap opwek.
8 Soos iemand wat ‘n gesprek voer met een wat slaap, so is hy wat hom in ‘n gesprek tot ‘n dwaas rig, want aan die einde sal hy vra: Wat is dit?
11 Ween oor die dode, want [sy] Lig het uitgegaan, en ween oor die dwaas, want verstandigheid het [by hom] tot ‘n einde gekom. Ween ‘n weinig oor die dode, want hy rus, maar die lewe van ‘n dwaas is erger as die Dood.
12 Die rou vir die dode is sewe dae, maar die rou vir die dwaas is lewenslank.
13 Met ‘n dwaas moet jy die gesprek nie vermeerder nie, en met ‘n onverstandige moet jy nie verkeer nie. Pas op vir hom, anders bring hy jou in die moeilikheid, dat jy nie bevuil word wanneer hy homself skud nie; wend jou van hom af en jy sal rus vind, en moenie jou vermoei met sy dwaasheid nie.
14 Wat is swaarder as lood? En wat is sy naam anders as dwaas?
15 Sand en sout en ‘n gewig van yster is makliker om te dra as ‘n onverstandige man.
16 Soos paneelwerk uit hout vassit aan ‘n gebou [en] deur ‘n aardbewing nie geskud word nie, so is ‘n hart wat steun op weldeurdagte raad, onder geen omstandighede sal hy vrees nie.
17 ‘n Hart wat gegrond is op deurdagte Insig is soos ‘n versiering wat gegraveer is op ‘n muur van gekapte klippe.
18 Klein klippies wat op ‘n hoë plek lê, sal nie bestand wees teen die wind nie; so sal die bevreesde hart wat hom met dwase nadenke [besig hou] teen geen verskrikking bestand wees nie.

Oor vriendskap.
19 ‘N WOND in die oog laat trane vloei, en ‘n wond in die hart laat vriendskap verbygaan.
20 Hy wat ‘n klip na ‘n voël gooi, maak hom skrik, en hy wat ‘n vriend beledig, vernietig die vriendskap.
21 As jy die swaard teen ‘n vriend trek, moenie wanhoop nie, want daar is [‘n weg van] berou.
22 As jy jou mond teen ‘n vriend oopgemaak het, moenie vrees nie, want daar is [‘n moontlikheid van] versoening; maar belediging en verwaandheid, die verklap van ‘n geheim en ‘n bedrieglike hou - oor hierdie dinge sal elke vriend die wyk neem.
23 Wees getrou aan jou naaste in sy armoede sodat jy jou in sy voorspoed mag verheug; in die tyd van sy beproewing, staan by hom sodat jy in sy erfenis mag deel.
24 Vóór die vuur is [daar] kolomme van rook, so gaan lastering dan bloedvergieting vooraf.
25 Omdat jou vriend arm geword het, moenie jou vir hom skaam nie en moenie jouself vir hom verberg nie.
26 As jou naaste sy geheim aan jou openbaar, moenie dit bekend maak nie, anders sal hy wat jou hoor, teen jou gewaarsku wees en jou as ‘n dwaas beskou.

Behoefte aan selfbeheersing.
27 O DAT iemand ‘n wag op My Mond wou plaas en op My Lippe ‘n Seël van skranderheid, sodat Ek nie om hulle ontwil mag val nie, en My Tong My nie te gronde mag rig nie.

Hoofstuk 24

1 O JaHWeH, Vader en Regeerder van My lewe, laat My nie val om hulle ontwil nie.
2 Ag, as iemand oor My gedagte ‘n gésel wou opstel, en oor My Hart ‘n roede van tug, en [My] nie wou spaar oor My skuld, en My oortredinge nie deur die vingers wou sien nie;
3 sodat My oortredinge nie vermeerder nie, en My oortredinge nie mag toeneem nie dat Ek voor die vyand val, en die hater hom oor My verbly.
4 O JaHWeH, Vader en Elohey van My lewe, moenie My versaak in hulle raad nie, [en] gee My nie ‘n trotse kyk nie, en laat ‘n vermetele hart ver van My wees,
6 Moenie dat die luste van die vlees My tugteloos maak nie, en moenie dat ‘n skandelike begeerte oor My heers nie.

Die Tug van die mond.
7 LUISTER, o kinders, na die Tug van die Mond, hy wat [Haar] bewaar, sal nie verstrik raak nie.
8 Deur Sy Lippe word die wettelose gevang, en die vermetele en die veragter struikel daaroor.
9 Moenie jou mond onderrig om ‘n eed te neem nie, en voor regters moet jy nie sit nie.
10 Want soos ‘n dienskneg wat voortdurend getugtig word geen gebrek aan littekens het nie, so is die een wat sweer en wat te alle tye [die Naam van JaHWeH] in herinnering roep, nie sonder foute nie.
11 Hy wat die ede vermenigvuldig, versadig hom met ongeregtigheid, en die plaag sal van sy huis af nie wyk nie; as hy ‘n fout begaan, sal sy oortreding op hom wees, en as hy dit verontagsaam, sal hy dubbel die Wet oortree, en as hy ydellik sweer, sal hy nie onskuldig gehou word nie, want sy huis sal vol plae word.
12 Daar is ‘n woord wat met Dood vergelyk kan word, laat dit nie gevind word in die Erfdeel van Jakob nie. Van die regverdiges sal al hierdie dinge geweer word, en in ongeregtigheid sal hulle nie gewikkel raak nie.
13 Moenie jou mond open met vuil praatjies nie, want ook daarin is ‘n woord van oortreding.
14 Dink aan jou vader en jou moeder as jy tussen edeles sit, sodat jy nie voor hulle struikel nie, en jy jouself in jou manier [van praat] ‘n dwaas betoon nie, en jy sê: “As ek maar nie gebore was nie”, en jy die dag van jou geboorte vervloek.
15 ‘n Mens wat hom gewoond maak aan beledigende woorde, sal in al sy dae nie Wysheid leer nie.

‘n Vermaning teen vleeslike hartstog.
16 TWEE soorte [mense] vermeerder oortreding, en drie hoop toorn op; ‘n hartstogtelike begeerte wat brand soos Vuur wat nie geblus word totdat hyself verteer is nie; ‘n homoseksueel met sy vleeslike liggaam, [want] hy hou nie op totdat die vuur hom verteer nie
17 en die man wat verbaster, vir wie alle brood soet is, [want] hy hou nie op totdat hy sterwe nie.
18 ‘n Man wat van sy eie bed af wegdwaal en wat in sy hart sê: Wie sien my? Kyk, die mure van my huis verberg my, en die skaduwee van my dak beskerm my, en niemand sien my nie, wie sal my terughou van wetsoortreding? - [so ‘n man] dink nie aan die Hoogste El nie;
19 die oë van die adamiet is sy [enigste] vrees, en hy weet nie dat die Oë van JaHWeH tienduisend maal ligter as die son is nie, en Hulle sien al die weë van ‘n adamiet en Hulle kyk in geheime plekke;
20 voordat die heelal geskape is, was dit aan Hom bekend, en so sien Hy nadat alle dinge voltooi is, -
21 so iemand, op die strate van die Stad sal hy bekend word, en wanneer hy dit nie dink nie, sal hy gegryp word.
22 En so ook ‘n vrou wat haar eggenoot verlaat en ‘n erfgenaam by ‘n verbasterde voortbring.
23 Want ten eerste verwerp sy die Wet van die Hoogste El, en ten tweede oortree sy teen haar eggenoot, en ten derde vermeng sy deur verbastering, en by ‘n verbasterde man bring sy ‘n saadlyn voort.
24 Sy sal voor die gemeente uitgelei word, en oor haar kinders sal daar ‘n besoeking wees.
25 Haar seuns sal nie wortel skiet nie, en haar takke sal nie vrugte voortbring nie.
26 Sy sal ‘n vervloekte nagedagtenis nalaat, en haar skande sal nooit uitgewis word nie.
27 En al die inwoners van die Aarde sal weet, en almal wat oorgebly het, sal bemerk dat daar niks beter is as om JaHWeH te vrees nie, en niks soeter is as om Sy Gebooie te bewaar nie.

Hoofstuk 25 Die Wysheid slegs in JisraEl

1 DIE Wysheid prys Haarself en te midde van Haar volk word Sy geëer.
2 In die vergadering van die Hoogste El open Sy Haar mond en voor SY leërskare word Sy verhoog. [Job 37:10; JeshaJaH 48:3]
3 Ek, uit die Mond van die Hoogste El het Ek voortgekom, en soos die Wolkkolom het Ek die Aarde bedek. [Odes van Salomo 30:5; Wysheid van Salomo 7:25]
4 In die hoogtes het Ek alleen gewoon, en My Troon was in die Wolkkolom. [Boekrol van Henog 9:4; JeségiEl 1:4]]
5 Die hemelgewelf het Ek alleen omspan en op die bodem van die Afgrond het Ek gewandel. [JeshaJaH 44:24]
6 Oor die branders van die see en oor die hele Aarde en oor elke volk en nasie het Ek regeer.
7 In al hierdie dinge het Ek ‘n rusplek gesoek [en gesê:] In wie se erfenis sal Ek woon? [Boekrol van Henog 42; 48:1]
8 Toe het HY, die Formeerder van die heelal, My beveel, en My Formeerder het My woonplek vasgestel; en HY het gesê: Onder Jakob moet Jy woon en in JisraEl moet Jy [jou] Erfdeel besit. [Boekrol van Henog 39:5; Profesie van Barug 3:38]
9 Van ewigheid, van die begin af het HY My geskape, en tot in ewigheid sal Ek nie ophou nie. [Exodus 40:34-40]
10 In die Tabernakel van Apartheid het Ek voor HOM gedien en so was Ek in Sion gevestig. [Exodus 25:8 ; 25:22; Exodus 40:34; Deuteronómium 30:12; Wysheid van Sirah 19:20; JeshaJaH 63:11]
11 In die geliefde Stad het Ek, wat My betref, gerus, en in Jerusalem was My heerskappy.
12 En Ek het wortel geskiet onder ‘n geëerde volk, onder die deel van JaHWeH [en] van Sy erfenis.
13 Soos ‘n seder op die Libanon is Ek verhef, en soos ‘n Olyfboom op die gebergte van Hermon. [Spreuke van Salomo 3:18; Boekrol van Henog 28:1-3]
14 Soos ‘n palmboom in Engedi is Ek verhef, en soos roosplante in Jerigo; soos ‘n groen Olyfboom in die Laagland, ja, Ek is verhef soos ‘n plataan by die waters. [Exodus 30:22-38]
15 Soos kaneel en geurige kalmoes en soos uitgesoekte mirre het Ek ‘n geur gegee; soos galbanum en naeltjies en storaksgom en soos wierook [was Ek] in die Tabernakel. [Exodus 30:24-34; Levítikus 8:10; Psalm 45:8; 2 Ezra 2:12]
16 Ek, soos ‘n terpentynboom het Ek My takke uitgestuur, en My takke was takke van Eer en Guns.
17 Ek was soos ‘n Wingerdstok wat Guns laat uitspruit, en My blomme is die vrug van Glansrykheid en glorie. [Psalm 80:8; 128:3]
18 Ek is die Moeder van regverdige Liefde, en Vrees, en Kennis, en die Belofte van Apartheid: Daarom is Ek, wat vir ewig bestaan, gegee aan al My kinders wat na Hom genoem is.
19 Kom na My toe, julle wat My begeer, en versadig julle met My opbrengs.
20 Want My gedagtenis is soeter as heuning, en My Erfenis as ‘n heuningkoek.
21 Hulle wat My eet, sal nog honger wees, en hulle wat My drink, sal nog dors hê.
22 Hy wat na My luister, sal nie beskaamd staan nie, en werke wat deur My [verrig word], sal nie vernietig word nie.
23 Al hierdie dinge is die Boek van die Verbond van Elohim, die Hoogste El, die Wet wat Moshè Ons beveel het as ‘n Erfdeel vir die vergadering van Jakob. [Exodus 24:7]
24 Moenie beskaam om sterk te wees in JaHWeH nie sodat Hy jou mag aanneem; kleef aan Hom, want die Almagtige JaHWeH is El alleen en naas Hom is daar geen Verlosser nie.
25 wat die Pison met Wysheid vervul, en die Tigris in die dae van die nuwe vrugte;
26 wat verstandigheid laat vloei soos die Eufraat, en soos die Jordaan in die dae van die oes;
27 wat Onderrig laat oorvloei soos die Nyl, en soos die Gihon in die dae van die druiwe-oes.
28 Die eerste [adamiet] het Haar nie volkome geken nie, en so sal die laaste Haar nie kan naspeur nie;
29 want Haar Insig is groter as die see, en Haar Raad is groter as die Afgrond.
30 Ook is Ek soos ‘n stroom van ‘n rivier en soos ‘n waterkanaal in ‘n Tuin het Ek te voorskyn gekom;
31 Ek het gesê: Ek sal My Tuin natlei, en Ek sal My Tuinbedding versadig [met water] ; en kyk, die stroom het vir My geword tot ‘n rivier, en My rivier het geword tot ‘n see.
32 Nog sal Ek Onderwysing soos die môre laat skyn en Ek sal Haar laat uitstraal tot in die verte.
33 Nog sal Ek Onderrig soos profesie uitgiet en Ek sal Haar nalaat vir verre geslagte.
34 Kyk, want Ek het nie vir My alleen geswoeg nie, maar vir almal wat My soek.

No comments: