Monday, October 10, 2011

DIE BOEK EKKLESIASTIKUS (3)


Hoofstuk 16 Nikswerd kinders.

1 MOENIE die skoonheid van nikswerd seuns begeer nie en moenie jou verbly oor bedorwe kinders nie.
2 En ook as hulle voorspoedig is, moenie trots op hulle wees as daar by hulle nie die Vrees van JaHWeH is nie.
3 Moenie vertroue stel in hulle lewe nie en maak nie staat op hulle einde nie; want die einde sal vir hulle nie goed wees nie; want een wat doen, is beter as die begeerte van duisend, en om kinderloos te sterwe as hy wat baie waardelose kinders en ‘n onbeskaamde saadlyn het.
4 Deur een kinderlose wat JaHWeH vrees, word ‘n Stad bewoon, maar van ‘n trouelose saadlyn word sy verlate.
5 Baie dinge soos hierdie het My oog gesien, en magtiger dinge as hierdie het My oor gehoor.

Die Woede van JaHWeH teen die wettelose.
6 IN die vergadering van die wetteloses word ‘n Vuur aangesteek, en te midde van ‘n afvallige volk brand die Grimmigheid.
7 Hy vergewe nie die Prinse/Sterre van ouds wat vanmelewe in hulle krag opgestaan het nie.
8 En Hy spaar nie die verblyfplekke van Lot wat hulleself in hul trotsheid te buite gegaan het nie.
9 Hy spaar [ook] nie die volk van die banvloek nie, hulle wat betrap was as gevolg van hulle ongeregtigheid.
10 So [het dit gebeur met] die seshonderdduisend voetgangers wat verdelg was in die trotsheid van hulle hart.
11 En inderdaad as daar een was wat sy nek verhard het, dan was dit ‘n wonder as hy nie gestraf is nie. Want dade van Barmhartigheid en Toorn is by Hom, en Hy vergewe en Hy verskoon, maar op die wetteloses laat Hy Sy Toorn rus.
12 So groot as sy dade van Barm-hartigheid, so is sy Tug, [elke] man oordeel Hy volgens sy dade.
13 Die wettelose sal nie met sy buit ontkom nie, en Hy sal nie toelaat dat die begeerte van die regverdige vir ewig uitbly nie.
14 Vir elkeen wat wetsgehoorsaam is, is daar loon, en elke mens sal volgens sy werke voor Hom verskyn.
15 JaHWeH het die hart van Farao verhard, wat HOM nie geken het nie, [en] wie se werke openbaar was onder die Hemele.
16 SY dade van Barmhartigheid word gesien deur al SY skepsels, en SY Lig en SY Lof het HY aan die adamiet toebedeel.

Hoofstuk 17 Die soewereiniteit van Elohim.

1 MOENIE sê nie: Van JaHWeH is hy verborge, en in die hoogte, wie sal my gedenk? Onder ‘n aansienlike volk word ek nie geken nie, en wat is my siel onder die tallose geeste van al die seuns van die Adam en alles wat in haar is?
18 Kyk, die Hemele en die hemels van die Hemele en die Afgrond en die Aarde, wanneer Hy hulle besoek, dan is hulle in beroering.
19 Ja, die vastighede van die berge en die fondamente van die wêreld, wanneer Hy na hulle kyk, bewe hulle grootliks.
20 Geen hart kan hierdie dinge betrag met verdienstelikheid nie: Wie kan Sy Weë bedink?
21 Dit is ‘n stormwind wat geen adamiet kan waarneem nie, want die grootste deel van Sy werke is verborge.
22 Wie kan Sy daad van Geregtigheid verklaar, wie kan Haar verdra? Want Sy Verbond is ver weg en die oordeel van alle dinge is aan die einde.
23 Hulle wat geen verstand het nie, bedink hierdie dinge, en ‘n dom man bepeins dit.
24 Luister na My en neem My Insig aan en gee ag op My woorde.
25 Ek sal volgens maat lering gee en met oorleg sal Ek My kennis aankondig,
26 Soos JaHWeH SY werke van die begin af geskep het, het HY volgens hulle lewe hul deel gegee.
27 U het vir ewig hulle werke vasgestel en hulle heerskappy tot in hulle geslagte, hulle het nie honger en is nie vermoeid nie, en hulle hou nie op van hulle werke nie.
28 Die een bemoei hom nie met die ander nie, en hulle kom nooit in opstand teen SY Woord nie.
29 En hierna het JaHWeH na die Aarde gekyk en Hy het haar volgemaak met sy suiwer dinge.
30 Met elke lewende wese het Hy Sy Adamah[adamiet se Aarde] volgemaak, en na haar keer hulle terug.

Hoofstuk 18 Die adamiet as skepsel van Elohim.

1 JaHWeH het die adamiet uit die Adamah[adamiet se Aarde] geformeer en Hy sal hom sekerlik na haar laat terugkeer.
2 ‘n [Bepaalde]] aantal dae en tyd het Hy aan hulle gegee, en Hy het hulle laat heers oor alles wat op [die Aarde] is.
3 Soos Homself het Hy hulle met mag beklee en as Sy beeld het Hy hulle gemaak.
4 En Hy het die skrik vir hulle op alle vlees gelê en hulle [gestel] om te heers oor diere en voëls.
6 Hy het tong èn oë èn ore geformeer, en ‘n hart het Hy hulle gegee om te verstaan. [Openbaring van Henog 11:40-41]
7 Met Kennis en Insig het Hy hulle gevul, goed en kwaad het Hy hulle geleer.
8 Hy het Sy Oog op hulle harte geplaas om hulle die grootheid van Sy werke te laat sien,
9 dat hulle die grootheid van Sy werke mag vertel
10 en die Naam van Sy Apartheid mag prys.
11 Hy het voor hulle Kennis gestel, en die Wet van die lewe het Hy hulle laat erwe.
12 ‘n Ewige Verbond het Hy met hulle opgerig, en Sy Verordeninge het Hy hulle bekend gemaak.
13 Die grootheid van Sy Glansrykheid het hulle oë gesien, en die lieflikheid van Sy Stem het hulle oor gehoor.
14 En Hy het vir hulle gesê: Bewaar julle van elke valsheid, en Hy het hulle bevel gegee, elkeen oor sy naaste.
15 Hulle weë was gedurig voor Hom, hulle was nie voor Sy Oë verborge nie.
17 Oor elke volk het Hy ‘n vors aangestel, maar die deel van JaHWeH is JisraEl.
19 Al hulle werke is soos die son voor Hom, en Sy Oë [rus] gedurig op hulle weë.
20 Hulle wetsverbreking is vir Hom nie verborge nie, en al hulle oortredinge is voor die Aangesig van JaHWeH.
22 Die Geregtigheid van ‘n man is soos ‘n seëlring by Hom, en die Medelye teenoor die adamiet bewaar Hy soos ‘n oogappel.
23 Agterna sal Hy opstaan en hulle beloon, en hulle beloning sal Hy op hulle hoofde wend.
24 Nogtans, aan hulle wat berou het, skenk Hy ‘n terugkeer, en Hy is hulle barmhartig wie se hoop vernietig is.
Oproep tot bekering.
25 KEER terug tot JaHWeH en laat ongeregtigheid na, smeek voor SY Aangesig en verminder die ergernis.
26 Wend jou tot JaHWeH en keer jou af van Ongeregtigheid en haat grootliks die gruwelikheid.
27 Wie sal JaHWeH in die Doderyk/Sheol loof in die plek van dié wat lewe en wat majesteit gee?
28 Danksegging verdwyn van die dode soos van een wat nie is nie, [maar] die ware lewende prys JaHWeH.
29 Hoe groot is die dade van Barmhartigheid van JaHWeH en Sy vergiffenis vir hulle wat na Hom terugkeer.
30 Want nie alle dinge kan in die adamiet wees nie, want is die seun van die Adam nie ‘n kind van die Dood nie?
31 Wat skyn meer as die son? Ook hy word duisternis, en [hoeveel te meer die] kwaad wat die neiging van vlees en bloed is?
32 JaHWeH besoek die leërskare in die hoogte, ja, die seuns van die Adam van stof en as.


Hoofstuk 19 Die werke van JaHWeH.

1 HY wat ewig lewe, het alle dinge tesame geskep.
2 JaHWeH alleen is die Regverdige.
4 Wie is in staat om Sy werke te bereken, en wie sal Sy magtige dade ondersoek?
5 Die mag van Sy Grootheid, wie kan dit vertel? en wie kan aan Hom toevoeg om Sy gunsbewyse te bereken?
6 Niemand kan [iets] wegneem en niemand kan toevoeg nie, en niemand kan die wonderbaarlike dinge van JaHWeH ondersoek nie.
7 As die adamiet aan sy einde gekom het, dan het hy eers begin, en wanneer hy rus, dan is hy verslae.
8 Wat is die adamiet en wat is sy doel? Wat is goed of sleg vir hom?
9 Die getal van die dae van die adamiet [is baie] as dit vermeerder het tot honderd jaar.
10 Soos ‘n druppel van die see en ‘n korreltjie sand, so is duisend jaar in die dae van die ewigheid.
11 Daarom was JaHWeH lankmoedig oor hulle en het Hy Sy dade van Barmhartigheid oor hulle uitgestort.
12 Hy het gesien en geweet dat hulle einde besoedeld sal wees, daarom het Hy Sy vergiffenis vermenigvuldig.
13 Die dade van barmhartigheid van die adamiet is teenoor sy naaste, maar dade van Barmhartigheid van JaHWeH [gaan uit] na alle vlees, terwyl Hy vermaan en tugtig en leer en teruglei, soos ‘n herder sy kudde.
14 Oor hulle wat Sy Tug aanvaar, ontferm Hy Hom, en oor hulle wat wakker is oor Sy oordele.

Suiwer dade.
15 MY seun, moenie ‘n klad bring oor jou suiwer dade nie, en by elke geskenk moet jy nie deur ‘n woord smart veroorsaak nie.
16 Breek dou nie die droogte nie? So is ‘n woord beter as ‘n geskenk.
17 Is ‘n woord nie beter as ‘n geskenk nie? Maar hulle albei behoort by ‘n man van vroomheid.
18 ‘n Dwaas verag sonder Barmhartigheid, en die gawe van die afgunstige verwoes die oë.

Bedagsaamheid.
19 LEER voordat jy praat, voor jy siek is, soek ‘n geneesheer.
20 Voor die gereg, ondersoek jouself, en in die tyd van beproewing sal jy vergiffenis vind.
21 Voordat jy struikel, verneder jouself, en in die tyd van oortreding, bekeer jouself.
22 Moenie nalaat om ‘n Gelofte op sy tyd te betaal nie, en moenie wees soos die wat JaHWeH versoek nie. [Númeri 30; Prediker 5:4]
23 Voor jy bid, berei jouself voor, en moenie wees soos een wat JaHWeH versoek nie.
24 Dink aan die Woede op die laaste dag, en in die tyd van wraak aan die verberging van [Sy] Aangesig.
25 Dink aan die tyd van honger in die dae van versadiging, aan armoede en gebrek in die dae van rykdom.
26 Van die môre tot die aand verander die tyd, en alle dinge snel verby voor die Aangesig van JaHWeH.
27 ‘n Wyse man is gedurig versigtig, en in die dae van oortreding gee hy nie aanstoot nie.
28 Elke verstandige ken Wysheid, en aan hom wat Haar gevind het, sal Sy dank betuig.
29 Hulle wat verstandig is in woorde, is ook hulle wat wys handel en wat gepaste raaisels uitspreek.
30 Agter jou begeerte moet jy nie aangaan nie en weerhou jou van jou begeerlike dinge.
31 As jy die begeerte van jou siel volbring, sal die vreugde van die vyand jou vind.
32 Moenie jou verheug oor ‘n weinig weelde nie, want dubbel is sy armoede.
33 Moenie ‘n losbandige en ‘n dronkaard wees nie, of anders sal daar niks in die beurs wees nie.

Hoofstuk 20

1 HY wat dit doen, sal nie ryk word nie, en hy wat die klein dingetjies verag, sal volkome verarm.
2 Wyn en vroue maak die hart wellustig, en hy wat hoere aankleef, sal te gronde gaan.
3 Wurms en maaiers sal hom erf en ‘n ongevoelige siel bring vernietiging oor homself.
4 Hy wat gebrek aan Insig het, is haastig om te vertrou, en hy wat oortree, oortree teen homself.
5 Hy wat hom verheug oor die kwaad, sal vernietig word, hy wat sy tong in toom kan hou, sal lewe sonder struweling;
6 en hy wat geklets haat, sal minder besoedeling hê.

Oor praatjies.
7 MOET nooit ‘n woord herhaal nie, en niemand sal jou van laagheid beskuldig nie;
8 moenie tot vriend of vyand [daarvan] spreek nie, en as dit nie vir jou ‘n oortreding is nie, moet dit nie openbaar nie,
9 dat hy wat jou hoor, jou nie haat en jou as ‘n besoedelde beskou nie.
10 Het jy iets gehoor? Laat dit saam met jou sterwe, wees moedig, dit sal jou nie laat bars nie.
11 Weens ‘n woord verduur die dwaas pyn, soos iemand in barensweë vanweë ‘n kind.
12 Soos ‘n pyl in ‘n vlesige dy steek, so is ‘n woord in die ingewande van ‘n dwaas.

Vermanings teenoor ‘n vriend.
13 VERMAAN ‘n vriend dat hy geen [kwaad] doen nie, en as hy dit gedoen het, dat hy daarmee nie voortgaan nie.
14 Vermaan ‘n vriend dat hy geen [kwaad] praat nie, en as hy gepraat het, dat hy dit nie herhaal nie.
15 Vermaan ‘n vriend, want hoeveel laster is daar nie, en moenie op elke woord staatmaak nie.
16 Daar is iemand wat struikel, maar nie opsetlik nie, en wie het met sy tong nog nie oortree nie?
17 Vermaan die vriend voordat jy [hom] dreig, en gee plek aan die Wet van die Hoogste El.

Wysheid teenoor skranderheid.
20 ALLE Wysheid is die Vrees van JaHWeH, en alle Wysheid is die onderhouding van die Wet en die Kennis van Sy Almagtigheid.
22 Kennis van die kwaad is geen Wysheid, en die raad van die wetteloses is geen Verstandigheid nie.
23 Daar is skranderheid, en dit is ‘n gruwel, en daar is iemand wat dom is, [maar] sonder oortreding.
24 Vrees vir Elohim is beter as ‘n gebrek aan Kennis, as iemand wat baie Kennis het, maar die Gebod van die Hoogste El oortree.
25 Daar is ‘n subtiele [vorm van] skranderheid, maar dit is vals, en daar is iemand wat slinks optree om ‘n regsbeslissing te verkry.
26 Daar is iemand wat geboë [en] bedroef voortgaan, maar in sy binneste is hy vol bedrog.
27 [Daar is] iemand met ‘n neerslagtige gesig wat homself stilhou, maar wanneer hy nie bemerk word nie, kry hy die oorhand oor jou.
28 En [daar is] iemand wat weens gebrek aan mag weerhou word van oortreding, as hy geleentheid vind, sal hy kwaad doen.
29 Uit sy voorkomste word ‘n man geken, en hy wat Insig het, word geken aan sy selfbeheersing.
30 Die kleding van ‘n man en die lag van die tande en die gang van ‘n mens maak hom bekend.

No comments: