Wednesday, September 22, 2010

Odes van Salomo


Die odes van Salomo is sekerlik van die mooiste lofprysinge. Die is ongelukkig nie deel van ons Bybels nie maar kan as los geskrifte bekom word. Die Odes was wel deur die vroeë gemeentes gelees. Hoofstuk 34 som vir my die hele wese van die gelowige kind van Vader op.

Hoofstuk 34

1. DAAR is geen sware weg waar daar ‘n eenvoudige hart is nie, ook nie ‘n belemmering in opregte gedagtes nie;

2. Ook nie ‘n storm in die diepte van ‘n ingeligte denke nie.

3. Waar die man wat deugsaam is, aan elke kant omring is, is daar in hom geen wanklank nie.

4. Die gelykenis wat benede is, is van HOM wat bo is.

5. Want alles is van bo en van benede is niks nie. Maar daar word veronderstel dat daar iets is, deur hulle wat geen Kennis besit nie.

6. Barmhartigheid is geopenbaar vir julle Verlossing: Glo, en leef, en wees verlos.

HalleluJaH / Prys jul JaH!

Monday, September 20, 2010

GEBED


Genadige Vader, verkwik ons deur 'n soete rus,
dat ons mag werk met nuwe lus;
laat ook ons luisterende oor
die nag se diepe wysheid hoor.

Leer ons om deur die lewensdag,
verlangend op U koms te wag;
daar ons in stil vertroue leef
dat U ons al ons skuld vergeef.

Beskerm ons in die bange tyd
van sielsversoeking en van stryd.
Help as die Bose ons bestry,
dat hy oor ons geen voordeel kry.

Bewaar die Gemeente wat nou nog stry,
en wil haar onder stryd verbly;
vertroos die neergeboë hart,
genees die krankes in hul smart.

O Vader,
laat U liefde ons blyk;
o Allerhoogste Elohim,
stuur U vertroosting neer.
Almagtige Vader,
U sy al die eer!

AMEIN.

Friday, September 17, 2010

Sterf ’n Duisend Dode


Hoe dikwels hoor ons nie die woorde wanneer iemand probeer verduidelik hoe skaam hulle was of hoe is hulle nie verneder nie of hulle was so bang dat dit gevoel het hulle sterf ’n duidend dode.

Soms gaan ons as mense baie ligtelik met woorde om sonder om oor die werklike betekenis daarvan te dink.

Waar sou so gesegde vandaan kom? Is daar iemand wat alreeds ’n duisend dode gesterf het en daarvan kon getuig hoe erg dit was? Is die dood werklik vir almal erg? Vir die gelowige is dit wins. Hoe kan dit dan as die uiterste van vernederend beskou word?

Maar daar is een wat onmiddellik in gedagte kom en dit is ons Verlosser Yahshua Messiah.

Het ons al regtig stil gaan staan en die hele gebeure rondom die kruisiging baie mooi bedink. Daar word vinnig aan die mense vertel – Yahshua het vir jou sondes gesterf en om Hom aan te neem as jou Verlosser en Saligmaker verseker jou redding.
Ongelukkig lyk dit vir my is dit ook nie eens deesdae meer ’n voorvereiste nie. Want almal dien mos net ’n God van liefde. Die Elohim van hemel en aarde is ’n regverdige Elohim wat liefhet maar ook wraak neem oor die wat Hom haat.

Dit is noodsaaklik dat ons sal stilstaan en die offer wat Yahshua Messiah gebring het baie mooi oordink.
Ons dink dat Hy vir ons sondes gesterf het en dat dit nie so erg is nie, maar besef ons wat presies gebeur het?

Yahshua die regverdige, die Een wat sonder sonde was, is vasgespyker aan die folterpaal waar jou sondes deel van Hom geword het.
Hy, die Almagtige, het in dié tyd ’n moordenaar, ’n dief, ’n leuenaar, noem maar op geword.

Hy is gestraf asof Hy die sondes gedoen het, want dit is die enigste manier waarop daar volkome versoening gedoen kon word vir jou en my sonde.
Ek en jy se oortredinge het van Hom ’n leuenaar, ’n dief ’n moordenaar gemaak.

Hoe moes ons Redder nie gevoel het op daardie stadium toe Sy Glansrykheid verduister is deur die misdade en oortredinge van Sy kinders nie.

Daarom kan ons miskien tot ’n geringe mate net maar eers begin om te verstaan toe Yahshua die volgende woorde uitgeroep het in Sy angs en verlatenheid.

Matt 27:46 en omtrent die negende uur het JaHWèshua met ’n groot stem geroep en gesê: Eli, Eli, LAMMA AZABAGTANI ? Dit is: My El, My El, waarom het U My verlaat? [Psalm 22:1]

Mark 15: 34 En die negende uur het JaHWèshua met ’n groot stem uitgeroep en gesê: Eli, Eli, LAMMA AZABAGTANI? wat, as dit [uit Aramees] vertaal word, beteken: My El, My El, waarom het U My verlaat? [Psalm 22:1]

Psalm22:1 MY El, My El, waarom het U My verlaat, My Verlossing is ver [van] die woorde van My gebrul?

Yahshua is die enigste wat kon sê dat Hy van YaHWeH verlate is. Sy Glansrykheid en Onbevlektheid is so besoedel deur ons sondes dat Hy vir daardie tyd afgesny was van Yahweh en totaal verlate was.

Gaan dink baie diep oor die offer wat ons Verlosser vir ons gebring het, en pleit die Heilige Gees om u verstand en hart te open om die bitter lyding van die gebeure te verstaan en te begryp.

Thursday, September 16, 2010

In ʼn Geesteswoestyn


So sit in ʼn geesteswoestyn menig siele en ly.
Hul sug en kla: ons wêreld is ʼn leë woesteny.
Niks is meer oor waaroor ons, ons kan verbly.
Ja, so is alles besig, om ons nou onder te kry.

Hul kerm en kla, ja hul roep- O’ God, kyk na my.
Ja, kyk ek is besig om in ʼn donker put af te gly.
Voordat ek my kan kry het Hades my beetgekry.

Ja, so sit in ʼn geesteswoesteny menig siel en ly.
Wat so wanhopig roep: God, bly in my nood by my.
Luister daarom wanneer Hy troos: kyk, Ek is naby.
Luister na Sy raad, wat jou wilde vrese wil bestry.

Vasberade moet jy nou Wysheid en Insig bykry.
Die bose so moedig met al jou teenstand bestry.
Manmoedig moet jy verklaar – met God aan my sy.
Gaan ek die listige lokstem van die wêreld vermy.
Dat dit nooit weer ʼn sonde-houvas op my kan kry.

In my nuutgevonde vryheid sal ek my in Hom verbly.
Ek sal soos ʼn kind, my voorbarig aan Sy voete vly.
Terwyl ek my liefde so oor en oor aan Hom sal bely.
Weet daarom- niemand hoef in ʼn geestewoestyn te ly.
Luister altyd na Sy stem wat sê: kyk, Ek is so naby.

Judith de Beer

Wednesday, September 15, 2010

THE WILL OF YHWH


The will of YHWH will never take you,
Where the grace of YHWH cannot keep you.
Where the arms of YHWH cannot support you,
Where the riches of YHWH cannot supply your needs,
Where the power of YHWH cannot endow you.

The will of YHWH will never take you,
Where the spirit of YHWH cannot work through you,
Where the wisdom of YHWH cannot teach you,
Where the army of YHWH cannot protect you,
Where the hands of YHWH cannot mold you.

The will of YHWH will never take you,
Where the love of YHWH cannot enfold you,
Where the mercies of YHWH cannot sustain you,
Where the peace of YHWH cannot calm your fears,
Where the authority of YHWH cannot overrule for you.

The will of YHWH will never take you,
Where the comfort of YHWH cannot dry your tears,
Where the Word of YHWH cannot feed you,
Where the miracles of YHWH cannot be done for you,
Where the omnipresence of YHWH cannot find you.

-- Author Unknown

Monday, September 13, 2010

Die Arm Man se Skoene


Die jong man, ’n student by die universiteit stap saam met die professor, wat daarvoor bekend was as, die student se vriend. Hy was bekend daarvoor dat hy net goed gedoen het waar hy kom.
Terwyl hulle twee in die wandel paadjie afstap, sien hulle ’n paar ou skoene netjies langs die paadjie gebêre. Die skoene was moontlik van ’n arm man wat in die naby geleë veld gewerk het. Die veld was baie modderig en die arm man het seker nie kans gesien om sy ou skoene te ruïneer deur met dit in die modder te werk nie. Dit was haas uitval tyd en hulle het verwag dat die arm man binnekort sou aankom om sy skoene te kry.

Die student draai na die professor en sê: “Kom ons trek die man ’n streep, ons steek sy skoene weg dan kruip ons in die bosse hier naby weg en kyk na sy reaksie as hy nie sy skoene kan kry nie.”

“My jong vriend,” antwoord die professor, “ons moet onsself nooit vermaak ten koste van die armes nie. Maar jy is ryk, jy kan aan jouself ’n baie groter plesier verskaf deur die armes. Sit ’n muntstuk in elke skoen en dan versteek ons onsself in die bosse en kyk hoe die ontdekking hom affekteer.”

Die student maak toe so en die twee gaan kruip in die naby geleë bosse weg en wag vir die arm man om te kom. Dit was ook nie lank nie voordat hulle die arm man deur die veld aangestap sien kom na die plek waar hy sy skoene gebêre het.

Hy gaan sit op die gras langs die wandelpad en maak sy voete met ’n lappie bietjie skoon voordat hy sy skoene aantrek. Terwyl hy sy een voet in sy skoen steek voel hy iets hards binne die skoen. Hy steek sy hand binne sy skoen om te voel wat dit is en ontdek die muntstuk in die skoen.

Verbasing is op sy gesig geskryf terwyl hy die munt in die rondte draai en seker maak dat dit regte geld is. Hy kyk in alle rigtings om te sien of daar enige omstanders is wat hom dalk ’n poets wou bak, maar niemand was in sig nie. Hy druk die munt in sy sak en gaan voort om die ander skoen aan te trek. Groot was sy verbasing toe hy in die ander skoen ook ’n munt ontdek.
Blydskap oorval die man en hy val op sy knieë terwyl hy ’n dankbaarheids gebed rig tot die Almagtige oor hoe dit hom sal help met sy siek en hulpelose vrou en sy kind wat swaar kry van die honger. Hy dank Vader vir die onbekende hand wat die groot uitkoms aan hom besorg het.

Die student is diep geraak deur die gebeure wat hy sopas waargeneem het en daar is trane in sy oë. “Nou,” sê die professor, “is jy nie nou meer bly jy het die munte in die skoene gesit as die oorspronklike beplande poets van jou nie?

Die jong student antwoord,” Jy het aan my ’n les geleer wat ek nooit in my lewe sal vergeet nie. Ek verstaan en begryp nou eers wat die woorde beteken: “Dit is baie beter om te gee as om te neem....”

Tuesday, September 7, 2010

Kan Jy LIEFDE Installeer?


Klantediens Verteenwoordiger: Kan jy LIEFDE installeer?

Kliënt: Ek kan dit doen. Ek is nie baie tegnies aangelê nie, maar ek dink ek is reg om te installeer.
Wat doen ek eerste?


Kd Verteenwoordiger: Die eerste stap is om jou HART oop te maak. Het jy die ligging van jou HART gevind juffrou?

Kliënt: Ja, ek het, maar daar is ‘n paar programme wat besig is om te hardloop. Is dit in die haak om te installeer terwyl hulle hardloop?

Kd Verteenwoordiger: Watse programme is besig om te hardloop juffrou?

Kliënt: Laat ek gou kyk .... ek het VORIGE-PYN.EXE, LAE-SELFBEELD.EXE, AFGUNS.EXE en WROK.COM wat nou hardloop.

Kd Verteenwoordiger: Gee probleem. LIEFDE sal outomaties VORIGE-PYN.EXE verwyder van die huidige bedryfs stelsel. Dit mag dalk in jou permanete geheue bly, maar dit sal nie langer ander programme omverwerp nie. LIEFDE sal uiteindelik LAE-SELFBEELD.EXE herskryf met sy eie modules genaamd SELFVERTROUE.EXE. Maar jy sal beslis AFGUNS.EXE en WROK.COM moet afskakel. Die programme voorkom dat LIEFDE behoortlik geinstalleer word.
Kan jy die twee programme afskakel, juffrou?

Kliënt: Ek weet nie hoe om hul af te skakel nie. Kan jy my vertel hoe?

Kd Verteenwoordiger: Met groot graagte juffrou. Gaan na die Start menu en roep op VERGIFNIS.EXE. Doen dit soveel kere as nodig totdat AFGUNS.EXE en WROK.COM totaal uitgewis is.

Kliënt: Okay, ek is klaar. LIEFDE het begin om outomaties te installeer. Is dit normaal?

Kd Verteenwoordiger: Ja, dit is. Jy sal ‘n boodskap kry wat lees dat dit geinstalleer word vir die leeftyd van jou HART. Sien jy die boodskap?

Kliënt: Ja, ek doen. Is dit nou heeltemal geinstalleer?

Kd Verteenwoordiger: Ja, maar onthou dat jy slegs die basis program het. Jy moet begin konneksies maak met ander HARTE om jou in staat te stel om gereeld opgraderings te kry.

Kliënt: Oops... ek het alreeds ‘n ‘fout’ boodskap. Wat moet ek doen?

Kd Verteenwoordiger: Wat sê die boodskap.

Kliënt: Dit sê “FOUT 412 – PROGRAM NIE AANPASBAAR MET INTERNE KOMPONENTE NIE.” Wat beteken dit?

Kd Verteenwoordiger: Moenie jou bekommer nie juffie, dis ‘n algemene probleem. Dit beteken dat die LIEFDE program is so opgestel dat dit hardloop op eksterne HARTE maar het nog nie in jou eie HART gehardloop nie. Dit is een van daardie ingewikkelde programmerings dinge, maar in nie-tegniese terme beteken dit dat jy jou eie masjien moet “LIEF” hê voordat dit ander kan “LIEF” hê.

Kliënt: So, wat moet ek doen?

Kd Verteenwoordiger: Kan jy die SELF-AANVAARDINGS gids opspoor?

Kliënt: Ja, ek het dit.

Kd Verteenwoordiger: Pragtig, jy raak nou goed met hierdie ding.

Kliënt: Dankie.

Kd Verteenwoordiger: Dis ‘n plesier. Kliek op die volgende leêrs en kopieer hul na jou “MY HART” gids: VERGEWE-SELF.DOC, SELF-RESPEK.TXT,
BESEF-EIEWAARDE.TXT en MINSAAMHEID.DOC. Die stelsel sal enige teenstrydige leêrs herskryf en begin om enige foutiewe programmering te herstel deur die installering van ‘n ‘patch’ vir die leêr. Jy sal ook die leêr SELF-KRITIEK.EXE moet uitvee uit alle gidse en dan die herwinning blik daarna moet leegmaak om seker te maak dis weg uit die stelsel en dat dit nie weer sal terugkeer nie.

Kliënt: Ek het dit so. Hi! My HART is klaar besig om gevul te word met ‘nice’ leêrs. GLIMLAG.MPG speel tans op my monitor en dit wys dat WARMTE.COM, VREDE.EXE en TEVREDENHEID.COM besig is om oral oor my HART te kopieer!

Kd Verteenwoordiger: Dan is LIEFDE geinstalleer en hardloop. Jy sal nou self in staat wees om dit verder te vat. Net nog een ding voordat ek gaan .....

Kliënt: Ja?

Kd Verteenwoordiger: LIEFDE is gratis-ware. Maak seker dat jy dit met al die ander modules aan almal uitdeel wat jy ontmoet. Hulle sal dit op hulle beurt met ander deel en sodoende sal daar wonderlike modules na jou kant toe kom.

Kliënt: Ek sal. Baie dankie vir jou hulp.