Monday, March 28, 2011

Geestelike Hulp (Puriteinse Gebed)


Ewige Vader, dit is deur U wonderbare liefde, dat U, U geliefde Seun gestuur het om te ly in my plek dat U, U Heilige Gees gestuur het om te onderrig, te vertroos, te lei, U het U engele opdrag gegee om my te omvou soos ’n stadsmuur; die hele skepping sien om na ’n armsalige wurm soos ek. Laat U onsienlike diensknegte toe om voortdurend werksaam te wees ter wille van my en te juig wanneer U genade in my groei. Laat hul nooit toe om te rus totdat my stryd volbring is nie en ek in glorieryke oorwinning staan op die strand van verlossing nie.

Laat tog my geneigdheid tot kwaad, doodsheid tot goeie werke en weerstand teen die beweging van U Gees, U nooit sal beweeg om my te verlaat nie. Mag my verharde hart U genade opwek en nie U wraak nie. Indien die vyand dreig om oor my die oorhand te kry deur my korrupsie, laat dit bekend word dat die Koning van die hemele magtiger is as die magte van die hel, dat die wat vir my is groter is as die wat teen my is.
Hef U hand op tot my hulp deur die rykdom van U seëninge, laat my wei in die weivelde van U versterkende Woord, laat my U vind in die onderwysing van U Skrif.

Indien my afvalligheid besoek word met tugtiging, laat my toe om regstelling te ontvang in sagmoedigheid, om die tugtigende hand te seën, om die motief vir die tugtiging te onderskei, om gou te reageer en terug te keer na die eerste werke van die Gees. Laat my in elke val laer op my knieë daal en wanneer ek opstaan dat dit sal wees om hoër te styg in toewyding tot U. Laat elke foltering wat my pad kruis sal wees tot heiligmaking, elke verlies vir my wins sal wees, elke verwerping van versoeking ’n geestelike voorsprong sal bied, elke donker dag verlig sal word deur U Heilige Gees en elke nag van beproewing ’n lied in my hart sal word.

Amein.

No comments: