Wednesday, April 6, 2011

’n Gebed van JeHôWshua ben Sirah.

Hierdie gebed kom uit die Boek Sirag of ook genoem DIE BOEK EKKLESIASTIKUS:

51 1 EK wil U dank, O JaHWeH en Koning, en Ek wil U loof, O El, My Verlosser. Ek wil U Naam loof,
2 want U het My Siel van die Dood gered, U het My vlees van vernietiging teruggehou, en uit die mag van die Doderyk/Sheol het U My Siel verlos; U het My verlos van die skinderpraatjies van ‘n volk, van die gesel van ‘n tong wat laster en van ‘n lip wat hom wend tot leuens; in die aangesig van hulle wat teen My opstaan, was U aan My kant, U het My gehelp
3 ooreenkomstig die grootheid van U Barmhartigheid uit die strik van hulle wat wag hou oor My struikeling en uit die mag van hulle wat My Siel soek; uit menigvuldige benoudhede het U My verlos
4 en uit die verdrukkinge van die vlam rondom en uit die gloed van die vuur wat [Ek] nie aangeblaas het nie,
5 uit die diepte van die moederskoot van die Doderyk/Sheol, uit bedriegike lippe en die wat met leuens pleister,
6 en [van] die pyle van ‘n bedrieglike tong. En My Siel het geraak aan die Dood, en My lewe tot aan die onderste van die Doderyk/Sheol.
7 En Ek het My na alle kante gewend, maar daar was geen helper vir My nie, en Ek het uitgekyk na een wat ondersteun, en daar was nie.
8 Toe het Ek gedink aan die Ontferming van JaHWeH en aan Sy gunsbewyse wat van ewigheid af is, Hy wat dié red wat op Hom vertrou en wat hulle verlos uit elke verdrukking.
9 En Ek het My Stem van die Aarde af verhef en uit die poorte van die Doderyk/Sheol het Ek om hulp geroep.
10 Toe het Ek na JaHWeH geroep, die Vader, My Meester: My Vader is U, moenie My verlaat in die dag van beproewing, in die dag van woesteny en van verlatenheid nie.
11 Ek wil U Naam voortdurend loof en Ek wil aan U dink in die gebed. Toe het JaHWeH My Stem gehoor en Hy het die Oor geneig tot My smekinge
12 en Hy het My verlos uit elke verdrukking en Hy het My gered uit die dag van beproewing. Daarom wil Ek dank en loof en wil Ek die Naam van JaHWeH prys.

No comments: