Monday, April 11, 2011

Sy Naam is Wonderbaar.

Eens vanuit die hemele is die lewende Woord gebaar.
Om so die ewige lewe vir ons in Elohim te kan bewaar.
So kom die Seun van die mens, Sy Naam is Wonderbaar.
Oor die see van Galilea het Hy met Sy skuitjie kom vaar.
Om die Brood te kom breek- en die onkunde op te klaar.
Hy het Hades, ook die doderyk oorwin as die Veroweraar.
Om so Elohim se eiendom vir die ewigheid te kom bewaar.
Sodat Satan se versoekinge vir ewig voor hulle sou bedaar.
Drup suiwer genesing op Golgota vanuit die Goddelike aar.

In die Lig wat in die doderyk inskyn- staan YaHshua daar.
Hy wink ʼn sondaar nader ook ʼn hoer en selfs ʼn tollenaar.
Ja, ook vir jou en vir my, die wink Hy nader so wonderbaar.
Hy roep: kyk, julle staan rein en genees- Ek sê dit voorwaar.
Julle juk het Ek gebreek- julle sondelas is nie meer swaar.
In die wedergeboorte staan Ek en jy al nader aan mekaar.
Ja, in Liefde en Waarheid raak Ons ʼn onafskeidbare Paar.
Ons in oorwinning oor Satan, die aanklaer, as sy veroweraar.
Om nooit weer te luister, ja, na sy aanklag of kommentaar.

Eens het My geliefdes- My treurig na die hemele sien vaar.
Maar Ek het beloof hulle sal My weer op die wolke gewaar.
My Gees het Ek by hulle agtergelaat sodat hul kon bedaar.
So word weer vanuit die hemele My lewende Brood gebaar.
Sodat My kudde My in die liefde van hulle harte kan gewaar.
In hulle wedergeboorte weet hulle- Ek leef in hulle voorwaar.
Om die ewige lewe so deur hulle- in Elohim self te bewaar.
So kom die Seun van die mens en Sy Naam is Wonderbaar.
Judith de Beer
Donderdag 06:30

No comments: