Thursday, April 21, 2011

Die Messiaanse Pesach vs die Roomse Paasfees (Easter)


Springende paashasies, gekleurde eiers, sjokolade hasies en eiers, ens. Is dit die indruk wat jy of dalk jou kinders van Paasfees, of eerder die Pesach (uitgespreek "PÉÍ-SAG"), het?

Nog ‘n briljante kaping, van ‘n oorspronklike Hebreeuse en Messiaanse fees, deur Satan op sodanige wyse dat elkeen maar te gretig is om deel te neem. Nog ‘n blatante belediging en klap in die gesig van ons Vader YHWH, en Verlosser Yahshua. Hoe is dit alles moontlik? Waar kom dit alles vandaan? Is daar bewyse vir sulke stellings? Ons sal alles stelselmatig deurwerk. Duidelik uitwys waar dit vandaan kom. Ons sal baie beslis die nodige Skriftuurlike sowel as ander bewyse lewer.

Vir duidelikheid sal ons Pesach (Hebreeus) of Pasga (Grieks) gebruik vir die Fees van YHWH en Paasfees (Easter) vir die heidense fees.

Oorspronklike Hebreeuse Pesach

Kom ons begin om die wortels van die feeste van nader te bekyk. Die Pesach is deur YHWH self ingestel met die verlossing en uittog van Sy volk Jisra'el, uit Mitsrajim (Egipte). Ons vind reeds in Exodus 12 dat YHWH die Pasga instel. Vanaf vers 1 tot 11 word die opdrag aan Moses uitgespel oor hoe die lam eenkant gehou moet word vir vier dae. Hoe dit geslag en gaargemaak moet word en ook hoe dit geëet moet word. YHWH sluit af met die woorde: ”’n Pasga van YHWH is dit.” Dit is ‘n gedenkdag vir YHWH, ‘n Sabbat!

Exodus 12 gaan dan voort en beskryf die fees van die ongesuurde brode wat deel vorm van die Pasga. ‘n Fees van sewe dae. Die eerste dag weereens ‘n Sabbat sowel as die sewende. Exodus 12 brei dan verder uit op wie aan die Pesach mag deel hê en wie nie.

Ons vind dit weereens opgeteken in Levitikus 23 vanaf vers 5. In Numeri 9 vers 1 tot 14 is addisionele regulasies vir reisigers en mense wat onrein sou wees op die bepaalde tyd. In Numeri 28 vers 16 en Deuteronomium 16 vind ons weereens die volle opdrag t.o.v. die Pesach Dit word ook kortliks herhaal in Esegiël 45:21. Daar is dus geen twyfel oor die wyse waarop YHWH die Pesach ingestel het nie en nog minder wat Sy bedoeling daarmee was.

Die Skrif stel dit as volg:

En YHWH het met Moshe en Aharon in Mitsrajim gepraat en gesê:

Hierdie maand moet vir julle die begin van die maande wees; dit moet vir julle die eerste van die maande van die jaar wees. Praat met die hele vergadering van Jisra'el en sê: Op die tiende van hierdie maand moet hulle elkeen 'n lam neem volgens die families, 'n lam vir 'n huisgesin. ... Julle moet 'n lam hê sonder gebrek, 'n jaaroud rammetjie. Van die skape of van die bokke kan julle dit neem. En julle moet dit in bewaring hou tot die veertiende dag van hierdie maand; en die hele vergadering van die gemeente van Israel moet dit slag teen die aand. En hulle moet van die bloed neem en dit stryk aan die twee deurposte en aan die bo-drumpel, aan die huise waarin hulle dit eet. En hulle moet die vleis in dieselfde nag eet, oor die vuur gebraai; saam met ongesuurde brode moet hulle dit met bitter kruie eet. ..., maar oor die vuur gebraai, die kop en pootjies saam met die binnegoed. Julle mag daar ook niks van laat oorbly tot die môre toe nie; maar wat daarvan tot die môre oorbly, moet julle met vuur verbrand. En só moet julle dit eet: Julle heupe moet omgord wees, julle skoene aan jul voete en julle staf in jul hand; baie haastig moet julle dit eet. 'n Pesach van YHWH is dit. Want Ek sal in hierdie nag deur die land van Mitsrajim trek en al die eersgeborenes in die land van Mitsrajim tref, van mense sowel as van diere. En Ek sal strafgerigte oefen aan al die gode van Mitsrajim, Ek, YHWH. Maar die bloed sal vir julle 'n teken wees aan die huise waarin julle is: as Ek die bloed sien, sal Ek by julle verbygaan. En daar sal geen verderflike plaag onder julle wees wanneer Ek die land van Mitsrajim tref nie. En hierdie dag moet vir julle 'n gedenkdag wees, en julle moet dit as 'n fees tot eer van YHWH vier. Julle moet dit in julle geslagte as 'n ewige insetting vier. Sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet; alreeds op die eerste dag moet julle die suurdeeg uit julle huise verwyder. Want elkeen wat gesuurde brood eet, van die eerste dag af tot die sewende toe, dié siel moet uit Israel uitgeroei word. En op die eerste dag moet daar 'n heilige samekoms wees; ook op die sewende dag moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees. Daar mag géén werk op dié dae gedoen word nie; net wat deur elkeen geëet moet word, dit alleen mag deur julle berei word. Onderhou dan die ongesuurde brode, want op daardie selfde dag het Ek julle leërs uit die land van Mitsrajim uitgelei. Daarom moet julle hierdie dag in julle geslagte as 'n ewige insetting hou. In die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, in die aand, moet julle ongesuurde brode eet, tot op die een en twintigste dag van die maand, in die aand. Sewe dae lank mag daar geen suurdeeg in julle huise gevind word nie. Want elkeen wat iets eet met suurdeeg in, dié siel moet uit die vergadering van Israel uitgeroei word, of hy al 'n vreemdeling is of 'n kind van die land. Julle mag niks eet met suurdeeg in nie. In al julle woonplekke moet julle ongesuurde brode eet. (Shem/Exo 12:1-20)

Onderhou die maand Abib en hou pasga vir YHWH jou Elohim; want in die maand Abib het YHWH jou Elohim jou in die nag uit Mitsrajim uitgelei. En jy moet vir YHWH jou Elohim as pasga kleinvee en beeste slag, op die plek wat YHWH sal uitkies om sy Naam daar te laat woon. Jy mag geen gesuurde brood daarby eet nie; sewe dae lank moet jy ongesuurde brode daarby eet, brood van ellende--want baie haastig het jy uit die land van Mitsrajim uitgetrek--sodat jy al die dae van jou lewe die dag van jou uittog uit die land van Mitsrajim in gedagtenis kan hou. En daar mag by jou sewe dae lank geen suurdeeg in jou hele grondgebied gesien word nie; ook mag niks van die vleis wat jy die eerste dag in die aand slag, tot die môre toe oorbly nie. Jy mag die pasga nie slag in een van jou poorte wat YHWH jou Elohim aan jou gee nie. Maar op die plek wat YHWH jou Elohim sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, moet jy die pasga slag, in die aand teen sononder, op die tyd van jou uittog uit Mitsrajim. Dan moet jy dit kook en eet op die plek wat YHWH jou Elohim sal uitkies; daarna moet jy in die môre omdraai en na jou tente gaan. Ses dae lank moet jy ongesuurde brode eet, en op die sewende dag is daar 'n feestyd vir YHWH jou Elohim; dan mag jy geen werk doen nie. (Deb/Deu 16:1-8)


Let wel: in Deuteronomium is die vertaling foutiewelik KOOK. Dit behoort GEBRAAI te wees soos in Shemot / Exodus. Die woord wat gebruik word kan kook of braai beteken – in werklikheid: gaarmaak. Shemot dui egter die regte manier aan.

Die oorsprong van ‘Easter’

Daar is baie moontlikhede wat hier ondersoek kan word. Om nie van eensydigheid beskuldig te word nie kan ons kyk wat Microsoft Encarta 97 daaroor sê:

Easter, a Christian festival, embodies many pre-Christian traditions. The origin of its name is unknown. Scholars, however, accepting the derivation proposed by the 8th-century English scholar St. Bede, believe it probably comes from oastre, the Anglo-Saxon name of a Teutonic goddess of spring and fertility, to whom was dedicated a month corresponding to April. Her festival was celebrated on the day of the vernal equinox; traditions associated with the festival survive in the Easter rabbit, a symbol of fertility, and in colored easter eggs, originally painted with bright colors to represent the sunlight of spring, and used in Easter-egg rolling contests or given as gifts.

Such festivals, and the stories and legends that explain their origin, were common in ancient religions. A Greek legend tells of the return of Persephone, daughter of Demeter, goddess of the earth, from the underworld to the light of day; her return symbolized to the ancient Greeks the resurrection of life in the spring after the desolation of winter. Many ancient peoples shared similar legends. The Phrygians believed that their omnipotent deity went to sleep at the time of the winter solstice, and they performed ceremonies with music and dancing at the spring equinox to awaken him.

‘n Gesaghebbende op die ondersoek van die Babiloniese oorsprong van die Roomse Kerk tradisies is natuurlik Alexander Hislop. In sy boek ‘The Two Babylons’ beskryf hy dit as volg:

Then look at Easter. What means the term Easter itself? It is not a Christian name. It bears its Chaldean origin on its very forehead. Easter is nothing else than Astarte, one of the titles of Beltis, the queen of heaven, whose name, as pronounced by the people Nineveh, was evidently identical with that now in common use in this country. That name, as found by Layard on the Assyrian monuments, is Ishtar.

Semiramis en Astarte is een en dieselfde. Ook Oestre kan op die ou einde terug gevoer word na Semiramis. Die idee dus om te wil sê dat die oorsprong onbekend is, is werklik belaglik. Die inligting is beskikbaar. Dit moet net gelees word.

Op dieselfde wyse wat Rome soveel ander heidense feeste (soos die Sabbat met Sondag vervang) probeer omskep het deur dit ‘n te ‘verchristelik’ het hulle ook met Pesach gedoen. ‘n Lid van die Vergadering van YHWH kan en mag hom (haar) nie met hierdie sondige fees van Semiramis (Easter) ophou nie.

En die seuns van Aäron, Nadab en Abíhu, het elkeen sy vuurpan geneem en vuur daarin gegooi en reukwerk daarop gesit en vreemde vuur voor die aangesig van YHWH gebring, wat Hy hulle nie beveel het nie. Daarop het daar vuur van die aangesig van YHWH uitgegaan en hulle verteer, en hulle het gesterwe voor die aangesig van YHWH. (Waj/Lev 10:1,2)

Maar Elohim het Hom afgewend en hulle oorgegee om die leër van die hemel te dien, (Han 7:42)

Ek haat, Ek versmaad julle feeste en het geen welgevalle aan julle feestye nie. (Amos 5:21)

Het julle aan My slagoffers en spysoffers gebring veertig jaar lank in die woestyn, o huis van Israel, en ook gedra Sakkut, julle koning, en Kewan, julle beelde, julle stergod wat julle vir julle gemaak het? Daarom sal Ek julle anderkant Damaskus in ballingskap wegvoer, sê YHWH wie se Naam Elohim van die leërskare is. (Amos 5:25-27)


Ons sien duidelik dat YHWH nie iets duld wat Hy nie beveel het nie. Nog minder duld Hy enige vermenging van aanbidding tot Hom met enige van die heidense godsdienste. Dit is ‘n kwessie van alles of niks.

Die Messiaanse Pesach

En op die eerste dag van die ongesuurde brode kom die dissipels na Yahshua en sê vir Hom: Waar wil U hê moet ons vir U klaarmaak om die pasga te eet? En Hy antwoord: Gaan na die stad na 'n sekere iemand en sê vir hom: Die Meester laat weet: My tyd is naby. By jou sal Ek die pasga hou met my dissipels. Daarop het die dissipels gedoen soos Jashua hulle beveel het, en hulle het die pasga berei....En terwyl hulle eet, neem Jashua die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam. Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit. Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament (verbond), wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes. Maar Ek sê vir julle: Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink in die koninkryk van my Vader. (Matt 26:17-19;26-29)

Sien ook Mar 14:12-15;22-25 en Luk 22:7-20

Want ek het van die Meester ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het, dat die Meester Yahshua in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het; en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis. Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis. Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Meester totdat Hy kom. (1 Kor 11:23-26)

Yahshua het volgens die wet die Pasga gevier en het nie enigsins iets verander nie. Hy het wel addisionele betekenis aan die Pasga tekens gegee. Hy was die Lam wat geslag is op die Pasga in die plek van die gewone lammers. Hy het opdrag gegee dat ons Sy dood sal verkondig deur die gebruik van die Brood en die Wyn by die Pesachviering!

Die Apostels het die Pasga bly vier en ons sien duidelik dat Sha'ul (Paulus) gretig was om in Jershalajim (Jerusalem) te kom om die feeste te vier (Hand 18:21; 20:16). Die Pasga is dus vir ons dieselfde fees wat Yahshua gevier het en nie die verskuifde Easter van die songod nie!

Wat is dus ons Skriftuurlike verpligting? Om terug te keer na die oorpronklike Pesachviering soos Yahshua dit gedoen het voor Sy dood. Om onsself weg te keer van die fees van die hemelkoningin. Om nie haar fees saam met die Roomse kerk te vier nie. Om beslis nie die Pasga saam op dieselfde tyd te vier nie!

No comments: