Thursday, March 3, 2011

Genade in Beproewing (Puriteinse Gebed)


Vader van genade, hoor my terwille van Yahshua. Ek is vol sonde, selfs in my naaste wandel met U; dit is deur U genade dat ek nie reeds vernietig is nie; U genade is my geskenk deur U folter dood, waardeur ek aan U verbind is en U met my; U het my getrek deur U grote liefde en U beskou my as onskuldig in Yahshua Messiah.

Gewer van alle genadegawes, ek kyk na U vir krag om die gawes in my te onderhou, want dit is moeilik om uit te leef wat ek glo. Versterk my teen die versoekinge. My hart is ’n onuitputbare bron van sonde, ’n rivier van bederwing sedert my kinderdae, wat vloei in al my doen en late; U het my ontneem van alles waarin ek vertrou het en ek het geen krag behalwe in U.

U alleen kan my weerhou van die sondige weë, maar sonder U genade om my te onderhou struikel en val ek. Satan se pyle ontvlam gou in my binneste en die skild wat die vuur maklik moes blus val uit my hande. Gee my krag om staande te bly teen sy versoekinge en aanvalle. Hou my bewus van my swakheid en van my afhanklikheid van U krag. Laat elke beproewing my meer leer van U vrede, meer van U liefde.

U Heilige Gees is gegee om die genadegawes in ons te vermeerder en ek kan hul nie behou of ten volle toepas tensy U Gees voortdurend in my werk nie. Laat U Gees in my bevestig die vertroue in U hulp en laat my nederig wandel in diepe afhanklikheid voor U. In die naam van Yahshua Messiah pleit ek dit.

No comments: