Tuesday, March 8, 2011

Suiwering (Puriteinse Gebed)


Koning Yahshua Messiah, ek het gesondig. Laat my toe om nooit op te hou treur oor my sondigheid, nooit met myself tevrede sal wees nie, nooit kan dink dat ek ’n punt van perfeksie kan bereik het nie. Vernietig my selfsugtigheid, gebied my tong, verbreek die eie ek wat in my wil heers. Skenk my genade om heilig te wees, goedhartig, sagmoedig, suiwer, vredeliewend, om te leef vir U en nie vir myself nie. Om U woorde, dade en Gees na volg, om verander te word na U beeld en gelykenis, om geheel toegewy te wees aan U en slegs te leef vir U Glorie.

Verlos my van die verknogtheid aan dit wat onrein is, van verkeerde assosiasies, van die oorheersing deur vleeslike begeertes en die soetigheid van die sonde. Dat ek met self ondersoek, diepe bedroefdheid en ’n ernstige harts ondersoek na U sal kom en myself voor U genade werp, volkome in U glo en verlos sal word deur U.

O YaHWeH, die Ewige Lewende, help my om te weet dat alle dinge maar skaduwees is maar U is substansie, alle dinge is dryfsand, maar U is die berg, alle dinge verander maar U is die anker, alle dinge is dwaasheid maar U is wysheid.

As my lewe ’n vuurvaste houer moet wees te midde van die brandende oond, laat dit so wees, maar staan U by die opening van die oond en hou oor my die wag sodat slegs die loog van my verwyder word en niks van die inhoud nie. As ek teen U sondig verwyder in genade van my die geween en vul my met U lering, verwyder van my die roukleed en klee my met genade. Maak my sugte stil en vul my mond met lofprysinge vir U.
Laat my jubel in die heerlikheid van U volmaakte Liefde.

Amein

No comments: