Monday, February 9, 2009

Roepstem van die Barmhartige Liefde …


Ek is die Vonk in jou
Wat jou lewe vashou
Uit My spruit jy voort
Hier in jou hart is waar Ek hoort
Liewe kind, liefling kind
As jy maar kon weet jy kan My maklik vind
As jy dink aan iemand wat jou hart versag
Een van wie jy hou wat jou hart laat lag
Daardie sagte gevoel, nederig en warm
Wat sê dis die een wat jy wil omarm
Wat is daar in daardie persoon
Wat veroorsaak dat jy hom of haar nooit wil verloon
Dis die uniekheid en wese van daardie mens
Die deur-Liefde geskape wonder sonder grens
Dis in die oog, in die stem, in die woorde en die voel
Ons is vir mekaar bedoel
Om te help en te versorg, te troos en te dien
Dis ware liefde wat die oog laat sien
Ek is diep in die hart van elkeen wat My dra
Barmhartige Liefde wat niks van jou vra
Behalwe dat jy My sal dra
En dat jy My uit sal deel
Ek wil harte heel
Ek wil gee en versorg, koester en verbly
Ware Liefde, Wie jy onbeperk kan kry
As jy verenig met My
Deur jou keuse so vry
Dan het jy Die Messias gekry
O liefling van My
Jesus is Hy.

Deur my vriend Ernst

No comments: