Wednesday, February 18, 2009

Die Twee Broers en die Koring


Twee broers het saam gewerk op die familie plaas. Die een was getroud met ’n groot gesin. Die ander was ’n alleenloper sonder ’n gesin. Op die ou end het die twee broers alles eweredig gedeel, produkte en die wins.

Eendag dink die alleenloper broer by homself, “Dit is nie reg dat ons alles eweredig deel nie, die produkte en die wins. Ek is alleen en my behoeftes is baie minder as my broer sin. Hy moet beslis ’n groter behoefte aan die produkte hê, met sy vrou en kinders in die huis.” So, elke aand het hy ’n sak koring geneem van sy stoor, oor die veld gesluip tussen die twee huise deur en die koring in sy broer se stoor geplaas.

Intussen het die getroude broer by homself gedink, “Dit is nie regverdig dat ons die produkte en wins eweredig verdeel nie. Per slot van rekening, ek is getroud en het ’n vrou en kinders wat na my kan omsien in die jare wat kom. My broer het niemand wat in die toekoms na hom sal kan omsien nie en hy moet voorsiening maak vir sy oudag sodat hy iemand kan vergoed om hom te versorg.”
So, elke aand neem hy ’n sak van sy koring en gaan gooi dit in sy broer se stoor.

Beide mans was vir baie jare verbaas omdat hulle voorraad koring nooit minder raak nie. Toe een donker nag loop die twee broers inmekaar vas, elkeen met ’n sak koring op sy rug.

Stadig het hulle besef was gebeur het. Hulle het al twee hul sakke op die grond gegooi en mekaar omhels.

No comments: