Friday, June 27, 2008

Kinders se Definisie van Liefde


‘n Groep slim geleerde mense het die volgende vraag aan ‘n klompie kinders tussen die ouderdom 4 en 8 gestel, “Wat beteken liefde? Die antwoorde wat hulle gekry het was baie wyer en dieper as wat hulle kon besef. Wat dink jy daarvan:

“Toe my ouma artritis gekry het, kon sy nie meer af buk om haar toonnaels te verf nie. My oupa het dit die heeltyd vir haar gedoen, selfs toe hy artritis in sy hande gehad het. Dis liefde.” Rebecca – 8

“Wanneer iemand vir jou lief is, is die manier waarop hulle jou naam uitspreek anders. Jy weet dat jou naam veilig is in hulle mond.” Billy – 4

“Liefde is wanneer ‘n meisie parfuum aansit en die seun naskeermiddel en hulle gaan uit en ruik mekaar.” Karl – 5

“Liefde is wanneer jy saam met iemand gaan uiteet en jy die meeste van jou chips vir hom sonder dat hy van syne vir jou gee.” Chrissy – 6

“Liefde is dit wat jou laat glimlag terwyl jy moeg is.” Terri – 4

“Liefde is wanneer my mammie koffie maak vir my pappie en sy vat eers ‘n slukkie daarvan voordat sy dit vir hom gee om seker te maak dit proe lekker.” Danny – 7

“Liefde is wanneer jy die hele tyd soen. Dan wanneer jy moeg gesoen is wil julle nog steeds bymekaar wees en julle praat nog. My mammie en pappie is so. Hulle lyk gross as hulle soen.” Emily – 8

“As jy wil leer om beter lief te hê, behoort jy met ‘n vriend te begin wat jy haat.”
Nikka – 6

“Daar is twee tipes liefdes. Ons liefde en God se liefde. Maar God maak altwee van hulle.” Jenny – 8

“Liefde is wanneer jy vir ‘n outjie sê jy hou van sy hemp en hy dan die hemp elke dag dra.” Noelle – 7

“Liefde is soos ‘n ou vroutjie en ou omie wat steeds vriende is nadat hulle al mekaar so lank ken.” Tommy – 6

“My mammie het my die meeste lief van almal. Jy sien nie enige iemand anders wat my ‘n goeie nag soentjie gee nie.” Clare – 6

“Liefde is wanneer mamma vir pappa die beste deel van die hoender gee.: Elaine – 5

“Liefde is wanneer mamma vir pappa sien wanner hy vol sweet is en sleg ruik en steeds sê hy is meer aantreklik as Robert Redford.” Chris – 7

“Liefde is wanneer jou klein hondjie jou gesig lek van blydskap al het jy hom die hele dag alleen by die huis gelos.” Matty Ann – 4

“Ek weet my ouer sussie is lief vir my want sy gee vir my al haar ou klere en moet dan spesiaal uitgaan om vir haar nuwes te gaan koop.” Lauren – 4

“Liefde is wanneer mamma vir pappa op die toilet sien en nie dink dis gross nie.”
Mark – 6

“Jy moet regtig nie vir iemand sê ‘Ek is lief vir jou’ nie tensy jy dit bedoel nie. Maar as jy dit bedoel moet jy dit baie kere sê. Mense vergeet.” Jessica – 8

Skrywer en lektor Leo Buscaglia was eenkeer gevra om ‘n kompetisie te beoordeel. Die doel van die kompetisie was om die mees sorgsame kind te vind. Die wenner was ‘n vier jaar oue seuntjie wie se buurman, ‘n bejaarde ou man was, wat onlangs sy vrou aan die dood afgestaan het.
Toe hy die man sien huil in sy agterplaas, het die jong knapie na die buurman toe gegaan en op sy skoot geklim en net daar gesit. Toe sy moeder hom vra wat het hy vir die buurman gesê antwoord die knapie, “Niks nie, ek het hom net gehelp huil.”

2 comments:

Anonymous said...

liefde .....is iets wat tussen jou en iemand is soos n ou en meisie ,liefde is as jy regtig daai iemand met jou hele har lief het en vir hom of haar baie omgee,liefde is soos om vir iemend te se ;ek is lief vir jou ! liefde is baie ,en...liefde is om nooit op te hou lief he nie.

Anonymous said...

liefde is die kamaraatskap tussen mekaar.waar die een te kort skiet vul die ander een hom aan dit is liefde