Wednesday, June 4, 2008

God se Antwoorde


Vir al die negatiewe dinge wat ons daagliks vir onsself sê, het God elke keer ‘n positiewe antwoord.

Jy sê: “Dis onmoontlik”
God sê: Alle dinge is moontlik (Luk 18:27)

Jy sê: “Ek is te moeg”
God sê: Ek sal jou rus gee (Mat 11:28)

Jy sê: “Niemand het my regtig lief nie”
God sê: God het jou lief (Joh. 3:16)

Jy sê: “Ek kan nie aangaan nie”
God sê: My genade is vir jou genoeg (II Kor. 12:9)

Jy sê: “Ek kan dinge nie verstaan nie”
God sê: Vertrou My en nie jou eie insig nie (Spr. 3:5)

Jy sê: “Ek kan dit nie doen nie”
God sê: Jy is tot alles in staat deur Christus (Phil 4:13)

Jy sê: “Dit is nie die moeite werd nie”
God sê: Alles sal ten goede meewerk (Rom 8:28)

Jy sê: “Ek kan myself nie vergewe nie”
God sê: EK VERGEWE JOU (1 Joh. 1:9)

Jy sê: “Ek kan nie in my behoeftes voorsien nie”
God sê: Ek sal in al jou behoeftes voorsien (Fil. 4:19)

Jy sê: “Ek is beangs”
God sê: Ek het jou nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie. (2 Tim 1:7)

Jy sê: “Ek is altyd bekommerd en gefrustreerd”
God sê: Werp al jou bekommernisse op My (1 Pet 5:7)

Jy sê: “Ek het nie genoeg geloof nie”
God sê: Na maat het Ek geloof aan jou toebedeel (Rom 12:3)

Jy sê: “Ek is nie wys genoeg nie”
God sê: As jy My vrees het jy reeds die beginsel van kennis (Spr. 1:7)

Jy sê: “Ek soms so alleen”
God sê: Ek sal jou nooit begewe of verlaat nie (Heb 13:5)

Yahweh is goed, ‘n toevlug in die dag van benoudheid, en Hy ken die wat by Hom skuil. (Nah 1:7)

No comments: