Thursday, June 19, 2008

Die Varing en die Bamboes



Daar was ‘n man wat besluit het om moed op te gee……hy het sy werk opgegee, sy verhouding, sy geloof…..hy wou opgee op die lewe self.
Hy het na die woud gegaan om ‘n laaste keer met God te praat.

Hy het gesê, “God, kan U my een goeie rede gee hoekom ek nie moed op moet gee met alles nie?”

God se antwoord het hom verras.

“Kyk om jou heen,” sê Hy. “Sien jy die varing en die bamboes?”

“Ja,” het hy geantwoord.

“Toe Ek die varing en die bamboes saadjie geplant het, het ek hulle baie goed versorg. Ek het hulle lig gegee. Ek het hulle water gegee. Die varing het baie vinnig uitgeloop en sy helder groen blare het vinnig die woud vloer gedek. Maar, niks het gebeur met die bamboes saadjie nie.”

“In die tweede jaar het die varing net nog weliger en mooier gegroei. En steeds, het nog niks gebeur met die bamboes saadjie nie. Maar Ek het nie moed opgegee met die bamboes saadjie nie.”

“In jaar drie het daar nog steeds niks gebeur met die bamboes saadjie nie. Maar steeds het ek nie moed opgegee nie. Dieselfde het gebeur in jaar vier.”

“In die vyfde jaar het daar ‘n klein uitloopseltjie verskyn”.

“In vergelyking met die varing was dit klein en onbenullig.”

“Maar binne slegs ses maande was die bamboes oor die dertig meter lank gewees.”

“Die bamboes het die eerste vyf jaar gebruik om wortels te groei. Die wortels het dit sterk gemaak en aan die bamboes gegee wat nodig is om te oorleef sodra dit eers uitspruit.
Ek sal aan geeneen van My skeppings ‘n uitdaging gee wat hy nie kan hanteer nie.”

“Het jy geweet, My kind, dat die hele tyd wat jy so vreeslik gesukkel het, was jy eintlik besig om wortels te groei? Ek sal nie moed opgee met die bamboes nie … hoeveel te meer sal Ek nooit moed opgee met jou nie.”

Hy het aan die man gesê, “Moenie jouself met ander vergelyk nie. Die bamboes het ‘n ander doel gehad as die varing. Maar steeds maak hul altwee tesame die woud pragtig.”

“Jou tyd sal kom en dan sal jy hoog groei.”

Die man het gevra, “Hoe hoog sal ek moet groei ?”

In antwoord het God gevra, “Hoe hoog sal die bamboes groei?”

“So hoog soos wat hy kan?” het die man gevra.

Vader het geantwoord, “Ja, gee aan My glorie deur te groei so hoog soos wat jy kan.”

Die man het die woud verlaat met die diepe besef dat God nooit met hom moed sal opgee nie. Hy sal ook nooit moed opgee met enige iemand anders nie.

Moet nooit ‘n dag in jou lewe berou nie.

Goeie dae verskaf aan jou vreugde en swak dae gee an jou ondervinding: albei is noodsaaklik vir lewe.

No comments: