Tuesday, June 17, 2008

Obstruksies


‘n Koning het eenmaal ‘n groot rotsblok op die pad na die mark laat plaas. Hy het homself langs die pad versteek om te sien of iemand die obstruksie uit die pad sou probeer kry.
Van die koning se rykste handelaars en hof dienaars het daar verby gekom maar hulle het net om die obstruksie geloop sonder om enige poging aan te wend om die obstruksie uit die pad te kry. Baie van hulle het luidkeels gekla dat die koning niks doen om die paaie van die koninkryk vry te hou van sulke obstruksies nie.

‘n Arm man het verby gekom met sy vrag groente vir die mark. Hy het sy vrag eenkant neergesit en vir homself gesê, “Mens sal met ‘n vrag langs die obstruksie kan verby maar dis baie ongerieflik en gevaarlik. Ek sal probeer om die rots uit die pad te skuif want dit sal die pad baie veiliger maak vir al die reisigers en die ander verkopers van my dorpie wat nog mark toe moet kom.”
Na ‘n vreeslike gesukkel en gestoei het hy uiteindelik die rots verskuif tot aan die kant van die pad.

Toe die arm man weer sy vrag groente optel sien hy ‘n beurs lê waar die rots was. Die beurs was vol goue munte en ‘n briefie van die koning wat aandui dat die munte is vir die persoon wat die rots uit die pad uit skuif.

Die arm man het geleer wat baie ander nooit kan verstaan nie. Elke obstruksie bied ‘n geleentheid om jou eie en die rondom jou se omstandighede te verbeter.

1 comment:

Anonymous said...

Pragtige stukkie Gelofteboer. Baie dankie dat ons weer op hierdie manier herinner kan word dat ons self iets omtrent sake kan doen en dit nie altyd vir ander hoef te los nie. Die beloning sal nie noodwendig altyd 'n sak vol goue munte wees nie maar wel bevredigend.