Friday, July 9, 2010

"Geheim Dag"


“Ek gaan dit ’n geheim hou,” sê die kleine Annetjie terwyl sy langs haar bed kniel en haar aand gebed doen. Moeder was buite haar kamerdeur toe sy die gesprek hoor tussen haar dogter en Yahweh.

Dit is deur die weerman voorspel dat dit ’n redelik gemiddelde lente dag gaan wees. Maar die voorspelling was baseer op wetenskaplike feite en nie die gebede van ’n klein dogtertjie nie. Want teen die einde van die andersins normale lente dag, sou dit ’n glorieryke dag wees.

Mamma en pappa is vroeg op soos gewoonlik om reg te maak vir werk. Soos enige ander dag strompel hulle nog effe deur die slaap in die kamer rond om al hul goedjies bymekaar te kry en reg te maak vir werk. Soos robotte volg hulle die daaglikse roetine.

Terwyl mamma in die stort klim kry sy ’n nota wat teen die muur vasgeplak is. Sy maak die briefie oop en binne in is daar met kleurvolle vetkryte geskryf “Jy word bemin!”. Pappa kom toe ingestap in die badkamer en sê, “Ek het die briefie in my kouse laai gekry.” Hulle ruil briefies uit.

“Het jy hierdie saam met haar beplan?” vra hy.

“Nee, ek het nie. Duidelik moes sy hierdie op haar eie gedoen het” antwoord sy.

Hulle al twee stap na Annetjie se kamer en terwyl hulle instap tref hulle haar aan, klaar aangetrek en reg vir skool.

Dit was ’n skok vir hulle want gewoonlik neem dit eers ’n paar probeerslae om haar sovêr te kry om op te staan en aan te trek.

“Dit was so wonderlike verassing.” se moeder terwyl sy met die twee briefies in haar hand staan.

“Watse verassing?” vra Annetjie.

“Die twee briefies wat jy vir ons gelos het,” antwoord pappa.

Terwyl sy die twee briefies neem sê sy, “Ek het dit nie gedoen nie.”

“Wel, wie het dit dan gedoen?” vra mamma.

“Ek raai dis seker ’n geheim,” antwoord sy terwyl sy sukkel om die klein laggie te onderdruk. “Vandag is Geheim Dag!”

“Wat is Geheim Dag?” vra pappa.

“Ek kan pappa nie vertel nie.......” sê sy.

“Dis ’n geheim!?” sê-vrae altwee ouer gelyktydig.

Hulle almal gaan voort met hul oggend ritueel. Soos gewoonlik vertrek pappa eerste want sy rit in stad toe neem gewoonlik maar lank. Moeder staan buite saam met Annetjie terwyl hulle wag vir die skool bussie om haar op te laai voordat moeder werk toe vertrek. Sy soen Annetjie totsiens terwyl sy toekyk dat sy in die bussie klim. Terwyl sy met die trappies opklim draai Annetjie om en sê, “Gelukkig Geheim Dag, Mamma!”

Deur die dag ontdek beide mamma en pappa nog verskeie notatjies met dieselfde boodskap.

“Ek het een in my baadjie se sak gekry, my aktetas en ek het selfs een in my skoen gekry,” sê hy terwyl hy gedurende middagete vir moeder bel.

“Ek ook!” antwoord sy. “Daar was selfs een in my kosblik, mooi in ’n stukkie plastiek toegemaak.”

Terwyl die werksdag ten einde loop wag moeder angstig dat die bussie vir Annetjie aflaai. Terwyl die skool bussie se deur oop swaai leun die bestuurder so effe uit en sê “Gelukkige Geheim Dag!” terwyl sy ’n klein briefie in die lug rondswaai.

“Liefie, het die bus bestuurder ook een gekry,” vra moeder vir Annetjie.

“Ek weet nie, dis ’n geheim,” sê sy.

Annetjie is na haar kamer om vinnig te verklee in haar speel klere. Moeder is na die telefoon om te kyk of daar enige boodskappe op die antwoord masjien is.

“Beep” klink die antwoord masjien. “Mevrou van Wyk, dit is Annetjie se onderwyser. Ek wil jou net vertel dit was ’n wonderlike idee. Jou dogter het vandag soveel lewens aangeraak, insluitende my eie. Die skoolhoof, die dame by die snoepie en ons skool opsigter, elke een van hulle het een van haar briefies gekry. “Gelukkige Geheim Dag!”

Net toe kom Annetjie ingestap. “Ek is so trots op jou. Dit was wonderlike wat jy vandag vir elkeen gedoen het,” sê moeder.

Die jong meisie aarsel so oomblik en sê, “Maar mamma, dis veronderstel om ’n geheim te wees.”

“Dis reg so, dit sal ’n geheim bly. Maar net tussen my en jou. Wat het jou laat besluit om die briefies aan almal te gee?” vra mamma.

“Mamma, gister by die diens het die prediker almal bedank vir dit wat hulle aan hom gedoen het. Mamma, weet mos sy vrou is oorlede. Hy het gesê, hy wonder of sy geweet het hoe bemind sy was?” sê Annetjie. “Toe praat hy oor al die dinge wat sy gedoen het om mense te help, maar sy het dit altyd in die geheim gedoen en sou altyd sê dit was Yahweh wat voorsien het.”

Mamma buk af en tel Annetjie op in haar arms. Sy druk haar styf teen haar bors met trots terwyl trane van vreugde oor haar wange vloei.
Mamma sê, “Jy is bemind en dis geen geheim nie!”

“Gelukkige Geheim Dag, Mamma!”

Ons is almal geroepe om mekaar lief te hê, om dinge vir mekaar te doen en nie daaroor te loop en spog nie.

Maak vandag voorsiening vir ’n “Geheim Dag” om ander te laat weet hoe lief jy hulle het en hulle waardeer.

No comments: