Wednesday, January 16, 2008

Woestyn Logistiek

Een van die grootste logistieke wonderwerke in die wêreld vind ons by Moses en die Israeliete in die woestyn.

Ons beleef die verskil tussen vlees en gees, tussen geloof en ongeloof.

Sowat 3,5 miljoen mense moes 40 jaar lank gevoed word. Volgens ‘n militêre strateeg (kwartiermeester) sou Moses, as hy nie in die geloof gewandel het nie, moes sorg vir die volgende:

1 500 ton voedsel per dag – dit is;
Twee goedere treine van 1,6km in lengte sou die kos moes aanry

4 000 ton brandhout per dag sou nodig wees om kos te kook
Verskeie goedere treine van 8km in lengte sou die hout moes aanry

Hulle sou 20 miljoen liter water benodig het want daar was geen mere of riviere in die woestyn nie
‘n Trein met tenkwaens van 18.8km in lengte sou die water moes aanry

As hulle dubbel-gelid deur die Rooi See sou beweeg, sou die tou 1 280km lank gewees het.
Die tog deur die Rooi See sou 35 dae en nagte geduur het
Daar moes dus ‘n breë opening van sowat 4.8km gewees het sodat die Israeliete 5 000 in gelid in een nag kon deur beweeg

Elke keer wat hulle gekamp het, het die kamp ‘n area van 1 200 vk km beslaan, ‘n area van 48km lank en 40km breed – so groot soos die Groter Bloemfontein.

Hierdie lysie sou vir elke dag oor ‘n tydperk van 40 jaar moes gegeld het.

Dink jy Moses het aan al hierdie dinge gedink voordat hy vertrek het?
Ek dink nie so nie.

Hulle het ook geen materiaal gehad om sandale en klere van te maak nie. Hulle sandale en klere het 40 jaar lank gehou.
Die groter wonderwerk is dat die kinders se sandale saam met hulle voete groter geword het.
Moses het God geglo.
Hy het geweet God sal na al hierdie dinge omsien.

Die verskil tussen om in die vlees en in die gees te wandel, is enorm en onvergelykbaar, soos toe die vissies en broodjies aan 5 000 man en hulle vroue en kinders uitgedeel was.

Dit gaan die mens se verstand te bowe, maar om die dinge van God te verstaan moet mens dit juis nie met jou vertsand probeer verklaar nie.

Ons het presies dieselfde God vandag as wat die Israeliete destyds gehad het. God het nie verander nie en sal nooit verander nie.

Ons probleme lyk vir ons soms so oneindig groot, maar dink dan daaraan wat God kan doen en gedoen het!

Skep moed, ons het dieselfde God.

Ons moenie God by ons planne en strategieë inskakel nie. Kom ons skakel by Sy plan in want dan onderneem Hy in alles.

Die pad vorentoe is een van geloof, waarheid en gees!

No comments: