Saturday, January 26, 2008

Hoe Ryk Is Ons

Eendag het ‘n ryk pa sy seun op reis saam met hom geneem na die platteland met die doel aan hom te toon hoe arm mense kan wees.

Hulle het ‘n dag en nag spandeer op die plaas van ‘n baie arm familie. Nadat hulle teruggekeer het van hulle uitstappie vra die pa vir sy seun, “Hoe was die uitstappie vir jou?”

“Baie goed Pa!”

“Kon jy nou ‘n idee kry hoe arm mense kan wees?” vra sy pa.

“Ja, verseker, pa.”

“En wat het jy geleer uit die uitstappie van ons?”

Die seun antwoord toe as volg;
“Ek het gesien dat ons een hond het en hulle het vier.
Ons het ‘n swembad wat strek tot in die middel van die tuin, hulle het ‘n spruit wat geen end het nie.
Ons het ingevoerde lampe in die tuin, hulle het die sterre.
Ons voortuin strek tot by die grensdraad, hulle sin strek tot by die horison.”

Toe die klein seuntjie klaar is was sy pa sprakeloos.

Hy voeg toe by, “Dankie, Pa, dat jy vir my gewys het hoe ‘arm’ ons is.”

Is dit tog nie so waar dat alles afhang hoe mens na dinge kyk? As jy liefde, vriende, familie, gesondheid, goeie humor en ‘n positiewe lewens uitkyk het – het jy alles.

Jy kan nie enige van die bogenoemde koop nie. Jy kan beskik oor al die materiële welvaart denkbaar, maar as jy arm aan gees is, het jy niks.

(1Tim 6:17) Beveel die rykes in die teenwoordige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie en ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet;

No comments: