Friday, April 25, 2008

Goue Lewens Reëls


Moenie jou waarde bepaal deur jouself met ander te vergelyk nie.
Omdat ons elkeen anders is maak dit ons elkeen spesiaal.

Moenie jou doelwitte stel volgens wat ander dink is belangrik nie.
Weet slegs wat is die beste vir jou.

Moenie dit wat die naaste aan jou hart is as vanself sprekend aanvaar nie;
klou aan dit soos wat jy aan die lewe sal klou, omdat sonder hulle is die lewe nie
die moeite werd nie.

Moenie laat jou lewe deur jou vingers glip deur
die heeltyd in die verlede te leef of slegs vir die toekoms.

Deur jou lewe EEN DAG OP ‘N SLAG te leef
sal jy al die dae van jou lewe leef.

Moenie ophou gee
terwyl jy nog iets het om te gee nie.

Niks is regtig verby nie….
tot die moment wat jy ophou probeer nie.

Moenie bang wees om te erken dat jy nie perfek is nie;
dit is jy die kenmerk wat ons aan mekaar bind.

Moenie bevrees wees om kanse te waag nie,
dit is deur kanse waag wat ons leer hoe om braaf te wees.

Moenie LIEFDE uit jou lewe sluit
deur te sê dis onmoontlik om te vind nie.

Die vinnigste manier om LIEFDE te vind is om LIEFDE te gee,
die vinnigste manier om LIEFDE te verloor is om dit te styf vas te hou
en die beste manier om LIEFDE te behou is om dit vlerke te gee.

Moenie jou drome verontagsaam nie.
Om sonder drome te wees is om sonder HOOP te wees;
Om sonder HOOP te wees is om sonder ‘n doel te wees.

Moenie so vinnig deur die lewe hardloop dat jy nie slegs vergeet
WAAR JY WAS NIE – maar ook – WAARHEEN JY OPPAD IS NIE.

Die lewe is nie ‘n resies nie, maar ….
‘N REIS - - WAARVAN ELKE TREE GENIET MOET WORD.

Wednesday, April 23, 2008

21 Dinge om te Onthou


1. Niemand kan jou dag ruïneer sonder JOU toestemming nie.

2. Meeste mense sal omtrent so gelukkig wees as wat hulle besluit om te wees.

3. Ander kan jou tydelik stop, maar slegs jy kan dit permanent maak.

4. Dit wat jy gewillig is om te verduur, is presies dit wat jy sal kry om te verduur.

5. Sukses stop wanneer jy stop.

6. Wanneer jou skip inkom … maak seker jy is gewillig om die vrag af te laai.

7. Jy sal nooit alles verstaan nie want dan hou jy op om te leer.

8. Die lewe is ‘n reis …. Nie ‘n eindbestemming nie. Geniet die reis.

9. Die grootste leuen op aarde: “Wanneer ek genoeg het sal ek gelukkig wees.”

10. Die beste manier om van jou probleem ontslae te raak is om dit op te los.

11. Om te gee verskaf baie meer vreugde as om die heeltyd te neem.

12. Die lewe se kosbare oomblikke is waardeloos mits dit gedeel word nie.

13. As jy nie begin nie is dit verseker dat jy nie sal arriveer nie.

14. Ons vrees gewoonlik dit wat ons die meeste wil hê.

15. Om te lag is die beste tonikum vir ‘n wonderlike dag.

16. Gister was die sperdatum vir alle klagtes.

17. Kyk vir geleenthede ….. nie waarborge nie.

18. Lewe is dit wat kom …. nie wat was nie.

19. Sukses is om nog een maal op te staan.

20. Nou is die mees interessante tyd van alle tye.

21. Wanneer dinge verkeerd loop … moenie net daarmee saamgaan nie.

Monday, April 21, 2008

Die Lewens Worstelinge


Een dag vind ‘n man die kokon van ‘n vlinders. Daar het sopas ‘n klein openinkie verskyn. Hy het hom gerieflik gaan tuismaak om te kyk hoe die vlinders se stryd verloop om verlos te word van die kokon. Die vlinder se stryd het ‘n paar ure geduur soos die probeer het om sy lyf deur die klein opening te kry. Toe hou dit op om enige vordering te maak en vir die man het dit gelyk of die vlinder nie verder sou kom nie.

Hy het toe besluit om die vlinder te help en kry ‘n skêr en sny die kokon verder oop. Die vlinder het toe baie maklik uitgekom. Maar die vlinder het ‘n vreeslike geswelde lyf gehad en klein op gefrommelde vlerke. Die man het aangehou om die vlinder dop te hou want hy het verwag dat die vlerke enige oomblik sou uitswel tot hul volle prag wanneer die lyf saamtrek en die vlinder dan kon wegvlieg – maar nie een van die twee het gebeur nie. Jammerlik het die vlinder na die grond geval en daar rondgekruip met ‘n geswelle lyf en op gefrommelde vlerke vir die res van sy kort bestaan. Dit was nooit in staat om te vlieg of om die pragtige vlinder te word waarvoor dit bestem was nie.

Wat die man in sy gebaar van goedhartigheid en haas nie verstaan het nie was dat die beperkte opening van die kokon en die worstelstryd wat die vlinder moes voer om deur die opening te kom God se manier was om te verseker dat vloeistof van die liggaam in die vlerke forseer word om sodoende te sorg dat hulle reg is vir vlieg sodra die vlinder behoorlik uit die kokon is.

Somtyds, soos die vlinder, is die worstelinge wat ons in ons lewens ervaar nodig, alhoewel ons baie keer nie verstaan hoekom nie. Indien God ons toelaat om deur die lewe te gaan sonder enige hindernisse kan dit ons groei belemmer. Dan kan ons nie so sterk wees soos ons behoort te wees nie – en dit kan ons inperk om die hoogtes te bereik wat Hy vir ons beplan jou en my beplan het.

Heb 12 : 11

Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie ‘n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter ‘n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is.

Thursday, April 17, 2008

Vergete Heldjies

Beste vriende

Vir julle wat gereeld die blog lees - die week was maar bietjie stil met die plasings, maar dit is redelik besig met die voorbereiding vir die Pasga Vrydagaand. Dit is vir my sekerlik een van die hoogte punte van die jaar op ons Vader se kalendar. Waar ons weer in verwondering kan terug kyk na Sy genade wat Hy vir ons openbaar het deur aan die kruis vir ons te sterf.

Miskien besef ons nie elke dag die verskriklike hel waardeur ons Verlosser moes gaan vir ons nie. Hy wat sonder sonde was is so belaai met al wat 'n wereldse sonde is dat Hy feitlik sonde geword het vir ons. Hoe verskriklik moet dit wees vir die Rein een om so besoedel te wees met almal se sondes dat HY bereid is om daarvoor te sterf dat ons mag lewe.

Vir die van u wat reeds die verlossings geskenk aangeneem het van Yahshua ons Verlosser, mag dit 'n wonderlike dankdag wees vir u en vir die van u wat nog nie die reddende genade van ons Messias aangeneem het nie, smeek ek vandag, doen dit nou want die tyd het min geword.
Bely jou sondes voor God en nooi Hom vandag in jou lewe dat Hy Meester sal wees van jou lewe sodat jy wedergebore kan word deur Sy genade en verseel word in Sy liefde.

Hierby aangeheg is 'n gedig wat ek gekry het van 'n vriend wat graag anoniem wil bly en dit handel oor die kindertjies wat in die konsentrasie kampe gesterwe het. As mens kyk hoe swaar hul gekry het dan besef mens net weer hoe groot was die prys wat ons vrouens en kinders betaal het vir die volk - die Boervolk.
Dan is daar steeds vandag mense wat nie meer deel wil wees van die volk nie en eerder agter die wereld aan hardloop. Mag skaamte jul aangesigte oordek omdat julle ons vrouens en kinders se offer misken wat hulle gebring het vir die Boervolk.

Vergete Heldjies

O kinders van die gelofte
dink aan julle belofte.
Kyk na die grafte van die kinders
dink hier aan hulle koue winters.
Toe hulle die vêrte in staar
en wat het hulle gewaar.

`n Vierkleur wat wapper in die wind
is die laaste gebed van die kind.
Voordat hy gaan rus.
Hy het sy vryheid gemis.
O kindertjies van my God
julle het gehou by sy gebod.

Julle het vir ons gesterf
sonder om roem te verwerf.
Ek staan so en bewe
as ek dink wat het jul gegewe.
Jul het gegee jul lewe
vir ons vryheid strewe.

Tuesday, April 15, 2008

Hondjies Te Koop


‘n Eienaar van die troeteldier winkel was net besig om ‘n nuwe teken in die venster op te sit, “Hondjies te Koop”, toe ‘n jong seun by die kennisgewing kom staan en lees. Snaaks hoe kennisgewings soos die altyd die manier het om veral die jong kinders se aan te trek.

“Vir hoeveel gaan oom die klein hondjies verkoop?” vra die seuntjie nuuskierig. So tussen R30-00 tot R50-00 ‘n hondjie” sê die eienaar. Die seuntjie steek sy hand in sy broeksak en haal ‘n klomp kleingeld uit. “Ek het R2-50,” sê hy. “Kan ek asseblief na die hondjies kyk?”

Die eienaar van die troeteldier winkel glimlag en gee ‘n fluit, uit die hondehok kom Lady, wat met die winkel gang afgedraf kom gevolg deur vyf klein haar bolletjies met pote. Die een klein hondjie was ver agter die ander vier. Die seuntjie het onmiddellik die klein hondjie opgemerk wat so ver agter die ander is en hy het gemerk dat die hondjie kruppel is. Hy vra toe, “Wat is fout met daardie klein hondjie?”

Die eienaar verduidelik toe dat hy die hondjie by die veearts gehad het om te kyk wat is fout. Die veearts het gesê dat die klein hondjie sonder ‘n heup gewig gebore is en dat hy sy hele lewe mank sal wees.

Die seuntjie raak baie opgewonde en sê, “Dit is die hondjie wat ek graag wil koop.” “Nee, jy kan nie ernstig wees om daardie mank hondjie te wil koop nie. As jy hom regtig wil hê sal ek hom vir jou verniet gee want niemand sal die hondjie in elk geval wil koop nie.”

Die seuntjie het baie verontwaardig geraak en het die eienaar stip aangekyk en gesê, “Ek wil hom nie verniet hê nie, die hondjie is net soveel werd soos enige ander hondjie in die werpsel en ek sal volprys betaal. Inteendeel hier is solank R2-50 nou en elke maand sal ek 50c kom betaal totdat ek die hondjie klaar afbetaal het.”

Diep nadenkend antwoord die eienaar, “Jy moet doodseker wees want onthou die hondjie sal nie kan hardloop, spring en speel soos ander hondjies nie.”

Na die opmerking buk die seuntjie af en trek sy broekspyp op om sy kruppel en verwronge linkerbeen wat ondersteun word deur groot staal stutte. Hy kyk op na die winkel eienaar en antwoord saggies “Wel, ekself hardloop nie so goed nie en die hondjie het iemand nodig wat sal verstaan.”

Friday, April 11, 2008

LAPPOP


Vandag se inspirasie word spesiaal opgedra in herinnering aan Dries Kriel. Sterkte en ondersteuning deur ons Almagtige Vader word vir sy gesin en familie toegebid.

Die gedig bly vir my een van die treffendste oor die hartseer van die konsentrasie kampe en beeld die pyn en verlange in 'n kleine kinderhart so pragtig uit.


LAPPOP


Sy is van Boere afkoms

Net vier kort jaartjies oud

Haar oë is soos die hemel

En vlegseltjies van goud


Op hul plaas daar in die Vrystaat

Waar hul klipsteen woning staan

Neem sy haar tuisgemaakte lappop

Oral waar sy gaan


Die diere het sy almal

By die naam geken

So weet sy altyd eerste

Waar broei die weglê hen


Maar toe kom daar ‘n oorlog

En haar pappie gaan vêr weg

Dit was so sê haar mammie

Om vir die Republiek te veg


Die oorlog duur toe langer

As wat almal eers wou wis

En die traantjies vloei gedurig

Soos sy haar pappa mis


Die uitlanders kom later

En laai hul op ‘n wa

So sit sy met haar lappop

Verwese langs haar ma.


Sy sien hoedat die Kakies

Haar diereryk vermoor

En toe hul huis in vlamme opgaan

Wis sy hul het als verloor


Haar rokkies was altyd

Vir haar alte fraai

Nou dra sy ‘n meelsak rokkie

Dit vertoon vir haar so saai


Haar lyfie raak al dunner

En haar armpies word krom

Want in die moordkamp heers daar honger

En haar mamma sit daar stom


Die mondjie wat eers kon skater

Het nou ‘n bitter trek

En hartverskeurend is die fronsie

Wat oor haar gesiggie strek


Sy sit daar in die kamptent

Haar lappop knel sy vas

Want haar mammie is reeds gister

Verlos van aardse las


So kry hul haar ook later

Daar by haar lappop lê

En laat haal ‘n ou seepkissie

Om haar en haar ou lappop

In die aarde weg te lê


Sy was van Boere afkoms

Net vier kort jaartjies oud

Haar oë was soos die hemel

En vlegseltjies van goud

Wednesday, April 9, 2008

‘n Nuwe Begin


Van: Jesus Christus
Aan: My

Watter vreugde is dit nie vir My om by jou te wees nie!
Dit is goed dat ons bymekaar is.
Ek ken daardie afgetrokke uitdrukking, wat beteken dat jy ver van My is.
En as jy dan in My oë kyk en Ek sien weer die warm vuur wat in jou brand vir My en elkeen wat Ek liefhet, dan juig Ek omdat jy weet dat niks ons kan skei nie.
Ek sing as jou oë oor die landskap heengly. En Ek glimlag as Ek sien hoe jy die taak wat Ek vir jou gegee het, afhandel.
Dit maak My bly as jy eerbied het vir die mense wat jy ken en as jy die leiding van My Gees volg in jou verhouding met elke ander mens.
Jou nederigheid voor My skepping, die respek waarmee jy opkyk na die hemel wat Ek en die Vader geskape het, die feit dat jy oral vashou aan My waarheid, jou soeke na suiwerheid en jou gehoorsaamheid aan My Woord maak jou vir My oneindig kosbaar.
As jy jouself vergeet en jouself vir My gee daar tussen die armes, die verdruktes, die wat misbruik word, die blindes en onverskilliges, die wat verlore en bitter is, dan stort Ek trane van dankbaarheid.
Dit is goed dat ons bymekaar is en Ek vind soveel vreugde in jou.

Vra jy My oor jou sondes?
Hoor Ek jou pleit oor tye van ontrouheid?
Fluister jy vir My van jou dislojaliteit en die konflikte in jou lewe?
Moenie van My af wegvlug nie.
As jy jouself in die steek laat, moenie vir My ook in die steek laat nie.
Jou bedrog en gemeentheid, jou kleinlikheid is alles vir My geleenthede.
Ek gryp elkeen gretig aan elke keer as jy die waarheid erken.
Dan weet Ek dat jy weer na My sal keer, dat ‘n nuwe begin moontlik geword het. Dan word die vertroue in My liefde vernuwe en opnuut bevestig.
En as dit dan nie gebeur nie, wag Ek met vaste hoop op die volgende geleentheid.

Besef jy nie dat daar niks is wat jy kan doen om My liefde vir jou te verander nie?
Ek sien die skaduwees en die lig.
Ek het gesien dat jy in’n wildernis van selfvernietiging beland, dat jy meer en meer in jouself gekeer geraak het,
Ek het gesien hoe jy jou skuld altyd deur ophoop – jou skuld en ook jou opstand.
Jy het gedink dat jy almal – selfs vir My – uit jou lewe verdryf het.
Weet jy dan nie dat jy My nie kan laat ophou om jou lief te hê nie?
My hart is so seer vir jou!

Sal jy nou na My luister?
Ek het saam met jou in jou wêreld van selfvernietiging ingegaan en Ek het jou nog meer lief as ooit tevore.
My liefde is standhoudend en verander nie.
Jy is altyd meer vir My as dit wat jy sê of doen of hoe jy voorkom.
Vir My is jy altyd jy.
Die self wat Ek liefhet en altyd sal liefhê behoort nie aan jou nie, daarom kan jy nie daarvan maak wat jy wil nie.
n Liefde wat ophou is beslis nie My liefde nie.
Jy behoort aan My en aan niemand anders nie en Ek sal jou nooit laat gaan nie.
Ek is in jou sodat jou vreugde volkome kan wees”.

Maak tyd vir ‘n Nuwe Begin!.

Dankie Jesus dat U vir my omgee.

Geskryf deur Dr. Joseph P. Bishop, ‘n Nuwe begin.