Wednesday, June 24, 2009

Vader Help!


’n Man genaamd Wouter het eendag te naby aan die rant van ’n steil krans geloop toe sy voet per ongeluk gly en hy val. Terwyl hy na benede val gryp hy ’n tak van ’n boompie wat uit een van die skeure van die krans helling groei. Die boompie breek sy val vir eers. Hy kyk beangs na benede en met ’n skok besef hy dat die kloof nog vir ’n verdere 250 meter reguit af gaan na onder. Hy kon nie vir ewig aan die tak vasklou nie en daar is nie ’n manier wat hy die steil rotswand sal kan uitklim na bo nie.

Wouter het benoud begin uitroep om hulp in die hoop dat iemand daar sal verby gaan en hom dalk hoor. Die kan dalk vir hom ’n tou afgooi of iets doen om hom te red.
“HELP! HELP! Is enige iemand daarbo? HELP!” het hy vir ’n lank tyd uitgeroep, maar helaas niemand het hom gehoor nie. Hy was op die punt om moed op te gee toe hy ’n stem hoor.

“Wouter, Wouter. Kan jy my hoor?”

“Ja, ja! Ek kan jou hoor. Ek is hier onder!”

“Ek kan jou sien Wouter. Is jy ongeskonde?”

“Ja, maar wie is jy en waar kom jy vandaan?”

“Ek is die Almagtige, Wouter. Ek is oraloor.”

“Die Vader? U bedoel God?

“Dis Ek.”

“Vader, asseblief help my! Ek belowe, as U my red uit die verknorsing, sal ophou om te sondig. Ek sal ’n baie goeie mens word. Ek sal U getrou dien vir die res van my lewe.”

“Stadig eers met al die beloftes, Wouter. Kom ons kry jou eers uit die penarie dan gesels ons weer.”

“Luister nou baie mooi, dis wat ek wil hê jy moet doen.”

“Ek sal enigiets doen Vader. Vertel my net wat om te doen.”

“Mooi so. Laat los die tak waaraan jy vasklou.”

“Wat!”

“Ek sê, los die tak. Vertrou My net. Laat los.”

Daar was ’n lang stilte.

Uiteindelik roep Wouter, “HELP! HELP! IS ENIGE IEMAND ANDERS DAAR BO?”

Het jy al ooit soos Wouter gevoel? Ons sê dat ons die wil van Yahweh wil ken maar sodra ons uitvind wat dit is, kan ons dit nie hanteer nie. Dit klink te moeilik en te gevaarlik. Ons besluit om liewers iewers anders om hulp te gaan soek. Wanneer Hy sê, “Laat los die dinge wat tussen jou en My staan en vertrou my met jou lewe,” klink dit vir ons te gevaarlik en glo ons nie dat daar vir ons redding daarin sal wees nie. Maar wanneer ons wel laat los vind ons vrede en veiligheid in Sy hande.

No comments: