Monday, June 1, 2009

God se Liefde


Lê nie in harde woorde nie,
Nee, dis ’n sagte ritseling in die wind,
’n briesie deur jou hare,
liefdeswoorde van ’n kind.

Die blare wat roer,
’n voëltjie se fluit.
Sy aanraking so sag soos ’n vlinder se landing,
’n drukkie van ’n kind.

Soos ’n bloeisel bot,
So is die liefde van God.
Niemand weet hoe dit begin,
Of waar dit vandaan kom.

Jy’s die vonkel in Sy oog,
Hy plaas ’n huppel in jou stap.
Hy kan nie wag dat jy opstaan,
En tyd saam met Hom spandeer.

Hy wag vir jou lofprysing,
Hy wag dat jy Hom eer.
Hy wil jou so graag vandag seën,
Al is dit met ’n bietjie reën.

Die gedagte aan jou maak Hom opgewonde.
Uit die hemel kyk Hy op jou neer,
Terwyl Hy jou met liefde leer,
Sal Hy al jou probleme wegvee.
En jou voete staan stewig,
Jou gemoed standvastig,
Jou hoop gevestig op Hom.

Lê vandag weer jou lewe voor Sy voete neer,
Saam met Hom gee jy elke tree,
Bly wandel in al Sy weë
En Hy sal jou gee,
Wat jou hart begeer.

No comments: