Tuesday, June 30, 2009

Omhels Onvolmaaktheid


Toe ek nog ’n jong meisie was, het my moeder soms daarvan gehou om ontbyt kos te maak vir aandete. Ek onthou een aand in besonder toe sy weer na ’n lang, harde dag se werk ontbyt kos aandete gemaak het. Daardie aand het my moeder ’n bord met eiers, worsies en besonder erg gebrande roosterbrood voor my vader neergesit. Ek onthou dat ek intens gesit en wag het om te sien of iemand die gebrande roosterbrood gaan opmerk of iets sê daaroor!
Maar al wat my vader gedoen het was om sy roosterbrood te neem, vir my moeder te glimlag en my te vra hoe was my dag by die skool. Ek kan nie eens onthou wat ek hom daardie aand geantwoord het nie maar ek kan baie goed onthou hoe ek hom dopgehou het terwyl hy botter en konfyt op die roosterbrood gesmeer het en die laaste krieseltjie opgeëet het.

Toe ek van die tafel af opstaan daardie aand, onthou ek hoe ek gehoor het my moeder verskoning maak aan my vader vir die gebrande roosterbrood. Ek sal nooit vergeet wat hy aan haar gesê het nie: “Liefie, ek hou van gebrande roosterbrood.”

Later die aand het ek gegaan om vir vader goeienag te soen en hom gevra of hy regtig van gebrande roosterbrood hou. Hy het my in sy arms omhels en gesê, “ Debbie, jou moeder het ’n harde dag se werk agter die rug en sy is regtig moeg. En ’n bietjie gebrande roosterbrood het nog niemand doodgemaak nie!”

Jy weet, die lewe is vol van onvolmaakte dinge........en onvolmaakte mense.
Ek is nie die beste huishoudster of kok nie maar wat ek geleer het oor die jare is om mekaar se foute te aanvaar – en eerder te verbly in mekaar se verskille. Dit is een van die belangrikste sleutel om ’n gesonde, groeiende en gelukkig verhouding te skep

Dit is my gebed vir jou vandag. Dat jy sal leer om die goeie en die slegte van jou lewe te neem en dit te lê voor die voete van Vader Yahweh. Want op die einde is Hy die enigste een wat aan jou ’n verhouding kan gee met ander waar gebrande roosterbrood nie saak maak nie.

1 comment:

Anonymous said...

Is dit nie waar dat ons so maklike op ander se foute kan konsentreer en daarmee vergeet om die mooi in 'n ander raak te sien nie. Kom ons probeer ook om vandag verby die gebrander roosterbrood te kyk en die liefde waarmee dit gemaak is raak te sien.

Jolize Gous
Namibia