Thursday, June 18, 2009

Die ou Muil en die Put


Die verhaal word vertel van die boer wat ’n ou muil gehad het. Die muil het in die boer se put op sy plaas geval. Die boer het vreeslike gebalk van die muil tot by die plaashuis gehoor nadat die in die put geval het.
Nadat die boer die hele situasie opgesom het, het hy besluit dat nie die muil of die put is die moeite werd om te red nie, want die muil is reeds lankal oor die wal en die put is reeds vir jare droog. Hy het sy bure geroep en hulle ingelig wat gebeur het met die muil en die put en terselfdertyd hulle gevra om hom te help om die put op te vul met grond en dan sommer so ook die muil te begrawe in die put. Dit sou die muil verlos uit sy ellende en sommer die gevaar van die oop put ook oplos.

Aanvanklik was die ou muil vreesbevange. Maar soos wat die boer en sy bure die grond in die put ingooi en dit alles op sy rug val .......kom die gedagte by hom op. Hy moet eerder elke keer nadat die graaf grond op sy rug geval het, sy rug skud en bo op die grond klim. So het hy dan gedoen, graaf na graaf grond. “Skud dit af en klim op ........ skud dit af en klim op ....... skud dit af en klim op!” Die deuntjie het hy keer op keer in sy gedagtes herhaal maak nie saak hoe seer die vrag grond sy rug gemaak het nie of hoe benoud hy geraak het nie, hy het net aanhou en skud en bo op die hopie grond geklim.

Dit was nie lank gewees voordat die ou muil beseer en uitgeput triomfantelik oor die keer muurtjie van die put geklim het nie! Wat gelyk het asof dit hom gaan begrawe was op die einde toe uiteindelik ’n seën ........ net omdat hy geweet het hoe om die gevare te hanteer wat teen hom aangestorm het.
Indien ons ons probleme van aangesig tot aangesig aanspreek, positief daarop reageer, weier om toe te gee aan paniek, vrees en self bejammering sal die gevare wat teen ons aanstorm om ons te begrawe gewoonlik binne hulself die potensiaal hê om ons tot voordeel en tot seën te strek.

Mag o.n.a. Almagtige Vader u die week seën, “skud die boeie af en klim uit die put” waarin jy jouself bevind.

Phil 4:13
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.

No comments: