Friday, April 19, 2013

Lucky se Grootste Skat




Maria en haar man Jim het ‘n hond gehad met die naam van “Lucky”. Lucky, ‘n klein Jack Russel, was omtrent ‘n karakter gewees. Wanneer vriende vir Maria en Jim kom kuier vir ‘n naweek, moes hulle vroegtydig die besoekers waarsku om maar die tasse toe te hou want Lucky sal maklik iets uit die tas gaan gaps waarvan hy hou. Noodwendig vergeet van die gaste soms hiervan en dan raak iets uit die tasse weg.

Maria of Jim sal na Lucky se speelgoed boks gaan in die kelder en daar te midde van al sy ander “skatte” sal die vermiste item opgespoor word. Lucky het altyd sy “skatte” wat hy gevind het in sy speelgoed boks gaan bêre en hy was baie beskermend oor sy speelgoed boks – dit wat daar in was, bly daar.

Dit het gebeur dat Maria uitgevind het sy het bors kanker. Maria was oortuig dat sy beslis sou sterf van die siekte ..... en dat daar geen hoop op herstel was vir haar nie. Noodgedwonge het sy die operasie vir ‘n dubbele masektomie geskeduleer terwyl vrees haar hele wese oorheers.

Die aand voordat sy hospitaal toe sou gaan vir die operasie het sy dat Lucky styf teen haar kom nestel. ‘n Gedagte het deur haar geflits..... wat sou met Lucky gebeur? Alhoewel die drie jaar oue hond van Jim gehou het, was hy Maria se hond deur en deur. “Indien ek sou sterf, sal Lucky verlate wees.” Het Maria by haarself gedink. “Hy sou nie verstaan dat sy hom nie moedswilliglik verlaat het nie.” Die gedagte het haar meer hartseer gemaak as die gedagte aan haar eie dood.

Die operasie was baie moeiliker en aftakelend op haar gestel as wat die dokters vermoed het en Maria was vir twee weke in die hospitaal. Jim het getrou Lucky geneem vir sy aand wandelinkie, maar die hond was besig om te kwyn, hy was pieperig en het geen eetlus gehad of lus om enige iets te doen nie. Hy het net daar in sy slaap mandjie bly lê.

Uiteindelik het die dag aangebreek dat Maria kon huistoe gaan. Toe sy by die huis arriveer was sy so moeg dat sy nie die trappe kon op tot in hul slaapkamer nie. Jim het Maria gemaklik gemaak op die sitkamer bank dat sy eers daar so bietjie kon rus.

Lucky het daar eenkant gestaan en Maria dopgehou maar hy het nie nadergekom toe sy hom roep nie. Dit het Maria baie hartseer gemaak, maar die slaperigheid het gou oor haar die oorhand gekry en sy het ingedut.

Toe Maria wakker word kon sy vir ‘n oomblik nie verstaan wat fout is nie. Sy kon nie haar kop draai nie en haar hele liggaam het swaar en warm gevoel. Maar benoudheid het gou plek gemaak vir ‘n klein laggie toe sy besef wat die probleem is. Sy was oordek, letterlik soos ‘n kombers, met elke “skat” wat Lucky besit het!

Terwyl sy aan die slaap was, het die hartseer hondjie een draffie na die ander onderneem na sy speelgoed boks om vir sy geliefde ounooi al sy gunsteling dinge in sy klein honde lewetjie aan te dra. Hy het haar oordek met sy liefdes goed.

Maria het die gedagte van doodgaan opsy geskuif en in plaas daarvan het sy en Lucky weer begin lewe en elke dag weer begin stap, die volgende dag ‘n bietjie verder as die vorige.

Dit is nou reeds twaalf jaar en Maria is steeds kanker vry. Lucky? Hy gaps nog steeds skatte en gaan versteek hulle in sy speelgoed boks maar Maria bly sy grootste skat.

Skrywer Onbekend

No comments: