Tuesday, April 30, 2013

Die Wet van die Natuur





Gaan kyk na ‘n appelboom. Daar kan tot soveel as vyf honderd appels aan so ‘n boom wees, elk met tien sade in die kern. Dit is ‘n klomp sade vir een so boom. Mens kan maklik vra, “Hoekom het mens so baie sade nodig om te verseker dat ‘n paar ekstra appelbome sal opkom?”

Die natuur het iets om ons te leer. Dit vertel ons: “Baie sade groei nooit nie. Dus as jy wil hê dat iets moet gebeur, moet jy beslis bereid wees om meer as een keer te probeer.”

Dit mag beteken:
Jy sal twintig onderhoude bywoon om een werk te kry.
Jy sal met veertig mense onderhoude voer om een goeie werknemer te kry.
Jy sal met vyftig mense praat om aan hulle ‘n huis, ‘n motor, ‘n polis of ‘n idée te verkoop.
En jy sal honderd kennisse ontmoet om een spesiale vriend te vind.

Wanneer ons die “Wet van die Natuur” verstaan sal ons nie so maklik teleurgestel word nie. Ons sal ophou om soos slagoffers te voel. Die wet van die natuur is nie iets wat persoonlik opgeneem moet word nie. Ons moet dit net verstaan en daarmee saamwerk.

In ‘n neutedop
Suksesvolle mense faal meer dikwels. Hulle plant meer saad.

No comments: