Tuesday, March 5, 2013

Die Blinde Seuntjie




‘n Blinde seuntjie sit op die trappie van die groot gebou met sy hoed by sy voete. Hy het ‘n karton baniertjie waarop geskryf staan: “Ek is blind, help asseblief.”
Daar was slegs ‘n paar muntstukkies in sy hoed

‘n Man het by die seun verby gestap. Hy het so oomblik stil gestaan en ‘n paar munte uit sy sak gehaal en in die hoed gegooi.
Hy neem toe die karton baniertjie by die seuntjie en skryf ‘n paar woorde agterop die karton. Hy plaas die baniertjie terug in die seuntjie se hande met die kant wat die nuwe woorde wat hy geskryf het toon aan die verbygangers.

Kort voor lank begin sy hoed sommer vinnig vol raak. Baie meer mense het nou geld vir die seuntjie gegee.

Daardie middag kom die man wat sy teken herskryf het terug om te sien hoe dit nou gaan met die seuntjie. Die seuntjie herken die man se voetstappe en vra aan hom,

“Was jy die man wat vanoggend my banier herskryf het?”

“”wat het jy op my banier geskryf?”

Die man antwoord, “Ek het slegs die waarheid geskryf. Ek het presies gesê wat jy gesê het, maar slegs op ‘n ander manier.”

Wat hy geskryf het, was: “Vandag is ‘n pragtige dag en ek kan dit nie sien nie.”

Dink jy die eerste en die tweede banier het dieselfde gesê?

Natuurlike het beide tekens gesê die seuntjie is blind. Maar die eerste teken het eenvoudig gesê die seun is blind. Die tweede teken het mense vertel dat hulle gelukkig kan wees hulle is nie blind nie.

Soms is dit slegs ‘n kwessie van hoe ons na ‘n saak kyk, van weerskante af.

Die mooiste is om iemand te sien glimlag!

en nog mooier, is om te weet jy is die rede daarvoor !

No comments: