Monday, March 11, 2013

Man se reis na die “Hemel”.



Woensdag, Februarie 28, 2013 08:41

Hierdie man se ongelooflike getuienis van 'n reis na die hemel en sy besoek aan JaHshua / Jesus was slegs gedurende die afgelope weke openbaar gemaak.

HIER IS DIE AFRIKAANSE WEERGAWE VAN HIERDIE VERHAAL.

DROOM

Ek was grootgemaak as 'n ateïs. Heeltemal Godloos. Nie eers agnosties nie. Geen gode .. feetjies .. kersvaders of hasies nie... in absoluut niks geglo nie. Ek het al die moeilikheid en verwarring gesien wat dit veroorsaak het en wou niks daarmee te doen gehad het nie. Ek sien gedurig hoe Christene veg en debatteer, terwyl hulle al die tyd skynheilig is. Ek sien New Agers wat nie 'n idee het waarin hulle eintlik glo nie, en wat heeltyd in sirkels beweeg. Ek sien hoe al die ander gelowe almal hul koppe teen 'n muur slaan, maar hulle bereik niks, behalwe hoofpyn nie. Ek wou geen deel daaraan gehad het nie, en wil nog steeds nie.

Maar ek het 'n droom/visioen gehad toe ek 15 was wat my lewe verander het, maar dit het nie in werking getree tot sowat 'n jaar gelede nie, en volgens die droom, sal dit nie tot ná môre (28 Desember 2012), wanneer ek 44 word, in vervulling gaan nie.

Ek was 15 ... nog 'n kind .. maar gewonder waaroor alles gegaan het, aangesien alles so heeltemal nutteloos en sonder 'n rede of 'n doel gelyk het.

Om 'n ateïs te wees is die sinnelooste lewe wat 'n mens kan lewe .. so doelloos, leeg en sonder betekenis.

En soos alle kinders het ek `n doel en betekenis nodig gehad. Dus die droom/visioen ...

Dit was 28 September 1984 .... 'n dag wat ek nooit sal vergeet nie, omdat dit diè dag was waar my lewe heeltemal UIT my hande geneem is, en ek het besef dat nie een van ons werklik 'n keuse het nie ... slegs 'n wil gelei deur die EEN wat die keuses maak.

Ek onthou so duidelik .. het op my bed gesit daardie aand ... uit die venster na die sterre gekyk. Gewonder waarom hulle daar was .. watter doel hulle gedien het .. indien enige. Ek onthou dat ek dieselfde ding van myself gevra het .. wat was my doel .. het ek het 'n doel ... of was dit alles nutteloos. 'n Illusie .. betekenisloos en dood?

Daardie nag het ek op my bed gaan lê .. nog steeds gewonder waaroor alles gegaan het ... en ek het 'n droom .... of 'n visioen gehad .. nie seker watter een van die twee nie, maar dit was ongelooflik helder .. Ek was daar .. kon voel .. hoor .. ruik ....

Waar was ek?

(Hou in gedagte dat ek tot op daardie tydstip nog nooit in 'n Bybel of enige godsdienstige boek gekyk het nie .. wat ek dus sou sien, was nie voorheen daar geplant nie)

Een oomblik was ek op my bed .. in 'n halfwakker halfslaap toestand .. jy kan dit 'n geestesvervoering noem. Daardie sone waarin jy steeds nog bewus is, maar ook .. nie bewus is nie. Ek het my meer as 200 meter in die lug bevind ... 'n lug wat NIE lug was soos ons dit ken nie. In skok het ek rondgekyk... ek was daar .. dit was geen droom nie .. Ek was aanvanklik paniekbevange en ek het gedink ek is dood .. en vir al wat ek geweet het .. was ek.

Nadat ek van hierdie "skok" herstel het, was ek in staat om rondom my te kyk .. waar ek was ... en wat ek gesien het .... Uitgesprei rondom my in elke rigting na 'n horison wat nie daar was nie .. was die mees ongelooflike landskap wat ek nog ooit gesien het. Geen majestieuse toneel op aarde kan hiermee vergelyk word nie .. asemrowend (“awesome”) .. die OMVANG daarvan ... eindeloos .. en solied en werklik.

Massiewe woude .. parke .. majestieuse magtige berge .. oseane die grootte van die aarde self .. en mere so groot soos oseane.

Watervalle 'n honderd kilometer hoog .. magtige riviere wat wemel van lewe .. kristalhelder ... die bome ... klein en groot .. kleurvol .. gedetailleerd .. elkeen uniek en sommige vol blomme met aanskoulike en helder kleure .. sommige vol vrugte met vreemde vorms en kleure.

ALLES was lewend .. met 'n lewe wat LEWEND was .. nie net lewende dinge nie .. maar LEWENDE wesens .. hulle was nie net lewend nie .. hulle WAS lewe in hul wese ... elke blaar .. elke grashalm .. skepsel en vis .. voël en reptiel .. was nie NET lewend nie .. dit was asof lewe uit hulle uitgevloei het ...

Hierdie magtige en majestieuse landskap het net aan en aan gegaan.

Wat ek gedink het klein heuwels in die verte was, blyk toe magtige bergreekse te wees, wat die Himalajas soos 'n sleg uitgedinkte grap laat lyk het.

Die waterval by my aankoms aan my linkerkant ... WOW ... dit was (ek het later uitgevind) meer as 300 km van waar ek gedryf het .. en selfs op daardie afstand was dit so uiters manjifiek ... dit het hoër en hoër gestyg bokant ooghoogte .. soos om by 'n rivier OPWAARTS te kyk... Dit het aan die kant van 'n "klein" (in vergelyking met sommige van die ander berge daar) 100 kilometer hoë rotswand afgeloop... en geval .. en gestroom .. majestieus .. en reënboë in sy magtige mis vertoon...

Ek kan aan en aangaan oor die details .. maar ek gaan bly by die hoofdeel ... en dit is .. WIE staan "of dryf" daar langs my .. wie ek tot op daardie oomblik nie opgemerk het nie ..

Ek draai my na regs ... en ... wow ... daar was hierdie ou ... en ek het onmiddellik GEWEET dat hy die Skepper van alles was wat ek gesien het. Ek het nie Sy naam geken nie .. Ek het net GEWEET dat HY verantwoordelik was vir alles ..

Hy was ongeveer 6 voet ... medium gebou .. sterk .. tog soepel .. het 'n aura van gesag oor hom gehad .. soos 'n magtige vegter wat enigeen met gemak kan slaan .. en dit GEWEET het .. maar was beskeie, vriendelik en het nie daaroor gespog nie.

Sy hare was wit ... maar nie van ouderdom nie .. meer 'n simbool van reinheid tipe wit. Soos 'n regter wat 'n wit pruik as 'n simbool sou gedra het. Maar hierdie hare was geen pruik nie. Dit was sy eie.

Hy het 'n soort kleed gedra .. nie antiek nie .. tog nie modern nie. Soos 'n koninklike staatskleed. Oor sy bors van regterskouer tot linkerheup was 'n rooi/pers serp ongeveer 6 duim breed, verweef met goud drade.

Die kleed het net tot bokant sy enkels gegaan. Hy het sandale aangehad. Maar dit het nie antiek gelyk nie. Meer van 'n moderne voorkoms. Maar toe ek daar kyk .. na sy voete ... het ek gate in hulle gesien ... Toe, met 'n skok .. het ek het sy hande gesien .. hulle het ook gate in hulle gehad .. net aan die einde van sy gewrigte .. elke gat sowat `n halfduim breed. Daar was geen bloed nie en die wonde was nie gesweer of afskuwelik nie. Hulle .. was as 'n statussimbool gedra .. 'n merk .. meer as 'n irriterende wond. Ek het die drang gehad om te kniel .. maar het besef dat ek nie 'n liggaam gehad het om te kniel nie.

Ek het net na hom gekyk .. en GEWEET dat Hy elke gedagte kon lees ... en Hy het geweet dat dit my bedoeling was om te kniel as ek maar net kon.

Hy het geweet.

Hy het net vir my geglimlag .. vreugde wat in sy oë geblink het .. oë .. so .. blou .. goud .. groen ... alle kleure .. vuur .. oë van vuur .. soos 'n opaal met manjifieke glans.

Dit het gelyk of hy 'n ware .. vriendelikheid .. geluk .. totale vrede .. uitgestraal het,  tog algehele en magtige gesag.

Jy voel op jou gemak met hom .. tog ook so nederig.

Ek het uiteindelik vir Hom gesê (wel .. ek het dit gedink) .... "U is God?"

Hy het net eenvoudig gesê... "(EK IS)"

Ek het by myself gedink: "Dit kan nie waar wees nie .. Daar IS geen "God " nie ... ek verbeel my dit alles .. dit MOET wees ..." Hy het selfs breër geglimlag .. as dit moontlik was .. asof Hy geamuseerd was vir my eenvoudige, maar sekere geloof in niks. Dit was nie 'n snedige genot wat Hy gevoel het nie .. dit was meer soos wat jy sou glimlag as 'n kleuter iets oulik sou sê.

Hy sê, wel wetend van my beroeringe en gedagtes, "Kom .. laat ek jou lotsbestemming vir jou wys" terwyl ons begin beweeg deur hierdie "Lug" wat nie lug was nie ... dit het gevoel asof ons teen ongeveer 60 km per uur weggedryf het. Ek was in staat om die spoed wat ons beweeg het, te meet, want ons het oor 'n tipe van `n snelweg met bome wat op gelyke afstande geplant is, gedryf.

Dit was 'n dubbel hoofweg .. in twee verdeel deur 'n rivier. Die rivier was ongeveer 40 meter breed .. helder soos kristal .. so suiwer en so aanloklik. Vir een of ander rede het ek die drang gehad om daarin te gaan swem ... selfs al het ek nie eintlik 'n vaste liggaam gehad nie.

Die hoofweg was ongeveer 15 meter breed aan elke kant van die rivier. En op 'n afstand van ongeveer 200 meter uitmekaar was daar brûe. Daar was mense daar onder ons .. gewone .. mense .. sommige geklee in moderne gewaad .. sommige in bekleding soos togas .. sommige wat niks aangehad het nie maar lig .. as dit moontlik was. Almal was mense .. hulle het gelyk asof hulle so 25 jaar oud kon wees .. gesond .. lewendig .. solied en werklik.

Ek het ook kinders gesien .. wat in die rivier gespeel het .. hulle het gelag en van die brûe af in die water gespring. Gelag .. baie gelag en vreugde. Dit was asof dit hierdie wonderlike plek deurdring het. Hier en daar tussen die mense het ek wesens gesien .. SOOS mense, maar anders. Langer ... kragtiger .. tog minsaam. Met die mense gesels .. met hulle saamgeloop.. sommige het boeke en ander dinge gedra. Dit het gelyk asof hulle opdragte gee .. en ook opdragte ontvang. Asof hulle ook geleer het. (Hierdie, dit blyk engele te wees .. en NEE .. hulle HET NIE vlerke gehad nie!)

Ek het banke gesien .. tafels .. onder die bome langs die rivier geplaas. Mense en wesens het saam gesit en gesels .. geglimlag .. gelag .. sommige diep ingedagte of in gesprek .. sommige was lighartig, sommige was ernstig .. asof hulle `n nuwe openbaring bedink wat hulle nou net ontvang het.

In geheel gesien was dit 'n baie besige .. tog baie ontspanne toneel.

Die bome self was verbasend. Magtige takke .. uitgesprei in majestieuse sonskerms van lewe oor die rivier en die banke hieronder. Ek het vrugte in die bome gesien .. goud .. groen .. oranje .. pers .. blou .. alle vorme van kleur. Hier en daar het mense die vrugte gepluk en dit so terloops geëet .. asof dit net `n heel “natuurlike” ding was om te doen ... en daar was geen brokstukkies nie. Daar het geen pitte of skille oorgebly nie.

Mense het opgekyk na ons, toe ons bokant hulle verbygaan. Hulle het gewaai en geglimlag .. vir BEIDE van ons .. Ja .. ek was baie sigbaar vir hulle. Ek was nie seker hoe om terug te waai nie  .. want ek het geen liggaam gehad om mee te waai nie.

"Jahshua" of  "Jesus" of wat jy hom ookal wil noem ... het terug gewaai .. geglimlag .. gelag .. vreugdevol en vreedsaam tussen Sy skepsele.

Ek het vooruit gekyk .. wat voor ons gelê het. Ek het velde gesien. Aaneen uitgestrek ... ek het hier en daar kolletjies lig gesien in hierdie velde.

Ek het gevra "JasHua", "wat is daardie ligte?" Hy het gesê .. "Dit is stede .. of dorpe. Wonings en handelsentrums". "Handel" het ek gedink? Tot watter NUT is handel in hierdie plek?

Hy het net na my gekyk en geglimlag .. en gesê: "jy sal binnekort weet .. kyk .. daar is ons bestemming" het Hy gesê .. en direk na die einde van die hoofweg gewys ...

Ek het gekyk .. vêr, vêr vorentoe ... dit het gelyk soos duisende kilometers .. in die verte ... daar was 'n helder lig .. soos 'n briljante sonsopkoms .. multi-gekleurde .. stralende onbeskryflike kleure... en die musiek ... jy kon die musiek VOEL waarvandaan dit gekom het. Dit was oral .. maar ek was nie eintlik bewus daarvan nie, totdat ek daarop gekonsentreer het. Harmonie .. suiwer harmonie .. styging van een strofe na die volgende ... om 'n crescendo te bereik .. net om weer te vervaag vir die volgende fase .. om aanhoudend op te bou na 'n klimaks .. maar bereik dit nooit nie .. musiek sonder ritme .. sonder einde .. tydloos .. ewig .. suiwer ..

Ek was STOMGESLAAN ... niks op die aarde was soos hierdie musiek van kleur vermeng met klank nie ... as ek 'n liggaam gehad het, sou ek binne vyf sekondes van pure vreugde ontplof het van blootstelling aan hierdie ewige simfonie ... Ek was omring daardeur vanaf die oomblik dat ek hier aangekom het .. maar nie tot op HIERDIE oomblik het ek eintlik daarop gefokus nie ..

Ek was aangegryp (hooked) ...

Ek het (of in gedagte) in stomgeslane verbasing gesê... "WAT is DIT?"

Hy het geglimlag en eenvoudig gesê .. ".. DAARDIE is die hoofstad .. waar my vader woon .. en waarheen ons nou gaan"

So het ons dus voortgegaan. Die hele tyd was Hy in gesprek met my .. maar ek het nie werklik aandag gegee daaraan nie. Ek was heeltemal opgetrek met waarheen ons op pad was .. gepoog om myself te verloor in die ewige lied ... Ek wou die liedjie WEES .. wou daarmee aansluit.

Maar ek het probeer so hard as wat ek kon, ek kon nie heeltemal die vloei daarvan verstaan nie. Dit het van die een oomblik na die volgende verander, altyd stygend na 'n nuwe en unieke strofe .. en net wanneer ek gedink het ek "Het" dit, en wou daarmee saam neurie .. sou dit saamvloei en verander in iets nuuts .. en geen twee strofes word OOIT herhaal nie .. elkeen is uniek .. elkeen 'n meesterstuk .. om nooit weer gehoor te word nie .. soos wat altyd nuwe strofes geskep en saamgevloei word in die geheel .. om altyd op te bou .. altyd te groei .. altyd nuut .. altyd .. heeltemal sonder beskrywing.

Hy het aanhou praat met my .. my vertel van gebeure wat in my lewe sou plaasvind .. hoofpunte en draaipunte in my lewe wat voorlê. Ek was half bewus van wat Hy gesê het .. maar Hy het geweet ek was verlore in die liedjie.

En dit is die rede waarom Hy gewag het totdat ek verlore was in die liedjie om dit vir my te sê. Omdat alles wat Hy my oor my lewe vertel het, in my bewuste vlak vergete geraak het .. soos 'n half onthoude droom. Maar soos wat elke gebeurtenis werklik plaasgevind het in my lewe, sou hierdie geheue opkom .. soos 'n helder Deja Vu .. en dit sou alles duidelik wees ... en ek sou hierdie gebeurtenis GEKEN het .. goed of sleg .. en dit was ALLES deel van die plan.

Ons het gereis, - dit het gevoel soos die dae ... of ure .. of minute .. dis moeilik om tyd te beskryf in 'n plek wat geen tyd het nie. Hy het my hele lewe voor my uitgelê .. vanaf bevrugting tot geboorte, tot op die hede (op daardie tydstip was ek 15) tot aan die verste einde .. wat nou slegs 'n paar jaar weg is .. waar Hy deur die gebeure en hul volgorde gegaan het.

Môre word ek 44 .. (28 Desember 2012) DAARDIE jaar is DEURSLAGGEWEND vir my (EN .. vir die wêreld as 'n geheel).

En waarom? .. wel .. dit is iets wat Hy gesê het toe ons die hoofstad bereik het. Ek sal binnekort daarby uitkom .. want ek wil die hoofstad beskryf .. dit is asemrowend (AWESOME) .. en `n ongelooflike meester bouwerk en mal argitektuur .. (mal soos in AWESOME .. nie gek nie). Soos wat ons naderkom, het die musiek nie "Harder" geword nie .. dit was dieselfde volume ongeag waar jy jou bevind het. Maar die vertoon van lig wat daarmee saam was, het steeds helderder geword.

Die kleure het gevloei met die musiek .. elke golf van sprankelende vuur .. gekleurde vuur ... het deur die klanke gevleg soos wat dit uit die sentrum uitgespruit het .. soos `n ontploffing van dansende vuurwerke tesame met die musiek. Die klanke was die kleure .. en die kleure was die bron van die klanke.

Die sentrum .. waar die helderheid uitgespruit het, het gelyk asof dit nog honderde kilometers vêr was ... nog steeds op hierdie onmoontlike horison wat nie 'n horison was nie .. en op hierdie stadium het ons die buitewyke van die hoofstad bereik .. en WOW ....

Ek het die eerste geboue gesien. Regtig beskeie. Redelikerwys "eenvoudig" .. in vergelyking met dit wat ek dieper in gesien het. Maar selfs hierdie "eenvoudige" strukture het alles op aarde beskaam.

Neem jou basiese pondok daar as voorbeeld ... die LAAGSTE van die eenvoudige geboue ... ek het spesifiek op een gefokus, net om in my geheue in te brand wat die MINSTE van die skeppende magte van die meester bouer was .. Dit was omtrent die grootte van jou gemiddelde huis hier op aarde.

Dit was gebou uit suiwer elemente.

Daar was geen stene van sement  nie .. geen allooie of mengsels nie. Elke deel van daardie gebou was suiwer elemente. Byvoorbeeld .. die vensters .. geraam met 'n ryk ebbehout substans, gepers met goud are.

Elke ruit was .. wat GELYK het soos suiwer diamant .. of kristal. Die mure van die huis was soos 'n tipe maansteen .. ondeursigtig .. tog solied. Lig het in en deur die mure self gevloei .. soos 'n optiese veselkabel in sy werklike toepassing.

Die lig is vanuit alle hoeke geneem en is vergroot regdeur die huis. Die vensters het die lig in wonderlike kleure gebreek en het die binnekant versier met fantastiese kleur reënboë .. dan het die mure die lig geabsorbeer en vergroot, en dit stromend na buite gestuur .. na die huis langsaan .. en die proses het herhaal .. vanaf elke huis .. almal deel van hierdie wonderlike visuele vertoon en het dit versterk dit tot by sy piek .. net om dit weer te stuur na die volgende woning .. en die volgende ...

Ek was heeltemal stomgeslaan ... WAT 'n ontwerp! .. en die verstand van die een wat het hierdie wonderlike idee van optiese glans uitgedink het, moes onpeilbaar wees.

Ek het na die Skepper daar langs my gekyk... verbaas oor hoe briljant Hy was .. dat selfs die "Eenvoudigste" van sy gebou-ontwerpe duisende ligjare bo die briljantste breinvermoë op aarde was.

Ek het Hom met 'n toenemende respek .. en ontsag bekyk .. Hy het net na my gekyk en weer geglimlag .. terwyl Hy die oomblik geniet .. soos wat jy die voorkoms op jou kind se gesig geniet wanneer hy met ontsag iets sien waaraan sy pa tyd en moeite spandeer het, NET vir jou ... 'n tipe vakmanskap trots .. `n bevrediging van 'n taak wat goed afgehandel is.

Ja .. Hy geniet die skepping van al hierdie bouwerke .. Hy geniet dit regtig om dinge te skep ... en geniet dit om Homself uit te daag in elke skepping se uniekheid ten opsigte van die ander .. en elkeen se ongelooflike eenvoudige samestelling.

Hy is 'n kunstenaar sonder gelyke .. en hou in gedagte .. dit was maar net een van sy "EENVOUDIGE" ontwerpe ... daar was baie meer wonderbaarlike dinge voor ons soos wat ons in die rigting van die sentrum van die hoofstad beweeg het .. Ek het my fokus van hierdie een huis weggewend .. en weer met ontsag opgemerk ... HOE die "VOORSTEDE" ontwerp was.

Nie twee van die huise was dieselfde nie .. elkeen het sy eie unieke ontwerp gehad .. en tog .. het elke huis byna soos die ander gelyk .. sommige verder van mekaar .. en elkeen wat ons vanuit die lug gesien het ... het in 'n meer verhewe patroon ingepas.

Het jy ooit 'n fraktale ontwerp en struktuur sonder einde gesien?

[fraktal]. - a geometrical or physical structure having an irregular or fragmented shape at all scales of measurement between a greatest and smallest scale such that certain mathematical or physical properties of the structure, as the perimeter of a curve or the flow rate in a porous medium, behave as if the dimensions of the structure (fractal dimensions)  are greater than the spatial dimensions.

Dit was so.

Die voorstede was geweef in 'n steeds groeiende patroon van uiterste orde .. en geen twee strate .. of huise .. was dieselfde nie. Maar almal het bymekaar gepas in 'n ongelooflike groot kunswerk. Die vele kleure van die huise .. silwer .. goud .. platinum .. alle skakerings van marmer .. ebbehout .. koper .. kristal .. diamant .. ametis .. sitroen .. selfs 'n soort pers metaal wat ek nie kon noem nie .. alles saamgeweef om 'n ongelooflike tapiserie ontwerp te vorm.

Sommige enkelverdieping .. sommige dubbel .. sommige trippel .. en dit was net die HEEL BUITENSTE geboue ... die "eenvoudigstes" .. en die lig wat deur elke huis gevloei het .. van huis tot huis .. het uitgevloei vanaf die sentrum .. `n storm van geordende kleur en klank .. wat regdeur die huise gevloei het .. in 'n steeds veranderende spiraal van die ongelooflikste kompleksiteit .. om die hele toneel in 'n kaleidoskoop van uiterste verstomming te belig.

Ek kon dit eenvoudig net nie alles begryp nie ... Ek het weer na my skepper gekyk... met ontsag .. en Hy het net die oomblik geniet .. Hy het selfs unieke gedeeltes van die ontwerp uitgewys .. soos die wyse waarop die rivier wat ons gevolg het, ingeweef is in die voorstede in groot spirale .. verweefde waterweë ... sodat elke huis 'n klein deel van hierdie rivier naby of deur of daaronder gehad het .. om so die geheel te voed.

Die hoofrivier het voortgevloei ... omring deur die mees majestieuse landskap wat ek nog ooit gesien het .. parke .. fonteine .. boorde bome wat in ongelooflike patrone geplant was .. volgens grootte en kleur .. alles om die rivier geweef wat die hooftema was .. alles het van die rivier gevloei .. en die rivier het gevloei van ..... wel .. die TROON.

Daar .. in die verte .. bokant die huise uitgetroon .. was 'n gebou wat heeltemal anders was in grootte, vergeleke met die ander. Maar .. dit was ook .. maklik herkenbaar as 'n troon. Dis moeilik om te verduidelik, tensy jy dit werklik kon sien. Ons het aan en aan gereis ... die rivier gevolg ... tot by die sentrum .. waar die lig en klank sy oorsprong gehad het ..

Ons het begin om hoër te styg .. ons het ongeveer .. ek skat .. tien kilometer bereik. Hy het dit so gedoen sodat ek NET IETS van die uitleg kon verstaan .. en selfs vanaf daardie hoogte het die stad skynbaar vir ewig uitgestrek .. Ek kon NIE die einde daarvan sien nie .. ons was nou naby die sentrum .. slegs 'n paar honderd kilometer daarvandaan.

Ek het in verwondering afgekyk .. en weereens .. soos wat ek iets van die algehele ontwerp gesien het. Dit was inderdaad 'n fraktal .. 'n baie organiese fraktal. Spirale van toenemende kompleksiteit .. kleure van die wonderlikste skakering en vibrasie wat majestieus deur elke "voorstad"  gevloei het in `n samevloeiing met die geheel in 'n eindelose dans van ongelooflike ontwerp en vakmanskap.

Die rivier .. wat ewiglik reguit gevloei het uit die sentrum .. die sytakke verweef in en deur die "Voorstede" soos 'n blou/silwer roosterwerk .. ingeweef in die groot ontwerp soos die drade van 'n komplekse borduurwerk.

En orals .. mense .. BAIE mense .. en engele .. en miljoene kinders. Hulle hardloop .. speel .. geniet hulleself ongelooflik. Geen trane ... geen geskree .. almal gelukkig en almal baljaar uitbundig. Die kinders .. ek sê vir julle .. die koninkryk van die hemel IS hulle sin .. Daar is SO BAIE van hulle daar.

Maar as jy reken dat daar 30 miljoen aborsies is elke jaar .. dan is dit nie regtig verbasend nie. Ek kyk rond .. Ek sien 'n "oop" plek voor in die reeks majestieuse spirale en parke. 'n Veld .. 'n sirkel .. van suiwer goud .. soos 'n veld van gepoleerde glas .. soos 'n helder sitroen kleur. Dit was ongeveer 200 kilometer deursnee van kant tot kant. Dit was deursigtig .. want ek kon die rivier DAARONDER sien ... reg onder die struktuur in die senter .. die gebou wat OOK 'n troon was .... en wat sowat twee kilometer hoog gelyk het. Ons het begin om daarheen neer te daal.

Geleidelik het ons nader en nader beweeg .. die veld was leeg .. nie 'n ding het daarop geroer nie .. nie 'n voël het daaroor gevlieg nie .. dit was asof .. dit "Gereserveerd" was vir iets .. onaangeraak tot op die oomblik waarvoor die gebruik daarvan gereed gehou was. Die Skepper en ek beweeg laer en laer .. ons dryf nader en nader aan die troon ... en hierdie is die vreemdste deel ... SOOS wat ons nader beweeg aan die troon .. het óf ONS groter geword .. OF .. die troon het kleiner geword ... ek is nie seker wat nie .. Die troon was wit .. suiwer wit deurpers met are van goudlykende vuur.

Solied .. ewig .. en tog .. was dit ook 'n struktuur .. 'n woning. Ek het nooit 'n verduideliking gekry daarvoor nie, behalwe dat ek besef het dat dit ook 'n "Admin" gebou was .. soos 'n hofgebou .. setel van die parlement .. iets soortgelyk.

Ons het reg daarvoor gaan staan. Ek het uitgereik om daaraan te raak .. en toe besef ek dat ek eintlik geen liggaam gehad het nie ... Maar ek HET iets gevoel ... soos 'n suiwerheid .. `n ontsaglike krag van die uiterste gesag .. soos die plek waar ALLE besluite geneem word en waar alle sake eindig.

Dit is hier waar dit ernstig geraak het vir my ... Daar het ek "Gestaan" .. by die basis van die troon .. WETENDE dat ek voorheen daar was .. soos 'n .. MASSIEWE Deja Vu het dit my alles met een slag getref. Ek HERKEN hierdie see van vuur .. van goue glas .. Ek KEN hierdie troon .. Ek KEN hierdie hele veld .. Maar WAAR .. WANNEER?

My Skepper het na my gekyk .. asof Hy vir my gewag het om die volle omvang daarvan te besef ... Hy het nie op daardie oomblik geglimlag nie .. Hy was nogal ernstig .. asof hy WOU hê dat ek moes onthou .. die oomblik ... WANNEER ek voorheen daar was ... en het net geduldig gewag vir my geheue om vorm aan te neem ...

Nadat ek besef het dat voorheen daar WAS, sê ek:

"Meester Skepper (Ek het nie geweet hoe anders om hom op daardie tydstip aan te spreek nie) Ek ken .. Ek ken U .. Ek KEN U nou .. Ek het U gesien .. hierdie plek .. hierdie troon .. hierdie see van vuur/glas .. Ek WAS hier .. met jou .. maar .. wanneer? .. Dit voel nie so lank gelede nie .. en tog .. HOE? "

Hy het na my gekyk met 'n effense glimlag .. Hy het op 'n manier soort van trots na my gekyk en gesê: "

"15 jaar gelede, aardse tyd, het jy saam met My op my skoot gesit, bo-op daardie troon. Jy was 'n baba .. vol lewe en vrae en nuuskierigheid. Jy was vars vanuit My gedagtes .. byna 'n oomblik daarvoor geskep, is in bestaan gebring op aarde direk van My eie Gees self. Jy was baie voortydig gebore. Jy wou aanvanklik nie daar bly nie, daarom het Ek jou hierheen gebring om 'n paar dinge aan jou te verduidelik en om jou 'n keuse te gee. Maar eers het Ek jou teruggestuur nadat Ek jou vertel het dat jou tyd nog nie aangebreek het nie .. jy het 'n lotsbestemming om te vervul en as jy aangebly het, sou jy dit nooit gesien plaasvind nie. Synde 'n baba, het jy dit nie verstaan nie, daarom het jy teruggekom, ietwat koppig, mag Ek byvoeg."

Hy het voortgegaan .. ten spyte van my kyk van .. verwarring?

"So het ek geduldig verduidelik .. terwyl Ek jou op my knie laat spring het... die vreugde wat op jou gewag het .. en miljoene ander .. AS jy sou teruggaan en jou beplande bestemming sou uitleef. Ek het jou vertel dat die beloning om terug te gaan die moeite werd sou wees, en bo alle verbeelding. Jy het na my gekyk met baba blou oë en gevra waarom .. oë wat ek geformeer het om soos Myne te lyk. Ek hou van blou .. dis My gunsteling kleur .. soos wat dit joune is " (Ja.. ek is lief vir blou .. was altyd .. en daar het ek uitgevind waarom).

Hy het voortgegaan om te sê ...

"15 jaar gelede, aardse tyd, wou jy geen deel hê in daardie lotsbestemming nie .. jy het aangehou probeer om jou liggaam te verlaat .. klein en swak wat dit was .. jy wou hier gewees het met my .. jou "Pappa "soos jy my aangeroep het uit die dieptes van jou onskuldige babagees. Hoe lief was ek nie daarvoor nie .. om te hoor dat jy My so roep. Ek is jou "Pappa"... Ek is almal se "Pappa" as hulle dit net sou besef .. en deur jou finale besluit om terug te keer en jou lewe uit te leef ... SAL baie miljoene. "

Ek het Hom gevra .. ietwat verstom. "Dus .. ek het as 'n baba gesterf,.. gewillig .. gesterf .. NET sodat ek hier by U kon wees?"

Hy het gesê: "Ja .. twee keer het jy eintlik daarin geslaag .. en jy het ook baie ander kere probeer .. voordat jy jou eie hart gestop het deur 'n daad van jou wil. Die eerste keer het Ek jou teruggestuur na 'n kort verduideliking. Die tweede keer .. het Ek GEWEET jy sou terugkom, want Ek was die een wat die nuuskierigheid en pure hardkoppigheid in jou geskep het om 'n volledige verduideliking van die feite te kry. Jy het 'n ondersoekende gees .. een wat Ek geskep het vir die doel van jou lotsbestemming .. jy sal dit baie nuttig vind in die dae wat voorlê .. maar ook .. dit sal ook 'n hindernis wees met tye .. maar dis waarom Ek jou `n verstand gegee het soos hierdie .. om 'n "Oorwinnaar" te WEES.

'n "Oorwinnaar" het ek gesê? ... Wat is dit?

Hy het breed geglimlag en beduie met Sy hand oor die see wat voor ons uitgestrek het na die "horison" ... "Sien jy hierdie veld .. hierdie see van glas? ..? Binne 'n paar dekades sal jy, en miljoene ander hier wees .. en ja .. jou suster en dogters (Dogters. Ek sal DOGTERS hê?) sal ook almal hier wees .. springend en juigend van vreugde .. wanneer die hoogtepunt van die hele skepping aan almal bekend gemaak sal word.

Ek het Hom gevra ...

"Dus was ek hier .. en het gekies om terug te gaan nadat jy verduidelik WAAROM ek moes teruggaan." Hy sê: "Ja .. Ek was baie trots op jou .. jy is 'n vegter .. jy gee nooit op nie .. alhoewel jy geneig is om maklik ontmoedig te word .. maar jy staan ook weer en weer op .. jy hou nooit op nie .. DIT is waarom ek trots is op jou. Jy val en misluk .. tog probeer jy weer en weer. Dis nie hoeveel keer jy misluk waarvan ek kennis neem nie .. dis hoeveel keer jy weer opstaan en aangaan.

DIT is karakter .. en karakter is allerbelangrik en noodsaaklik vir dit wat kom nadat jou lewe op aarde voltooi is. "

Ek het na hom opgekyk en gesê: "Huh?" .. (ietwat onnosel moet ek byvoeg)

Hy het net geglimlag en gesê: "Daar breek binnekort 'n tyd aan .. 'n paar dekades van nou af, aardse tyd ... wanneer alles wat jy geleer het .. en alles wat jy sal leer, betekenisvol sal word. Jy dink dat jy heeltyd hier sal sit en altyd gelukkig sal wees hier in hierdie plek en niks doen vir ewig nie? .. NEE, jy sal werk hê om te doen .. plekke om toesig oor te hou .. administrasie .. regering .. alles baie besig .. en besluite sal nodig wees .. van mense met karakter .. mense wat deur die vure gegaan het en dit oorwin het .. en .. mense wat wys .. sterk .. veerkragtig .. standvastig is .. in een woord .. oorwinnaars."

Hy het voortgegaan om te sê: "Nou weet jy waarom jy My nooit geken het nie, behalwe as 'n baba. Jy weet waarom ... want in al die dinge waardeur jy gegaan het gedurende hierdie laaste 15 jaar .. het jy karakter gekweek .. sonder die"Kruk" van godsdiens .... jy het oor en oor geveg .. jy het jou swak brose liggaam oorwin .. dit het sterk gegroei .. jy het die siektes, wat die gevolg was van jou voortydige geboorte, oorwin... jy het die woede en hartseer van jou moeder oorwin .. jy het die aanhoudende geterg by die skool oorwin .. die afknouery en die fisiese aanrandings .. net omdat jy "Anders" was ... jy het deur die leuens op TV gesien .. jy nog nooit ingekoop in hierdie gemors nie ... die misleiding .. jy het aan en aangehou .. altyd gevra .. gesoek .. gelees en gesoek .. want diep binne het jy GEWEET daar is meer aan hierdie lewe as wat jy met die oog kan sien .. en diep binne .. was die saad wat ek daar geplant het toe Ek en jy ons klein gesprek gehad het .. en nou is jy vandag hier... en Ek beantwoord jou vraag ten volle .. want weet dit .. dat alles nie tevergeefs was nie .. lewe HET 'n doel ... veel groter as wat jy jou ooit kan indink. "

Ek het daar gestaan .. dit alles ingeneem .. en dit het skielik alles sin gemaak ... al die moeilikheid waarin ek was .. die seer .. die pyn .. die wanhoop .. die oorwinnings .. oor en oor .. 'n siklus van nederlae .. gevolg deur oorwinnings .. en weer gevolg deur nederlae .. en weer gevolg deur oorwinnings.

Ek was altyd alleen .. nooit 'n vriend nie ... maar ek het voortgegaan .. Ek het GEWEET .. selfs al het ek eintlik in niks "geglo" nie .. dat ek op een of ander wyse VERKEERD was in daardie "geloof" .. wat .. na alles .. NIE 'n geloof was nie, maar 'n aanname.

Hy het daar gestaan ... sodat dit alles kon intrek .. sodat dit alles bymekaar kon pas .. en het baie verduidelik van wat met my gebeur het in my kinderjare .. die vroeë vormingsjare van die basiese karakter wat ek nodig sou hê gedurende die volgende drie dekades .. en net soos wat Hy my wou waarsku daaroor ... sê hy: "Kom saam met my .. daarbo .."

Ons het albei na die troon opgegaan .. en ons het saam daarop gaan sit .. en uitgekyk oor die see van sitroen geel vuur .. wat in ontsagwekkende majesteit gegloei het .. vakant .. vir nou ...

(Ek het nie eintlik "gesit" nie, want ek was in die gees .. geen liggaam as sulks nie .. maar jy kry die idee!)

Hy het afgewys na 'n plek naby die voorkant van die troon .. effens na regs daarvan en gesê. "Weet dit vir 'n feit ... in minder as 4 dekades van nou af, aardse tyd .. sal JY .. en jou twee dogters .. presies daar staan .. op daardie einste plek .. jy sal spring en oorwinning skreeu .. vreugde .. blydskap .. jou arms om jou kleintjies, waarmee Ek jou sal seën op die regte tyd .. en daar sal jy uiteindelik verstaan waardeur jy alles sal moet gaan gedurende die volgende 35 jaar. Agter jou .. om jou .. sal baie, baie mense wees .. wat slegs daar sal wees as gevolg van jou woorde .. wat jy sal sê ... en as gevolg van die oomblik waarin jy dit gesê het. Niemand sal jou ken nie .. jy sal nie op 'n podium .. of in 'n film of in 'n boek wees nie. Net jou woorde .. sal versprei en baie lewens beïnvloed.

Daar .. jy sal daar staan waarheen ek wys

(Hy lig sy hand en wys na die presiese plek waar ek sou staan binne ongeveer drie dekades van toe af)

Ek sal jou erken aan die ander .. die mense wat daar sal wees omdat jy GEKIES het om aan te bly en aan te hou veg .. Ek sal jou naam aan hulle almal bekend maak .. en dan kan jy die res van die 1000 jaar spandeer deur hulle almal te ontmoet .. en om jou getuienis persoonlik te deel .. en om hulle s'n te hoor. Dit sal 'n wonderlike tyd wees vir jou .. jy sal heeltemal dronkgeslaan wees oor wat jy bereik het met jou woorde .. en hul nagevolge.

Niks gebeur verniet nie.

Jou woorde .. gebore in die vure van angs en beproewinge .. sal baie mense se lewens aanraak .. en sal ook baie lewens red .. en die rede waarom Ek dit nou vir jou sê .. "

(Hy het skielik baie ernstig geword .. Sy glimlag van vreugde oor die gedagte van die toekomstige gebeure vervaag .. en die hede kom teruggedruis en met .. 'n traan? ... in sy oog .. en 'n hartseer waarvan ek net die rand daarvan kon sien ..)

Hy vervolg ...

"In die jare wat voorlê .. sal jy probeer om My te vind .. hier .. daar ... jy sal kyk en soek ... jy sal kerke probeer .. dwelms .. alkohol .. partytjies .. vriende .. alles terwyl jy My sal soek ... terwyl jy probeer uitvind WAAR ek op aarde gevind kan word. Jy sal die meeste van wat ek vandag vir jou gesê het, vergeet TOT op die dag VOORDAT dit alles sal gebeur .. en jou ware bestemming sal begin .. wat sal plaasvind in jou 44ste jaar ... "

(DIT is môre .. Ek word 44 .. en JA .. dit is net NOU.. die dag DAARVOOR .. dat ek ELKE WOORD onthou wat hy vir my daardie dag so lank gelede gesê het .. tot VANDAG toe... kon ek net stukkies onthou .. en die plek self .. nie die waarskuwings of die besonderhede nie)

Hy vervolg ...

"... In die jare wat voorlê .. sal jy verlang om te sterf .. jy sal so 'n diep wanhoop ervaar .. sulke verdriet .. soveel pyn. Die vure sal jou smee .. sterker en sterker sal jy met elke smee word. Daar sal drie kere wees waar jy sal probeer om jou lewe te neem .. wat ek sal verhoed .. drie keer sal jy oorleef .. en opstaan en aangaan .. weer .. elke tree .. nader aan die finale produk. "

"Jy sal sterf in jouself .. jy sal sterf vir hierdie wêreld .. jy sal uiteindelik sterf aan die "behoefte" van menslike liefde .. deur dit onbetroubaar en wispelturig te vind. Jy sal op die ou end weet .. slegs MY liefde is verseker .. en slegs op My kan gereken word.

En op daardie dag .. sal jy loop soos 'n leeu .. vreesloos .. dood vir die wêreld .. vertrouend net op My .. en DIT .. is die rede wat ek jou laat dwaal het .. om eens en vir altyd uit te vind, soos wat Salomo dit eens gedoen het .. dat ALLES .. BUITEN my .. ydelheid is.

En daarin .. lê ware krag ... en moed .. en wysheid ... en met daardie drie eienskappe IN jou gesmee deur die vure van die lewe self .. sal jy voort marsjeer in jou 44ste jaar .. en so baie leuens vernietig ... so baie halwe waarhede .. jy sal 'n pad skoonmaak .. net met jou woorde .. na waarheid .. na lewe .. en baie sal volg .. maar NIE VIR JOU nie ... hulle sal die waarheid volg wat jy so moeilik geleer het.

Niemand sal ooit weet wie jy is nie .. tot op daardie dag .. die dag wanneer ek alles vertel, voor die groot skare .. jou prestasies. Beide joune .. en die baie ander krygers wat dieselfde gedoen het wat jy gedoen het.

Jy sal jou beloning dan ontvang .. nie voor dit nie.

Dus .. gaan nou .. terug na die aarde ... en Ek sal elke tree met jou wees .. Ek sal jou gids wees vir elke tree .. en Ek sal nie toelaat dat 'n enkele haar op jou kop geskaad word nie.

Daar sal baie pogings deur die bose een wees om jou om die lewe te bring .. Ek sal jou bewaak .. kyk daar?
(Hy het oor die veld heen gewys ... en daar .. swewend bokant die veld was twee engele .. GROTES .. streng .. sterk .. 6 voet dwars oor die skouers .. ten minste 16 voet hoog ... elkeen geklee soos 'n kryger ... met 'n tien voet lange breë swaard in 'n versierde skede .. gereed vir enigiets)

Hierdie twee was saam met jou sedert geboorte .. hulle is jou beskermers .. in die dae van jou bestemming sal jy hulle persoonlik leer ken .. maar tot dan sal hulle verborge bly .. van jou .. en van ander .. maar NIE van die magte van die duisternis nie ... wat links en regs sal vlug by hul aanskoue .. dus sal geen skade ooit na jou toe kom nie .. jy moet ten alle koste lewend gehou word .. selfs teen jou eie pogings om jou lewe te beëindig .. jy kan nie eers jouself seermaak nie .. soveel as wat jy dit graag sou wil.

(Soos dit blyk .. Ek HET drie keer probeer om myself dood te maak .. en elke keer .. het dit misluk ... oordosis .. niks .. net 'n week later wakker geword en baie goed gevoel ... myself tot die dood toe gedrink? . nee ... ek het my altyd katswink gedrink of alles uitgebraak .. MOTOR ongeluk? .. kop aan kop botsing teen meer as 130km/h in 'n betonpaal wat die motor 'n brandende wrak gelaat het? .. dieselfde .. was uit die motor geslinger toe dit in vlamme uitgebars het .. nie 'n haar geskroei nie ... en nie 'n skrapie nie ... dit was my laaste poging .. na dit het ek opgegee om myself dood te maak .. geen sin daarin nie.)

Daarna het Hy my reg in my oë gekyk .. met sy ongelooflike multi-gekleurde blou vuur oë en gesê ..

"(My naam) ... in die jare wat onmiddellik na hierdie gesprek sal volg .. sal jy slegs dele onthou van wat ek gesê het. Hier en daar sal ek 'n kort herinneringsflits toelaat. Gedurende donker tye .. wanneer jy dit die meeste sal nodig hê.

Maar vir die grootste deel van jou besluite .. en foute .. en ronduit opstandigheid, dit sal jou eie wees. Maar dit is ook 'n deel van wat jy moet leer. Jy sal selfs baie kwaad word vir My binne 'n paar jaar van nou af  .. wanneer jy faal om My in enige kerke of leerstellings of dwelms of boeke of seminare te vind. Jy sal selfs die dag vervloek wanneer jy gebore is .. en jou woede en hartseer sal lei tot afgryslike foute .. maar daardie selfde foute sal jou opbou .. jou woede en jou hartseer deurdat jy My “nie vind nie" en dit sal die hoofsaak wees dat jy My aan die einde sal vind.

'n Week voordat jy 44 sal word, sal die finale toets aanbreek .. jou familie sal jou ook verstoot en teen jou draai ... en in daardie oomblik sal jy 'n finale besluit maak (WAT ek gedoen het) wat die geheue van alles wat ek vir jou gesê het na die oppervlak toe sal bring een dag voordat jy 44 word .. en wanneer jy dit gedoen het ... sal dit begin .. want jou 44ste jaar is wanneer alles wat jy ooit geleer het, sal begin afspeel. Die wêreld sal baie donker word .. mense sal begin sterf en hoop verloor .. WEES vir hulle daardie hoop .. en sê vir hulle .. Hulle HET wel 'n "Pappa" .. en dat Ek hier is VIR hulle .. en dat daar ook niks in hulle lewens is wat verniet gebeur het nie .. want Ek hou alle gebeure .. en elke lewe .. goed en waarlik in die palm van My hand. Gaan nou .. en Ek sal jou weer hier sien ... in net minder as 4 dekades van jou tyd, vanaf nou gereken.

Toe .. BANG ... net soos dit .. het ek my oë oopgemaak ... en na die horlosie langs my bed gekyk ... ek was daar vir wat soos ure .. of dae .. gevoel het, maar slegs sowat vyf minute het verbygegaan.

En getrou aan Sy woord ... het ek amper alles vergeet wat hy gesê het ... tot vandag ..

ADDENDUM

Nadat ek dit geskryf het, het meer van die gebeurtenis in my geheue teruggekom.

Die afgelope jaar was baie moeilik vir my. Baie, baie moeilik. Ek sal nie in al die besonderhede ingaan nie, maar die gebeure van my lewe, net in die laaste 12 maande wat gelei het tot vandag .. die laaste dag van my 43ste jaar .. was die finale stadium. Ek is nou dood vir hierdie wêreld. En as gevolg van wat ek nou kan onthou van daardie gebeurtenis 28 jaar gelede... kan ek sien waarom.

Daar is 'n groot en verskriklike afgrond net voor ons. Baie miljoene sal sterf .. oorlog .. dood .. verlies van hoop. Ons hele manier van lewe .. ons hele beskawing .. sal binnekort verwoes wees ..

Dit is wanneer ligte die helderste skyn .. wanneer duisternis aanbreek.

Die duisternis sal baie binnekort aanbreek. Voor die middel van volgende jaar ... Ek kan nie duidelik sien WAT dit is nie .. Ek weet net dat dit verwoestend is .. en permanent .. soos in .. dit beëindig die Westerse beskawing .. vir ewig.

Een ander ding wat ek weet wat gaan kom ..

DAAR SAL GEEN WAARSKUWING WEES NIE ... NIEMAND sal dit voorspel nie .. GEEN profeet sal daarvan waarsku nie .. NIEMAND sal WEET nie .. totdat die laaste paar sekondes aanbreek.

Dit gaan VINNIG en SKIELIK en WÊRELDSKUDDEND wees .. GEEN waarskuwing .. selfs nie van die Meester af nie.

Die ENIGSTE leidraad wat ek met betrekking tot die begin van die einde gegee is ... dat dit op 'n gewone dag sal plaasvind. 'n Dag net soos enige ander. Geen verandering .. geen "gevoel" van die dreigende oordeel nie  ... net 'n skielike en skokkende VERANDERING .. en niks sal ooit weer dieselfde wees nie.

Ons tydperk eindig .. net .. soos .. dit (klap van die vingers).

Dan na hierdie verandering .. hierdie verwoestende wêreldskuddende gebeurtenis .. kom die oes.

Dan voor die jaar 2020, die finale einde.

Ek was vertel dat ek dit sou sien .. die koms. Dit is heel aan die einde. Ek is ook gesê dat ek nie die ouderdom van 50 jaar in my huidige liggaam sou sien nie.

Ek is môre 44. Dit is die jaar waarin my lotsbestemming vertel is en al die jare van swaarkry .. dom foute .. lesse wat geleer is .. en karakter wat gebou is, gebruik sal word.

Ons het .. ek voel .. maar 'n paar weke van "Normaal" oor.

Wanneer die verandering kom .. sal dit almal heeltemal onkant vang.

Hulle is reeds onkant betrap, as gevolg van die Desember 21 veldtog .. wat ontwerp is DEUR die media .. om presies dit te bereik.

Nou het hulle 'n hele wêreldbevolking wat nie `n snars omgee oor enige voorspellings of profesieë of voorbodes nie.

Almal is aan die slaap .. soos beplan .. "en die vloed het op 'n dag gekom wat hulle nie geken het nie .. en almal weggevoer" ... soos in die dae van Noag .. so sal dit

weer wees ... en so IS dit werklik... NOU.

No comments: