Tuesday, January 22, 2013

Stap Eers In ‘n Ander Man Se Skoene




Billy was ‘n groot, snaakse, huislike tipe kêrel. Hy het redelik snaaks aangetrek en die klere het nooit behoorlik gepas nie. Daar was ‘n hele paar werknemers wat gedink het dis vreeslik snaaks om met hom die gek te skeer.

Eendag merk een van sy kollegas ‘n klein skeurtjie op in Billy se hemp en hy gryp die stukkie en skeur die hemp verder. ‘n  Ander kollega in die fabriek pluk ook verder aan die skeur en kort voor lank is daar ‘n hele materiaal strook wat aan Billy se hemp hang.

Billy het aangegaan met sy daaglikse taak en op ‘n stadium stap hy te naby verby aan ‘n beweegde belt. Die geskeurde hemp strook word deur die masjien ingetrek. Binne sekondes word sy hele hemp deur die bewegende band gegryp en Billy verkeer in ernstige moeilikheid.

Alarm het begin skreeu, skakelaars is in der haas afgeskakel en op die manier is ‘n tragedie voorkom. Die voorman, was bewus van wat presies gebeur het en wat het aanleiding tot die insident gegee, ontbied al die manne en dra die volgende storie aanhul oor:

In my jonger dae het ek in ‘n klein fabriek gewerk. Dit was waar ek vir die eerste keer Mike Verwey ontmoet het. Hy was groot en nogal skerpsinnig gewees. Hy was altyd besig om grappies te maak en het daarvan gehou om sy mede kolegas ‘n poets te bak. Hy was ‘n natuurlike leier. Dan was daar Pieter Lumas, hy het altyd ingeval by Mike se planne en poetse, hy was ‘n volgeling. En dan was daar ‘n man by die naam van  ....... Jakkie.

Hy was ietwat ouer as die res van ons – stil, skadeloos en eenkant. Hy het altyd sy middagete eenkant by homself geeët. Hy het dieselfde gelapte broek vir drie jaar aaneenlopend gedra. Hy het nooit deelgeneem aan die speletjies wat ons speel tydens etenstye. Dit het voorgekom asof hy heeltemal afsydig was en het altyd alleen eenkant onder ‘n boom gesit.

Jakkie was die natuurlike teiken vir al die poetse. Hy sou soms ‘n lewendige padda in sy kosblik kry of ‘n dooie muis in sy hoed. Maar hy het dit altyd in ‘n goeie gees aanvaar.

Toe een herfs, terwyl die werk baie min was het Mike bietjie tyd afgeneem om te gaan jag. Pieter het natuurlik saamgegaan. Hulle het ons almal belowe dat as hulle wild kry sal hulle vir ons elkeen ‘n stukkie saambring. Ons was almal baie opgewonde toe ons hoor dat hulle terug gekeer het van die jagveld en dat Mike ‘n lekker groot bok in die hande kon kry.

Ons het nog meer as dit gehoor. Pieter kon nooit iets vir homself hou nie en het dit laat uitlek dat hulle ‘n ordentlike poets gaan bak vir Jakkie. Mike het die bok verwerk en het vir elkeen ‘n lekker groot pakkie met wildvleis gemaak. En, vir die grap, het hy die ore, stert en wildspote bewaar om ‘n pakkie daarvan vir Jakkie te maak – dit sou regtig skreeu snaaks wees wanneer Jakkie sy pakkie oopmaak.

Mike deel die pakkies aan almal uit tydens die middagete. Ons elkeen het ‘n mooi pakkie gekry, dit oopgemaak en Mike daarvoor bedank. Die grootste pakkie het Mike gebêre vir laaste. Dit was Jakkie se pakkie.

Pieter wou omtrent bars van opgewondenheid en Mike het ‘n baie selfvoldane trek op sy gesig gehad. Soos altyd, Jakkie het eenkant by homself gesit, hy was op die verste punt van die groot ou hout tafel. Mike stoot die pakkie nader aan Jakkie tot binne sy reik afstand en ons almal sit en wag om te sien wat volgende gebeur. Jakkie was nooit een wat baie gepraat het nie. Hy was so stil jy sou nooit geweet het hy is in die omgewing nie. Gedurende die laaste drie jaar het hy skaars ‘n honderd woorde met sy mede werkers gepraat. Dus was ons almal baie verbaas met wat volgende gebeur het.

Hy het die pakkie stewig in sy hande geneem en stadig opgestaan. Hy het breed geglimlag vir Mike – dit was toe dat ons eers opmerk sy oë glinster soos die trane opwel. Sy adams appel beweeg ‘n paar keer op en af en toe kry hy eers sy emosies onder beheer.

“Ek het geweet jy sou my nie vergeet nie,” sê hy dankbaar; “Ek het geweet jy sou jou kant bring! Jy is 'n groot ou en hou daarvan om met ons die gek te skeer, maar ek het die heeltyd geweet dat jy ‘n goeie hart het.” Hy het so paar keer weer gesluk aan die knop in sy keel en toe sy blik op die res van ons gevestig.
 
”Ek weet dat dit voorkom asof ek nie deelneem aan julle manne se speletjies nie maar ek het geensins bedoel om ongeskik te wees nie. Julle sien, ek het nege kinders by die huis – en ‘n vrou wat ‘n invalide is – bedleênd nou reeds vir vier jaar. Sy gaan nooit beter word nie. En soms wanneer sy in erge pyn verkeer sit ek die hele nag by haar en waak om haar so gerieflik as moontlik te maak en op te pas. Die grootste gedeelte van my loon gaan om die dokters af te betaal en medisyne te koop vir my vrou. Die kinders probeer hulle bes om te help maar by tye was dit baie moeilik om kos in hulle monde te plaas.”

Miskien dink julle dit is snaak as ek eenkant gaan sit om my middagete te eet. Wel, ek skat ek was ‘n bietjie skaam, want soms het ek niks om tussen my broodjies te sit nie. Of soos vandag – daar is net ‘n rou raap in my kosblik vir middagete. Maar ek wil hê julle moet weet hoeveel hierdie vleis vandag vir my werklik beteken. Miskien meer as vir enigeen rondom die tafel, want vanaand sal my kinders ...” hy vee eers die paar trane van sy gesig af met die agterkant van sy hand, “...vanaand sal my kinders werklik ‘n ....” Hy pluk aan die toutjie waarmee die pakkie vasgebind is.

Ons het Jakkie so intens dopgehou en geluister na sy woorde van dankbaarheid dat ons nie veel aandag geskenk het aan Mike en Pieter nie. Maar ons almal merk hulle nou op, want albei duik op die pakkie in Jakkie se hande af om dit te probeer gryp. Maar hulle was te laat. Jakkie het die papier omhulsel reeds oop en is besig om sy geskenk te bekyk. Hy ondersoek elke wildspoot, elke oor en toe hou hy die stert in die lug. Dit waggel lomp in sy hand. Dit moes eintlik skreeu snaaks gewees het, maar niemand het gelag nie – nie een enkele siel nie. Die moeilikste gedeelte was toe Jakkie opkyk en probeer glimlag vir die poets.

Dit is waar die voorman die storie los en al die manne wat om hom gestaan het. Hy het nie nodig gehad om enigiets meer te sê nie: maar dit was verblydend om te sien hoe die ander hul middagete deel met Billy. Een mede werker het selfs sy hemp vir Billy aangebied.

No comments: