Friday, January 25, 2013

Is my naam nog Boer?




Ek hoor 'n stem wat skaam daar fluister: kyk, my naam is Boer
en ek staan gestroop van trots en roer want te lank het ek gesloer
om my liefde vir God, volk en vaderland uit te voer. Maar my ore,
die kon ek uitleen aan die groot hoer en kyk, my kerk het my ‘n
leuen gevoer en so is my siel van die Waarheid na die hel ontvoer.

Ek hoor ‘n stem wat verlate fluister: kyk, my naam is Boer en
eens staan my voorsate so trots en stoer en die grense van hul
Godgegewe land staan vas in elke kontoer en die Gees van God
het saggies soos ‘n Tortelduif in hulle midde gekoer en die aparte
engele was oor hierdie Boervolk so diep ontroer.

Ek hoor ‘n stem wat so oorwonne fluister: kyk, my naam was
eens Boer maar na die wêreld se aanbiedinge het ek alte graag
geloer en die Waarskuwingstem van die Heilige Gees het ek met
geweld toegesnoer en na die mallemeule van ‘n wêreldhel,
daarheen het ek my vrolik laat wegvoer en daarom sal my vyand
wat ek op my heel beste sou vet voer, nou op my erfland as die
nuwe eienaar daarop boer.

Ja, ek hoor ‘n stem wat saggies fluister: kyk, my naam was eens
Boer maar ek staan nou gestroop van my trots en roer want te
lank het ek gesloer om my liefde en lojaliteit jeens my God, volk
en vaderland uit te voer.


Judith de Beer    
Maandag 22 Januarie 2013

No comments: