Monday, January 23, 2012

Die Odes van Salomo (1)


‘n Ode is ‘n Liriese lofgedig oor ‘n verhewe onderwerp

Hier is seker van die mooiste lofliedere van vrede en blydskap wat die wêreld oor beskik. Maar hul presiese oorsprong, datum wanneer geskryf en presies deur wie geskryf is steeds onbekend.

Die odes is afkomstig van ‘n baie antieke Siriese geskrif, dit blyk of dit vertaal is vanuit die oorspronklike Grieks na Siries. Daar bestaan hewige debat oor die eerste gebruik van die lofliedere maar die mees aanvaarbare blyk te wees dat dit gebruik is deur die nuut gedoopte gelowiges van die eerste eeu.

Ons het die vertaling van die oorspronklike odes te danke aan J. Rendel Harris wat die odes as volg beskryf het:
“There does not seem to be anything about which everyone seems agreed unless it be that the Odes are of singular beauty and high spiritual value.”


Ode 1
1 JaHWeH is soos ‘n Krans op My hoof en Ek sal Hom nie verlaat nie.
2 Die Krans van Waarheid is vir My gevleg, en Sy het U takke binne My laat bot;
3 Want Sy is nie soos ‘n verwelkte krans wat nie uitbot nie:
4 Maar U is lewendig op My hoof en U het op My gebot.
5 U vrugte is vol en raseg: Hulle is vol Verlossing.

Ode 2 is verlore.

Ode 3
1 ...... Ek beklee.
2 MY ledemate is met Hom, ek hang aan Hom en Hy het my lief;
3 Want ek sou nie geweet het hoe om JaHWeH lief te hê as Hy my nie liefgehad het nie.
4 Wie kan die liefde verstaan, behalwe hy wat liefde ontvang?
5 Ek het die Uitverkorene lief, my siel het Hom lief; en waar Sy rus is, daar is ek ook.
6 Ek sal nie ‘n vreemdeling wees nie, want die Hoogste El en die barmhartige Meester koester geen wrok nie.
7 Ek is verenig met Hom, want die geliefde het die Geliefde Een gevind, omdat ek daardie Seun liefhet, sal ek ‘n seun word.
8 Want hy wat verbind is met Hom wat nie sterf nie, hy sal ook onsterflik word.
9 Hy wat in U glo, sal ‘n lewende wese word.
10 Sy is die Gees van Waarheid van JaHWeH wat die mense Sy Weë leer.
11 Wees wys, en verstaan en wees opmerksaam.
Halalu-JaHH / Prys jul JaHH!

Ode 4
1 GEEN sterfling verander U Apartheidsplek nie, o my Elohey, en daar is geeneen wat hom sal verander en op ‘n ander plek sit nie,
2 Want geeneen het enige gesag oor hom nie; want U het U Apartheidsplek bedink voordat U plekke gemaak het:
3 Wat ouer is, sal nie verander word deur die wat jonger as hy is nie. U het U Hart, o JaHWeH, aan U getroues gegee.
4 U sal nooit onbekwaam wees nie, ook sal U nie vrugteloos wees nie.
5 Want een uur van U Waarheid is beter as al die dae en jare.
6 Want wie sal hom beklee met U Guns en verwerp word?
7 Want U Seël is bekend, en U skepsele is bekend met Haar,
8 en die Leërskare hou Haar, en die uitverkore Hoofboodskappers is met Haar beklee.
9 U het vir ons gemeenskap met U gegee: Dit is nie asof U ons nodig het nie, maar eerder dat ons U nodig het.
10 Sprinkel U dan oor ons U Dou, en open U ryk Fonteine wat vloei met melk en heuning vir ons.
11 Want by U is geen berou, dat U berou sal hê oor enigiets wat U beloof het nie;
12 En die einde is aan U bekend.
13 Want wat U gee, skenk U mildelik, sodat U dit nie van nou af aan sal terugneem nie; want alles is aan U, as die Elohim, bekend,
14 en is van die begin af voor U gereed gemaak en U, my Elohey, het alles gemaak.
15 Halalu-JaHH / Prys jul JaHH!

Ode 5
Ode deur die Kneg van JaHWeH
1 EK dank U, o JaHWeH, omdat Ek U liefhet.
2 0, Hoogste El, verlaat My nie, want U is My hoop.
3 Ek ontvang U Barmhartigheid vrylik: Ek sal deur Hom leef.
4 My agtervolgers sal kom, maar hulle sal My nie sien nie:
5 ‘n Donker wolk sal voor hul oë kom, en ‘n ondeursigtige mis sal donkerte oor hulle bring;
6 Hulle sal nie die Lig hê om te sien nie, sodat hulle My nie sal gryp nie.
7 Hulle plan sal dwaasheid word, en dit wat hulle saamgesweer het, sal terugkom op hul eie hoofde;
8 Want hulle het ‘n plan uitgedink, maar dit sal vir hulle tot niks kom nie;
9 Hulle het besoedelde planne gesmee, maar dis bevind dat dit tevergeefs was.
10 Want My hoop is gevestig op JaHWeH, en Ek sal nie vrees nie;
11 Omdat JaHWeH My redding is, sal Ek nie bevrees wees nie.
12 Hy is soos ‘n Kroon op My hoof, en Ek sal nie wankel nie;
13 Selfs as alles sou wankel, sal Ek vasstaan;
14 Selfs as alles wat sigbaar is, vergaan, sal Ek nie sterf nie:
15 Want JaHWeH is met My en Ek is met Hom.
Halalu-JaHH / Prys jul JaHH!

No comments: