Thursday, May 13, 2010

Die Vyand Binne Ons


Ons as Boervolk het al amper gewoond geraak daaraan om die algemene vyand van die wêreld te wees, van die vroegste tye af. Almal was jaloers op die seëninge wat Vader op ons uitgegiet het maar noodwendig het die seëninge wat op ons gerus het ook oorgespoel na die ander volke wat saam met en rondom ons is.

Die jaloesie het gemaak dat die ander volke gedink het dat as hulle ons vernietig of verdryf van ons plek, dan kan hulle ons plek inneem en daarmee saam die seëninge verkry.
Vir jare het dit tog gelyk of dit wel so kan wees as ons kyk hoe het Engeland die land geplunder en die Boervolk verkrag het om die goud in die hande te kry.

Deesdae is dit die Afrika volke in die land wat daarop uit is om die Boervolk te plunder en te roof.
Ons word verneder en in die grond in vertrap.
Maar omdat ons in die modder is dink heelwat van die volk dat hulle moraal en morele waardes ook in die modder moet wees.

Die geloof en vertroue in Yahweh is net so sterk soos wat die welvaart is. Sodra die welvaart verdwyn dan verdwyn die geloof en vertroue en daarmee saam die morele standaarde. Ek verstaan dit nie, moet die geloof nie tog sterker word hoë groter die beproewing nie?
Die vraag ontstaan dan noodwendig – was daar van die begin af ware geloof gewees? Ek glo nie, dit kon net die kerkie-kerkie geloof gewees het. Kerkie-kerkie geloof is die geloof dat; ek is ’n gelowige en gered omdat ek in ’n kerk is. Sekerlik een van die grootste slagysters wat satan nog kon stel vir die mens.

Maar om terug te keer na die eintlike onderwerp. Dit is heelwat makliker om jouself of die volk te verdedig teen ’n sigbare vyand, jy kan gevegslinies opstel, verdedigings planne beraam maar hoe gemaak met die vyand wat tussen ons is, die wat soos ons is.

Daar is hoeveel van die Boervolk wat verarm, verneder en gebroke is vanweë die vyand wat tussen ons rondloop.

Waarvan praat ek ?

Daar is hoeveel maatskappye en besighede wat van ons volksgenote ontslae geraak het net sodat hulle mense van ander volke wil aanstel om kontrakte te kry en die oomblik toe die ekonomie bietjie versleg, was dit ’n verskoning om van nog meer van ons mense ontslae te raak.
Die vraag is wat het dit te doen met die vyand tussen ons ? Omtrent alles, want die meeste van die afdankings en afbetalings word georkestreer deur ons eie volksgenote. Nie volks vreemdes nie maar ons eie mense.

Ter wille van hul eie welvaart en gewin sal hulle nie huiwer om ’n mede volksgenoot in die grond in te trap nie. Soms wonder ek, hoeveel gebroke mense lê daar in die pad na sukses van ’n man of vrou. Op hoeveel gebroke gesinne moes hulle trap om op te klim na die volgende sport van die leer.
Hoe kan jy skape in ’n kraal beskerm terwyl die wolf saam in die kraal is ?
Ons as gelowiges besef almal dat ons in die laaste van dae is en dat die groot verdrukking voor die deur is. Die tyd waarin ons beproef sal word in ons geloof tot die uiterste toe.
Die hele wet word opgesom in twee gebooie soos Yahshua self vir ons gesê het, jy moet Yahweh jou Elohim liefhê met jou alles en jou naaste soos jouself.
Dus kan ons aanvaar dat die beproewing sal gaan oor die twee liefdes, die een vir Yahweh en die ander vir jou naaste.

Ons almal het al daaraan gedink wat ons alles sal doen vir ons Vader en dat ons bereid is om alle vervolging te weerstaan ter wille van die liefde en geloof in Hom, maar is ons bereid om dieselfde te doen ter wille van die liefde vir die naaste ?

Een van ons grootste beproewings in die tyd wat voorlê sal sekerlik wees in die liefde vir ons naaste.

Sal ek en jy die toets kan deurstaan ?

Sal daar vir ons gesê kan word, “Mooi so, goeie en getroue dienskneg ?”

No comments: