Thursday, April 29, 2010

Wat is ’n Vriendin se liefde?


Dis 'n houtkruis teen alleenheid,
'n Steunpilaar in pyn,
'n Vuurhoutjie en 'n olielamp,
wanneer jou lewenslig begin kwyn.

Dis 'n skouer om op te huil,
Wanneer die wêreld jou soms druk,
'n Hand wat weet wanneer om jou vas te hou,
en wanneer om vir jou 'n roos te pluk.

Dis 'n oor wat na jou luister,
Al praat jy soms nie sense nie,
'n Stem wat vir jou fluister:
"Jy's 'n dierbare mens."

Dis 'n kombers teen die koue,
'n Sambreel teen die reën,
'n Fort waardeur geen wind kan waai,
Selfs wanneer die donderweer buite dreun.

Dis 'n telefoonoproep uit die bloute,
'n Drukkie wanneer jy dit die nodigste het,
En wanneer woorde oorbodig is,
Word Liefde 'n stille gebed.

Bo alles is Liefde 'n gawe van God -

Geen mens kan daarsonder klaarkom -
Dis die kern van Sy grootste gebod
liefde aan jou naaste maar belangrik ook aan HOM !!

1 comment:

RoosMaryn said...

Ja Gelofteboer, weereens het jy 'n wonderlike inspererende gedagte hier beet. Dit spreek tot diep in mens se hart en siel! Daar is so baie van ons wat onself met hierdie gedagte kan vereenselwig. Net met die hulp van God kan mens vasstaan en voortgaan. Baie dankie dat jy dit met ons gedeel het. Liefde Groete RoosMaryn