Monday, September 1, 2008

Kinders is soos Vlieërs


Jy spandeer jare om hulle van die grond af te kry om te vlieg.

Jy hardloop saam met hulle totdat julle beide skoon uitasem is. Hulle val…. raak verstrengel….. jy maak hulle heel, vertroos hulle, bemoedig hulle en verseker hulle dat hulle wel eendag sal kan vlieg.

Uiteindelik, is hulle in die lug.

Hulle benodig meer lyn en jy bly meer skiet gee met die lyn.

Hulle pluk aan die lyn en met elke draai van die lyn is daar ‘n hartseer wat tog ook gevul is met blydskap.

Die vlieër raak al hoe kleiner in die vêrte en jy weet dat dit nie meer lank sal wees voordat hierdie pragtige vlieër die lewenslyn sal breek wat jul aan mekaar gehou het.

Dit sal vlieg soos dit veronderstel was om te vlieg …. vry en alleen.

Slegs dan sal jy weet dat jy tog ‘n goeie werk gedoen het van die vlieër.

1 comment:

Anonymous said...

pragtige inskrywings hier, ek het hulle almal geniet...veral die skouer-een net so goed! hou so aan! dis voorwaardelik inspirasie wat enige een hier kan vind! Hierdie vlieer-inskrywing is puik!