Friday, September 26, 2008

Die Bybel en die Kole Mandjie


Die storie word vertel van ‘n ou man wat op ‘n plaas in die berge gebly het saam met sy jong kleinseun. Elke oggend vroeg was Oupa al op en het by die kombuis tafel gesit en uit sy ou verslete Bybel gelees.

Sy kleinseun, wat net soos sy Oupa wou wees, het hom nageboots in alles wat hy doen.

Een dag toe vra die kleinseun hom,

“Oupa, ek probeer elke oggend die Bybel te lees net soos jy, maar ek verstaan dit nie en dit wat ek verstaan vergeet ek so vinnig soos wat ek die Bybel weer toemaak. Watse goed doen dit om die Bybel te lees?”

Die Oupa draai stadig om terwyl hy besig was om kole in die koolstoof te sit en sê, “Neem die kole mandjie na die rivier en bring vir my ‘n mandjie vol water terug.” Die seun het gedoen soos sy Oupa hom gevra het, alhoewel al die water uitgeloop het deur die mandjie nog voordat hy die huis kon bereik.

Die Oupa lag en sê, “Jy sal volgende keer bietjie vinniger moet wikkel met die mandjie water,” en stuur hom terug rivier toe met die mandjie om weer te probeer.

Die keer hardloop die seuntjie vinniger, maar die mandjie was weer leeg voordat hy by die huis aankom. Uitasem, vertel hy sy Oupa dat dit onmoontlik is om water in ‘n mandjie te dra en hy gaan haal die emmer op die stoep om te gebruik in plaas van die mandjie.

Die Oupa antwoord, “Ek soek nie ‘n emmer water nie, ek soek ‘n mandjie water. Jy kan dit doen. Jy probeer net nie hard genoeg nie,” en hy stap buitentoe om die seun dop te hou terwyl hy weer probeer.

Op die stadium het die seun besef dit is hopeloos om dit reg te kry maar om aan sy Oupa te bewys al hardloop hy so vinnig as wat hy kan, daar is nie ‘n manier wat die water nie sal uitloop voordat hy by die huis is nie.

Die seun skep die water en hardloop vir al wat hy werd is maar toe hy by sy Oupa uitkom is die mandjie weereens leeg.

Uitasem, hyg hy, “Sien Oupa, dit is hopeloos!”

“So jy dink dit is ‘n hopelose saak?” sê die Oupa, “Kyk na die mandjie.” Die seun kyk na die mandjie en vir die eerste keer besef hy dat die mandjies anders lyk. In plaas van ‘n ou vuil kole mandjie, was dit nou skoon.

“Seun, dis wat gebeur as jy die Bybel lees. Jy mag dalk nie miskien alles verstaan of onthou nie, maar wanneer jy dit lees, sal dit jou van binne verander.”

Dit is die werk van God in ons lewens.

Om ons te verander van binne na buite en om ons stadig te omvorm na die beeld van Sy Seun.

Neem tyd om ‘n stukkie van Vader se Woord elke dag te lees. Bid dat Hy dit sal gebruik om jou hart en verstand na Hom te keer.

---------- …. ----------

(Psa 119:9) Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na U woord.

3 comments:

Unknown said...

Dit is werklik asemrowend mooi geskryf. Ek het saam met my vriend op die telefoon bybelstudie gedoen en dit was so lekker om op die internet 'n plekkie te kry om saam bybel studie te doen.

Dankie vir die wonderlike voorreg om hierdie stukkie te kon lees.

Unknown said...

Hoe waar ons God is groot ..Prys die Here vir wat hy vandag in ons lewe gaan doem ..

Unknown said...

Dit was werklik n besondere boodskap. So mooi.