Monday, July 28, 2008

Die Krag van Woorde


‘n Groepie paddas het deur die woud gereis en twee van hulle het in ‘n baie diep put geval. Al die ander paddas het rondom die put vergader. Toe hulle sien hoe diep die put was, vertel hulle die twee paddas dat hulle so goed as dood is.

Die twee paddas het die kommentare geïgnoreer en probeer om uit die put te spring so al wat hulle werd is. Die ander paddas het aan hulle vertel dat hulle maar net sowel kan ophou spring want hulle is so goed as dood is. Uiteindelik, het een van die paddas gehoor gegee aan wat die ander paddas gesê het en moed opgegee. Met sy laaste sprong poging het hy neergeval en dood gegaan.

Die ander padda het steeds gespring so hard en hoog hy kon. Weereens het die paddas buite die put vir hom gegil om op te hou om homself so te pynig en maar eerder rustig te raak en kalm dood te gaan. Maar die padda het net harder gespring en uiteindelik maak hy dit toe om uit die put te kom.

Toe hy uit die put is vra die ander paddas aan hom, “Het jy ons nie gehoor nie?” Die padda verduidelik toe aan hulle dat hy doof is en dat hy onder die indruk was dat hulle almal hom die heeltyd aangemoedig het om nog harder te probeer.

Die storietjie gee ons baie om oor te dink naamlik:
1. ‘n Bemoedigende woord aan iemand wat platgeslaan is kan hulle aanmoedig om op te staan en hul doelwit te bereik.
2. Vernietigende woorde aan iemand wat platgeslaan is kan ‘n negatiewe effek hê. Wees versigtig met dit wat sy sê.

Mark Russel se aanhaling oor woorde is baie waar:
Die sneeu mag glad en sag lyk maar die rotse daaronder is skerp!

Is die woorde wat jy uiter aan ander bemoedigend sodat hulle aanhou spring om uit te kom of laat jou woorde hulle moed opgee en gaan lê?

2 comments:

Unknown said...

Die lewe sal soveel ryker wees as mense meer vir mekaar omgee. Dan is dit weer die kwessie dat daar ook soveel verbittering in die lewe is, dat mense juis nie enige aanmoediging verwag nie! Ook is daar altyd die suspisie van 'wat word van my verwag? wat wil hulle he? Ons leef in 'n baie hartseer tydperk ...

Anonymous said...

Mense dink altyd dis maklik as jy sukkel want daai oomlik is jy die enigste een wat die pyn voel. Maar alles wat n mens doen is net deur die genade van God en jou vertroue aan hom.En daar is mos immers in die bybel geskryf dat God die help wat hulle self help.