Thursday, July 10, 2008

Daaglikse Wyshede

Die wat hier lees het seker nou al agtergekom dat die daaglikse inspirasie stukkies eintlik elke 2de dag inspirasie is aangesien ek probeer (as niks voorval en die Genade my toelaat) om Maandae, Woensdae en Vrydae inspirasie stukkies te plaas.
Ek wil nou die ander dae tussenin, Dinsdae en Donderdae en miskien Sondae inspirerende wyshede en spreekwoorde plaas - sal ons maar sê, tussenin vullertjies. Ek sal sover moontlik hulle vertaal sodat ons dit ook in ons eie Moedertaal dit kan waardeer. Indien die "punch line" verlore sal gaan tydens vertaling sal ek dit eerder in engels hou.

Laat weet maar of julle daarvan hou of nie.

"In die lewe kan jy nooit te goed of te opreg wees nie want almal wat jy ontmoet dra 'n sware las. Indien jy jou dag so spandeer dat jy uitdrukking gee aan jou goedheid en opregtheid teenoor almal wat jy ontmoet, sal jy 'n gevoel van warmte en blydskap agterlaat. Daarmee sal jy help om ander se laste ligter te maak waarmee hulle worstel."

Brian Tracy

2 comments:

Anonymous said...

Tot my skande sien ek nou eers die skakel na jou blog. Baie dankie vir jou daaglikse wyshede en inspirasie. Dis lekker om te lees! En dit beteken baie!

Boere Groete
Charmain

Unknown said...

Ek het 'n rukkie terug hier 'n draai gemaak. Behalwe die lekker daaraan om te lees, is dit inspirerend en so toepaslik eenvoudig op ons lewens met 'n insiggewende boodskap.

Baie dankie!