Tuesday, August 13, 2013
Inspirerende boodskap op Badkamerdeur.
‘n Inspirerende boodskap is Maandag op ‘n badkamermuur in ‘n damesbadkamer by ‘n universiteit in Amerika opgeplak.
Dis nie ongewoon om notas, graffiti en stories op ‘n badkamermuur te sien nie, en ‘n Reddit-gebruiker, chellylauren, het vertel dat van die dames in die universiteit soms glo tragiese verhale op die mure skryf.
Iemand het die afgelope week op dié boodskappe reageer.
Die volledige teks van die boodskap volg:
Aan die meisie wat verkrag is: Jy is so sterk. Ek kan my nie indink deur hoeveel pyn jy moes gaan nie. Die feit dat jy braaf genoeg was om daaroor te skryf (al is dit op ‘n badkamermuur), gee my hoop.
Aan die meisie met die eetversteuring: Glo my, al ken ek jou nie, is jy pragtig, jy verdien jou gesondheid. Jy verdien verlossing uit daardie hel.
Aan die meisie met die alkoholis-pa: Ek is so jammer vir die lyding wat dit veroorsaak. Weereens is sulke dapperheid merkwaardig. Jy moet ‘n sterk persoon wees om sulke pyn te sien.
Aan die meisie wie se pa dood is: Die verlange gaan nooit weg nie. Die seer van hul afwesigheid gaan nooit weg nie. Maar die liefde wat hulle ervaar het, die herinneringe wat julle deel sal verseker voortduur. Ek is uit die diepte van my hart oortuig dat diegene wat jou in dié wêreld verlaat het, uitsonderlik trots is op wie jy is.
Elke keer wat ek hierdie mure sien, hierdie belydenisse lees, voel ek so geseënd dat ek die voorreg het om dit te sien. Julle oomblikke, hierdie geheime, is alles kosbaar, al is dit soms so hartseer.
Aan almal van julle (insluitend diegene wie ek nie genoem het nie, en diegene wat nog nie geskryf het nie)
- Jy is waardig.
- Jy is sterk.
- Jy is dapper.
- Jy is geliefd
- Iemand gee om.
Wednesday, July 17, 2013
Die Saadjie
Eendag lank,
lank gelede was daar ‘n saadjie maar omdat dit ‘n klein enkel saadjie was, het
niemand enige notisie geneem van die saadjie nie. Aangegryp deur ‘n gevoel van
minderwaardigheid het die saadjie sy hele bestaan as onbelangrik beskou en
heeltemal moed opgegee.
Maar eendag
het die wind hom opgetel en genadeloos in ‘n oop veld onder die felle son
geslinger. Die saadjie was verward, waarom sou die wind so iets aan hom gedoen
het. Maar in plaas van antwoorde het hy net reënbuie en velle sonskyn ervaar in
die oop veld.
Die dae het
weke geword, die weke maande en die maande jare. Jare na die wind incident sien
hy ‘n reisiger wat langs hom sit. “Dankie, tog vir dié. Ek het regtig die rus
nodig,” hoor die saadjie die reisiger sê.
“Waarvan praat
jy,?” vra die saadjie aan die reisiger wat hier teenaan hom sit. Hy het gedink
die reisiger dryf die spot met hom. Gewis het hy opgemerk hoe baie mense hier
teenaan hom kom sit – al hoe meer van hulle in die laaste paar jaar – maar
niemand het nog so met die saadjie gepraat nie.
“Wie is dit?”
vra die reisiger verskrik.
“Dit is ek.
Die saadjie.”
“Die saadjie?”
Die reisiger kyk na die reuse boom hier langs hom. “Jy maak seker ‘n grap? Jy
is geen saadjie nie. Jy is ‘n boom. ‘n Reus van ‘n boom!”
“Regtig?”
“Ja,! Hoekom
dink jy kom die mense om hier langs jou te sit?”
“Nou hoekom
kom hulle in elk geval hier langs my sit?” vra die saadjie.
“Om jou
lieflike skaduwee te ervaar! Moet my nie vertel jy het nie geweet dat jy
gegroei het tog die reuse boom die afgelope jare nie?”
‘n Paar
oomblikke gaan verby voordat die volle betekenis van die reisiger se woorde
insit en hy die volle inplikasies daarvan besef.
Die saadjie,
nou ‘n volgroeide boom, dink ‘n oomblik en glimlag vir die eerste keer in sy
lewe. Die jare van volgehoue marteling onder die felle son en die reën het
uiteindelik vir hom sin begin maak.
“AH! Dit
beteken ek is nie meer die klein verswakte saadjie nie. Ek was toe nie bestem
om ongemerk dood te gaan en net weg te kwyn nie. Ek was bestem om mense te
stroop van hul vermoeidheid en hulle te verfris en te laaf in my skaduwee. Wow!
Dit is nou ‘n lewe wat die moeite werd is om te leef!”
Soms is ons
groei in die gees so stil dat ons dit nie eens opmerk nie, al wat ons sien is
die beproewinge en die swaarkry – totdat iemand eendag in ons skaduwee kom sit
en dankie sê vir die lafenis wat ons hul kon bied. Dan eens besef ons dat die
beproewinge en swaarkry ons laat groei het sodat osn vir ander ook tot lafenis
kan wees.
Tuesday, June 25, 2013
DIE HANDE MET DIE MERKE
‘n Jong man het aansoek gedoen vir ‘n bestuurspos by ‘n groot maatskappy.
Hy het die eerste onderhoud suksesvol afgelê, en daar was ‘n opvolg onderhoud
gereël sodat hy die direkteur van die maatskappy kon ontmoet.
Na aanleiding van sy CV het die direkteur gesien dat die jong man se
akademiese prestasies van uitstekende gehalte was.
Die direkteur het na die jong man gekyk en vir hom gevra: "Het jy enige
beurse gehad waarmee jy gestudeer het?"
en die jong man het geantwoord :
"Nee"
"Was dit jou vader wat al jou studie geld betaal het"
"Nee," sê die jong man weer,
"My vader is oorlede toe ek een jaar oud was, dit was my moeder wat
vir al my studies betaal het."
" Waar het jou moeder gewerk?"
"My moeder het ander mense se klere gewas "
Die direkteur vra toe die jong man om sy hande vir hom te wys. Die jong man
het sy hande uitgesteek en verbaas na die direkteur gekyk.
Wat sou sy hande met die onderhoud te doen hê. Die direkteur het na die
jong man se hande gekyk, hulle was glad en perfek versorg.
" Het jy ooit jou moeder gehelp om die wasgoed te was?"
"Nooit, my moeder wou altyd hê ek moet lees en studeer, en buitendien
kan my moeder wasgoed baie vinniger en skoner was as wat ek ooit kon droom om
dit te doen."
Die direkteur sê toe vir die jong man, "Ek wil hê jy moet eers huis
toe gaan en jy moet jou moeder se hande met room smeer, dan sien ek jou weer môre
oggend hier"
Die jong man het gevoel hy kan dalk die werk kry, en hy is huis toe om vir
sy moeder te vertel van die onderhoud. Toe hy later by haar sit, sê hy vir sy
moeder hy wil graag haar hande room smeer. Vir die moeder was dit ‘n snaakse
versoek, maar met gemengde gevoelens het sy die buisie room na hom toe uitgehou,
en toe haar hande uitgesteek na hom toe.
Die jong man het sy moeder se hande in syne geneem, en toe begin die trane
oor haar hande rol, vir die eerste keer in sy lewe het hy gesien hoe vol plooi
en eelte sy moeder se hande was. Plek - plek was die hande oopgebars en het sy ineengetrek
toe hy dit saggies met room begin invryf.
Dit was die eerste keer dat die jong man besef het dat daardie paar hande
wat soveel bondels wasgoed gewas het, vir sy studiegeld betaal het. In ysige
winter koue en stomende somer hitte, het sy onverpoosd gewerk. Daardie vereelte
hande het sy toekoms rooskleurig geverf.
Daardie stukkende hande het gesorg vir ‘n uitstekende geleerdheid.
Na hy sy moeder se hande goed gesmeer het, het hy die volgende bondel wasgoed
opgetel en stil - stil daarmee verdwyn om dit vir haar te gaan was.
Daardie aand het moeder en seun tot baie laat gesels.
Die volgende dag het die jong man weer aangemeld by die direkteur vir sy
onderhoud.
Hy het gesien die trane sit nog baie vlak in die jong man se oë.
"Het jy toe gedoen wat ek vir jou gesê het?" vra die direkteur
die jong man.
"Ja, ek het my moeder se hande room gevryf, en toe het ek die res van die
wasgoed vir haar gewas. Ek het nou eers besef dat ek nooit waardering gehad
het vir dit wat sy al die jare vir my
gedoen het nie. Sonder haar sou ek nie vandag vir hierdie pos kon aansoek doen nie.
En toe ek gister daardie vreeslike bondel wasgoed was, voel dit asof my skouers
wil afskeur. Toe besef ek eers hoe groot haar opoffering was deur al die jare.
"Die pos is joune,” antwoord die direkteur, “eers as iemand waardering en dankbaarheid kan
betoon, is hy gereed vir ‘n pos met soveel verantwoordelikhede.
Kyk vandag om jou rond, daar is baie mense wat baie opgeoffer het in die
lewe om ons te gee wat ons vandag het.
En dan is daar ‘n Hemelse Vader wat alles opgeoffer het, sodat ek en jy nie
nodig het om gestraf te word vir al ons verkeerde dade nie.
Kyk na Sy Hande vandag, Hulle dra die merke van hoe Hy vir ons gely het,
hoe Sy liefde ons straf gedra het.
Het ons al vir Hom die nodige dank en waardering gewys vir die merke op Sy
Hande?
Kom ons maak hierdie dag anders,
Kom ons wys waardering aan al ons geliefdes, en ons wys dankbaarheid en
waardering aan ons Hemelse Vader wat so mooi na ons kyk.
Sonder Sy opoffering sou ons lewens baie anders verloop het.
Wednesday, June 12, 2013
YaHWeH’s Koek Bestandele
Somtyds wonder ons,
‘Wat het ek gedoen om dit te verdien?’ of
‘Waarom het YaHWeH die nodigheid geag dat dit met my moes gebeur?’
Hier is ‘n wonderlike verduideliking.
‘n Dogter was besig om aan haar moeder te vertel hoe alles besig is om verkeerd
te loop in haar lewe. Sy het haar wiskunde toets gedruip, haar kêrel het haar
afgesê en haar beste vriendin trek weg
van hul dorpie af.
Intussen, is haar moeder besig om ‘n koek te bak en sy vra haar dogter of
sy dalk ‘n smulhappie soek. Die dogter antwoord baie opgewonde, “O ja beslis,
ma weet mos hoe baie hou ek van die koek wat ma bak!”
“Hier, kry solank so slukkie kook olie,” offer haar ma.
“Yuck” sê die dogter.
“Wat van ‘n paar rou eiers?” “Nee, sies ma!”
“Wil jy dalk so happie meel hê?
of miskien ‘n lepeltjie bak poeier?”
“Ag nee sies ma, nie een van die goed is lekker om te eet nie!”
Waarop die moeder antwoord:
“Ja, die bestandele so elk op sy eie kan glad nie lekker wees nie, maar
wanneer hulle almal saamgevoeg word in die regte verhouding, dan maak hulle die
heerlikste koek!”
YaHWeH werk op dieselfde wyse. Baie keer wonder ons waarom Hy toelaat dat
ons deur sulke moeilike en slegte tye gaan. Maar Abba Vader weet dat wanneer Hy
al hierdie dinge in die regte volgorde en verhouding plaas, hulle altyd ten goede
uitwerk.
Ons moet Hom vertrou en eindelik sal hulle almal in iets wonderliks omskep
word.
Monday, May 27, 2013
Die Olifant en die Vlieg
Die leermeester en sy leerling het deur die woud gewandel. Die leerling was
onsteld weens die feit dat sy gedagtes in voortdurende konflik was.
Hy vra sy leermeester, “Hoekom is dit dat die meeste mense se gedagtes rusteloos
is en nie reik na dit wat goed en suiwer is nie? Slegs ‘n paar besit ‘n
gedagte gang wat kalm en suiwer is. Wat kan mens doen om die gedagtes te
kalmeer en te laat stil word in suiwer oordenkinge?”
Die leermeester kyk na sy leerling, glimlag vir hom en sê, “Ek sal jou ‘n
storie vertel. ‘n Olifant het by die boom gestaan en van die heerlike blare
gepluk om aan te smul. ‘n Klein vliegie kom daar aangevlieg en vlieg en buzzz
hier in die olifant se oor. Die olifant waai die vlieg weg met sy groot flap
ore. Na ‘n paar oomblikke is die vlieg weer terug en die olifant verdryf die
vlieg weereens.”
Die gebeure het ‘n hele paar keer plaasgevind. Toe vra die olifant vir die
vlieg, “Waarom is jy so rusteloos en raserig? Hoekom kan jy nie vir ‘n wyle op
een plek stil sit nie?”
Die vlieg antwoord: “Ek word aangetrek na alles wat ek sien, ruik, proe, voel of hoor.
My vyf sintuie trek my voortdurende in verskillende rigtings en ek kan hulle
nie weerstaan nie. Wat is jou geheim? Hoe kan jy so lank kalm en stil wees?”
Die olifant hou op om te eet en sê: “My vyf sintuie regeer nie my
aandagspan nie. Wat ek ookal doen, ek wei my volle aandag daaraan. Nou dat ek
eet, is ek totaal toegewei aan my etery. Op die manier kan ek my kos geniet en
is dit lekker om te eet. Ek regeer en beheer my aandagspan en nie andersom nie.”
By die aanhoor van die woorde van die wyse ou leermeester verhelder die
leerling se oë en ‘n glimlag verskyn op sy gesig. Hy kyk na sy leermeester en
sê, “Ek verstaan! Indien my vyf sintuie in beheer is van my verstand en aandag,
dan is my gedagtes in voortdurende konflik en rusteloosheid gedompel. Wanneer
ek in beheer is van my vyf sintuie en aandag, dan word my verstand en gedagtes
kalm."
“Ja, dit is korrek.” antwoord die leermeester, “Die verstand en gedagtes is
rusteloos en gaan waarookal die aandag is. Beheer jou aandag en jy beheer jou
verstand en gedagtes.”
Subscribe to:
Posts (Atom)




