Wednesday, June 12, 2013

YaHWeH’s Koek Bestandele




Somtyds wonder ons,
‘Wat het ek gedoen om dit te verdien?’ of
‘Waarom het YaHWeH die nodigheid geag dat dit met my moes gebeur?’

Hier is ‘n wonderlike verduideliking.

‘n Dogter was besig om aan haar moeder te vertel hoe alles besig is om verkeerd te loop in haar lewe. Sy het haar wiskunde toets gedruip, haar kêrel het haar afgesê en haar beste vriendin  trek weg van hul dorpie af.

Intussen, is haar moeder besig om ‘n koek te bak en sy vra haar dogter of sy dalk ‘n smulhappie soek. Die dogter antwoord baie opgewonde, “O ja beslis, ma weet mos hoe baie hou ek van die koek wat ma bak!”

“Hier, kry solank so slukkie kook olie,” offer haar ma.
“Yuck” sê die dogter.
“Wat van ‘n paar rou eiers?” “Nee, sies ma!”
“Wil jy dalk so happie meel hê?
of miskien ‘n lepeltjie bak poeier?”

“Ag nee sies ma, nie een van die goed is lekker om te eet nie!”

Waarop die moeder antwoord:

“Ja, die bestandele so elk op sy eie kan glad nie lekker wees nie, maar wanneer hulle almal saamgevoeg word in die regte verhouding, dan maak hulle die heerlikste koek!”

YaHWeH werk op dieselfde wyse. Baie keer wonder ons waarom Hy toelaat dat ons deur sulke moeilike en slegte tye gaan. Maar Abba Vader weet dat wanneer Hy al hierdie dinge in die regte volgorde en verhouding plaas, hulle altyd ten goede uitwerk.
Ons moet Hom vertrou en eindelik sal hulle almal in iets wonderliks omskep word.

No comments: