Thursday, August 4, 2011

Leuning aan jou Dak


Deuteronomium 22:8
As jy ’n nuwe huis bou, moet jy ’n leuning aan jou dak maak, sodat jy geen bloedskuld op jou huis bring as iemand daarvan afval nie.

Dit is en bly vir my altyd te wonderbaar wanneer mens ’n ietsie klein in die Skrif raak lees en dit sit ’n hele denkproses aan die gang. Die stukkie noop mens om so bietjie navorsing te gaan doen of dit maak dat iets soms net eenvoudig in plek kliek wat jy nooit verstaan het of na opgelet het nie.

Met die stukkie was dit nou weer die geval gewees. Ons almal kyk na die oorsese flieks (veral Amerikaans) en ons sien al die huise en die meeste van hulle het soos ’n leertjie of ’n stellasie vir ’n ranker wat vanaf die grond strek to by die dak.
Onbewustelik het ek al baie gewonder wat is die doel daarvan want die meeste van die kere in die films gebruik die kinders dit om skelmpies uit die kamer te sluip en in die nag te gaan rondjakker. Ek was onder die indruk dat dit maar hoofsaaklik vir plante bedoel is om teen op te rank.

Hierdie is weer een van daardie dinge wat die meeste huisbewoners al vergeet het waarvoor dit bedoel was en wat is die geskiedenis agter die “klouter leuning”.

In die Engels word daar gepraat van ’n “parapet” wat ’n parapet muur (of ’n keer muur) beteken of ander omskryf dit as “battlement”. Die parapet muur is opsigtelik veral by plat dakke waar die mure aan die kant van die huis hoër opgebou word as die dak en die muurtjie staan gewoonlik sowat 1 meter bokant die dak oppervlak uit. Die parapet muur het dus gekeer dat ’n persoon nie van die dak afval en die bloedskuld op die huis kom nie. Die battlement is soos gevegs mure wat veral op kastele sigbaar was. Die muur het met gereelde tussen poses ’n opening waardeur die soldaat sy boog of vuurwapen kan afvuur.
Met die uitfasering van die gevegs mure en platdakke met hul parapet mure na staandakke het die “klouter leuning” die plek ingeneem van die gevegs muur of parapet muur.

Maar net nog ’n bewys dat selfs in die eenvoudige konstruksie van ’n huis kan steeds die insettinge van YHWH waargeneem word, al is die eienaar van die huis nie eens daarvan bewus nie.

No comments: