Thursday, August 18, 2011

Die Sirkus


Eendag, terwyl ek nog ’n tiener was, het ek en my pa in die ry gestaan om kaartjies te koop vir die sirkus. Vir ons klein dorpie was die sirkus ’n groot gebeurtenis en een van die jaar se hoogtepunte op die kalender. Uiteindelik was daar slegs een gesin tussen ons en die kaartjie kantoor.

Die gesin het ’n groot indruk op my gemaak. Daar was agt kinders, almal so onder die ouderdom van sestien jaar. Ek kon aflei dat hulle dit nie baie breed gehad het nie. Hulle klere was nie duur klere nie maar skoon en perfek gestryk.

Die kinders was besonder goed gemanierd, almal van hulle netjies in ’n ry agter hul ouers, twee-twee langs mekaar terwyl hul mekaar aan die hand vashou. Hulle het baie opgewonde geklets oor die narre, die olifante en al die ander toertjies wat hulle die aand sou sien met die vertoning. Mens kon aanvoel dat hulle nog nooit by ’n sirkus was nie. Dit het beloof om een van die hoogte punte in hul jong lewens te wees.

Die pa en ma het trots gestaan aan die voorpunt van die jong brigade. Die ma het sy haar man se hand vasgehou en na hom opgekyk asof sy wou sê, “Jy is my ridder op die wit perd.” Hy het geglimlag vir haar die trots op sy vrou en kinders was duidelik sigbaar in sy hele houding.

Die dame van die kaartjies kantoor het aan die pa gevra hoeveel kaartjies wil hy koop. Hy het trots geantwoord, “Gee my asseblief agt kinder kaartjies en twee volwasse kaartjies.”

Die dame wat die kaartjie verkoop sê aan die man wat die totale koste sal beloop vir die tien kaartjies. Die man se vrou los sy hand en laat sak haar kop, die man se lip begin effens bewe. Die pa leen effens nader en vra, “Hoeveel het jy gesê kos die kaartjies?”

Die kaartjie verkoper herhaal die prys van die kaartjies. Die man het nie genoeg geld gehad om te betaal vir die kaartjies nie.

Hoe was hy veronderstel om aan sy opgewonde kinders te vertel dat daar nie genoeg geld was om hul die sirkus vertoning te laat kyk nie?

My pa wat presies gesien het wat hier besig was om plaas te vind het sy hand in sy sak gedruk en ’n R100-00 uitgehaal en dit op die grond laat val. (Julle moet verstaan dat ons geensins welaf was nie!) My pa buk af, tel die noot op, tik die pa op sy skouer en sê, “Verskoon my meneer, die het uit u sak uit geval.”

Die man het besef wat aan die gang is. Hy het nie gebedel vir hulp nie maar het verseker die hulp waardeer in hierdie desperate, hartverskeurende, vernederende oomblik. Hy het reguit in my pa se oë gekyk, my pa se hand geneem in beide sy hande en dit styf gedruk. Terwyl sy lip liggies bewe en met ’n traan wat oor sy wang rol antwoord hy, “Baie, baie dankie meneer. Dit beteken werklik ontsaglik baie vir my en my gesin.”

My pa en ek het terug gestap na ons motor en huis toe gery. Ons het nie die aand sirkus toe gegaan nie, maar dit het nie een van ons twee gepla nie. Die blydskap en dankbaarheid in die oë van ’n vader met ’n wonderlike gesin het meer as vergoed vir enige sirkus vertoning.

Skrywer: Anoniem

No comments: