Thursday, May 19, 2011

“Liefdes kind”


Vandag moet julle mense my help want daar is ’n paar dinge wat ek nie altyd lekker verstaan nie en met die ene is ek totaal dom.

Terwyl ek vanoggend werk toe ry hoor ek so terloops van een of ander bekende se “liefdes kind” (love child) by ’n ander vrou, is nou nie seker of dit Arnold Schwarzenegger se kind is of ’n ander bekende nie. Hoe dit nou ook al sy.

Nou begin die term “liefdes kind” hier in my gedagtes rondmaal en maak nie saak hoe ek daarna kyk nie, ek kan die term “liefdes kind” in hierdie konteks eenvoudig nie begryp nie.

As ons die saak so bietjie analiseer dan ontstaan daar ’n paar vrae wat mens eers vir jouself sal moet uitmaak:

As die man ’n kind by ’n ander vrou verwek, buiten sy eie vrou, dan praat mense in die algemeen van ’n buite-egtelike kind, maar sodra dit ’n bekende persoon is dan word die term buite-egtelik nie meer gebruik nie, maar dan dink die mense die term “liefdes kind” is meer gepas.
Hoekom ? ? ?

As die man dan ’n “liefdes kind” het, wat noem mens dan sy kinders by sy eie vrou – “haat kinders” ? ? ? Want as buite-egtelike kinders “liefdes kinders” is, dan moet kinders binne die eg (wat die teenoorgestelde van buite-egtelik is) die teenoorgestelde genoem word van “liefdes kinders” en dit is “haat kinders.”

Hoekom noem ons hulle nie wat hulle is nie, “wellustigheids kinders” want dis hoe hulle ontstaan het, nie uit ’n kamstige liefde nie maar uit suiwer wellustigheid. As hy regtig lief was vir die vrou dan sal hy mos met haar in die huweliks tree.
Maar wat gebeur nou ? ? ?

Hy draai sy rug op die kamstige liefde van sy lewe en keer terug na sy vrou en sê net, sorry ek het ’n fout gemaak.

Laat ons ophou skerm vir die oortreding en noem dit wat dit is – ’n buite-egtelike kind nie ’n “liefdes kind” nie.

Jou “liefdes kind” behoort die kinders te wees wat verwek is by jou vrou.

PRE 7:26 : En ek het iets uitgevind bitterder as die Dood: die vrou wat strikke is, haar hart nette, haar hande boeie; hy wat suiwer is voor die Aangesig van die Elohim, sal van haar vryraak, maar die oortreder word gevang in haar.
PRE 7:27 : Kyk, dit het ek uitgevind, sê die Prediker, deur die een by die ander [te voeg], om 'n slotsom te vind -
PRE 7:28 : wat my siel lank gesoek het, maar wat ek nie gevind het nie: een adamiet uit duisend het ek gevind, maar 'n vrou het ek onder soveel nie gevind nie.
PRE 7:29 : Kyk, net dit het ek uitgevind: dat die Elohim die adamiet reg gemaak het, maar hulle het baie slim planne gesoek.

No comments: