Tuesday, February 25, 2014

Onaangename Teddy




Sy het voor haar graad 5 klas gestaan, en vir die kinders vertel dat sy hulle almal ewe lief het, maar soos die meeste onderwysers het sy geweet sy vertel ‘n leuen. Want heel voor in die klas , was daar n seuntjie met die naam van Teddy Stoddard. Mev Thompson het Teddy dopgehou en agtergekom hy speel nie baie goed met die ander kinders nie. Sy klere was baie slordig, en dikwels ongestryk en dikwels kon jy sien dat hy nie naby ‘n bad was nie. Teddy kon baie onaangenaam wees, en dit het op die punt gekom wat Mev Thompson amper lekker gekry het om sy boeke met ‘n dik rooi pen te merk. ‘n Groot vet X en dan sommer ‘n "F" oor sy werk.

By die skool was dit Mev Thompson se werk om die kinders se ou verslae en rapporte na te gaan. Sy het al die kinders sin afgehandel en Teddy se verslae tot heel laaste gelos. Maar toe sy, sy ou verslae begin lees, was sy baie verbaas dat sy graad een juffrou geskryf het:
“Teddy is ‘n baie intellegente kind, en is altyd gereed om jou sy grootste glimlag te gee. Sy werk is netjies en hy het baie mooi maniere. Hy kom baie goed met sy klasmaats klaar.” 

Sy graad twee juffrou het geskryf:
“Teddy is ‘n briljante student, populêr by die ander kinders maar hy verwerk sy moeder se terminale siekte moeilik, en dit lyk asof omstandighede by die huis moeilik is.”

Sy graad drie juffrou het geskryf:
“Teddy sukkel om sy moeder se dood te verwerk, hy probeer baie hard maar sy pa wys geen belangstelling nie. Stappe sal moet geneem word anders gaan sy lewe uitmekaar val.”

Sy graad vier juffrou het geskryf:
“Teddy is totaal teruggetrokke en toon geen belangstelling in skool nie., hy het geen vriende nie en raak soms in die klas aan die slaap.”


Hier het Mev Thompson besef waar die probleem lê, en sy het haar eie kop in skaamte laat sak.. Sy het nog slegter gevoel toe haar kinders almal vir haar verjaarsdag geskenke bring toegedraai in die blinkste en mooiste papier en linte en Teddy skaam skaam sy geskenkie neersit, toegedraai in die oorblyfsels van ‘n bruin papier sak. Mev Thompson het sy geskenkie eerste oopgemaak voor al die kinders in die klas, die kinders het onder mekaar gegiggel oor die geskenkie, maar toe Mev Thompson die string krale uithaal, waarvan heelwat van die krale weg is, het sy dadelik die string stukkende krale om haar nek gehang, toe sien sy daar is nog iets in die pakkie, en haal ‘n kwart botteltjie reukwater uit. Sy spuit toe dadelik daarvan aan en sê vir Teddy baie dankie vir die mooiste geskenk ooit.

Na skool het Teddy in die klas bly rond hang tot al die kinders uit is, en toe sê hy vir haar toe hulle alleen was, “Mev Thompson, vandag het jy net soos my mammie geruik. Daardie dag het sy opghou om net die kinders somme, lees en skryf te leer, en het sy werklik belangstelling getoon in elke kind met sy unieke behoeftes. Sy het Teddy baie spesiale aandag gegee, en soos wat sy hom aandag gee, so het hy begin blom, sy werk het verbeter en aan die einde van daardie jaar was hy die slimste kind in die klas en was hy duidelik juffrou se witbroodjie.

‘n Jaar later het sy eendag ‘n briefie onder haar deur gekry wat sê: “Mev Thompson u is nog steeds die beste onderwyseres wat ek nog ooit gehad het.” Ses jaar het verby gegaan voor sy weer eendag ‘n briefie onder haar klas deur gekry het, wat sê: “Dankie Mev Thompson u is nog steeds die beste juffrou wat ek ooit gehad het. Ek is nou klaar met hoërskool en hy was derde beste van die matrieks daardie jaar.

Vier jaar later kry sy weer ‘n briefie wat sê hy was deur ‘n rowwe tyd, maar dat hy vasgebyt het en dat hy sy studies daardie jaar met ere kleure verwerf het, en dat sy nog steeds sy beste juffrou was. Nog vier jaar later het sy weer n briefie gekry, dat sy nog steeds die beste juffrou is en dat hy sy BA graad met lof geslaag het, maar dat hy nog bietjie verder gaan leer. Toe kom daar weer n briefie, sy was nog steeds sy beste juffrou, en sy studies was nou klaar en die briefie wat geteken: Theodore F Stoddard MD. maar hy wil ook sommer weet aangesien sy pappie ‘n paar jaar tevore tot sterwe gekom het, en hy ‘n baie oulike meisie ontmoet het, en hy gaan trou, of sy nie asseblief saam met hulle aan die bruidstafel sal sit nie. Die plek wat vir die bruidegom se ouers gereseveer was.

Sy het gegaan, en ja jy is reg, sy het daardie selfde string krale gedra, en die laaste bietjie van die reukwater aan haar gespuit. Hy het haar styf vasgedruk en in haar oor gefluister, “dankie Mev Thompson dat jy in my geglo het, dankie vir die liefde en die aandag, en dat u my geleer het dat een mens kan ‘n verandering in ‘n ander se lewe teweeg bring.” Met trane oor haar wange het sy vir hom gesê: “Teddy jy is so verkeerd, jy het my geleer dat dit moontlik was om ‘n verandering in iemand se lewe te maak. Ek het nooit geweet wat dit beteken om ‘n onderwyseres te wees totdat ek jou ontmoet het nie.
Vir julle wat nie weet nie Teddy Stoddard is die dokter by Iowa Methodiste Hospitaal in Des Moines en is in beheer van die kanker vleuel van die hospitaal.

Vra jouself die vraag vandag, - Het ek al in iemand se lewe ‘n verandering gemaak, deur liefde te betoon en die gesindheid van Yahshua Messiah  teenoor ander te openbaar?  Kan jy iemand wat in die modder lê, oplig. Dit was ‘n klein daad van liefde wat vir ‘n verlore seuntjie weer rigting in die lewe gegee het.
 
Jy kan ook ‘n verskil maak deur liefde te betoon.

Monday, December 23, 2013

VADER EK WIL NIE HUIL NIE.





My seun Gilbert was agt jaar oud en was deel van die "scout cub's" vir ʼn klein rukkie.
Tydens een van hulle byeenkomste het elkeen ʼn vel papier gekry, ʼn stuk hout en vier wiele en hulle was aangesê  om dit huis toe te neem en vir "pa" te gaan gee.

Vir Gilbert was dit nie ʼn maklike taak nie.
Pa was nie een van daardie mense wat graag iets saam met sy seun gedoen het nie, pa het geglo dat ʼn kind maar sommer self moet grootword.
Maar Gilbert het hard probeer en elke dag vir pa gevra vir sy hulp.

Pa het die vel papier geneem, die voorskrifte gelees en dit smalend eenkant gegooi.
Hy was beslis nie van plan om saam met sy jong seun n houtkarretjie te bou nie. Die blok hout het vir weke daar eenkant gelê.
Die tyd het verby gegaan. Eendag het ma besluit genoeg is genoeg, sy het die vel papier geneem en gekyk of sy miskien iets met die stuk hout en vier wiele kon uitrig.

Projek "motor bou" het begin in alle erns. Sy het nog nooit houtwerk gedoen nie, en die beste wat sy kon doen was om stap vir stap vir Gilbert te verduidelik wat gedoen moes word, en hom die werk laat doen.
Hy was so gretig dat hy baie entoesiasties alles gedoen het wat ma verduidelik het. Sy het die mates vir hom gelees, en al die moets en moenies van die motor wat gebou moes word.

Binne weke het die stuk hout vorm begin aanneem en was die buitelyne van die sportmotor al duideliker sigbaar. Effens skeef en krom, maar baie mooi, (of so het ma gedink). Gilbert het nie een van die ander kinders se motors gesien nie, en was baie trots op sy "blou weerlig blits" van n motortjie.
Daardie trots wat jy voel as jy iets self met groot gesukkel reggekry het.

Toe breek die groot aand van die wedren aan. Met sy blou hout motortjie in sy hand, en ‘n hart wat wil bars van trots het ons na die veld gery waar die groot wedren van hout motortjies sou plaasvind. Toe ons daar aankom het Gilbert se trots baie gou
in vernedering verander.
Sy motor was baie duidelik die enigste een wat deur hom alleen gemaak was.
Al die ander motors was baie duidelik ‘n  seun / pa vennootskap, met stylvolle lyne, en baie "cool" geverfde strepe.
Regte sportmotortjies wat gebou is om die maksimum spoed uit te kry.

'n Paar van die seuns het sommer hardop begin giggel vir Gilbert se skewe, onaantreklike selfgeboude motor. En om dit nog erger te maak was Gilbert die enigste seun sonder 'n pa aan sy sy. Daar was 'n paar seuns van enkel ouerhuise maar hulle het darem 'n oupa of 'n oom saam met hulle gehad, en al wat Gilbert gehad het, was "ma".

Die wedloop het begin en dit was gedoen deur  middel van eliminasie. So lank as wat jy onder die voorste paar was, het jy in die wedloop gebly.
Een vir een het die motors by die sand glybaan afgejaag. En uiteindelik was die wedloop tussen Gilbert en die mooiste motortjie van die aand.

Toe die laaste wedloop reg is om te begin, het my grootoog, skaam seuntjie gevra of hy die wedloop net met 'n oomblik kan vertraag, omdat hy eers wil bid.
Almal het stil geword. Gilbert het op sy knieë  neergesak en sy snaakse skewe blou motortjie tussen sy handjies vasgehou.
Met 'n ernstige frons op die sproetgesiggie het hy met sy Hemelse Vader in gesprek gegaan, baie ernstig het hy vir ‘n minuut en ‘n  half gebid, toe staan hy op, glimlag vir almal en kondig ewe braaf aan:
OK, ek is gereed.

Die skare het begin skree, en 'n seuntjie genaamd Tommy het langs sy pappa gestaan terwyl die twee motortjies teen die wal af jaag.
Gilbert het alleen gestaan, met net sy Hemelse Vader in sy hart en gekyk hoe sy lelike skewe motortjie met verbasende spoed teen die wal afry, en met 'n sekonde of twee voor Tommy se motortjie oor die wenstreep  jaag.

Gilbert het in die lug opgespring en geskee: "Dankie, Dankie" en die skare het hulle
goedkeuring uitgeskree.

Die organiseerder het met die mikrofoon na Gilbert gekom en vir hom gevra: "Gilbert, het jy gebid om te wen?" en toe antwoord my kind:
"O, nee,  Meneer, dit sou baie onregverdig van my gewees het om te verwag dat ons Hemelse Koning moet gee dat Tommy verloor, sien meneer, ek het net vir Hom gevra om my te help dat ek nie huil as ek verloor nie."

Weereens kan die wysheid van kinders ons verstom. Gilbert het nie  Vader gevra om die uitslag van die wedloop in sy voordeel te laat swaai nie, maar hy het Hom gevra vir krag, ongeag wat die uitslag van die wedloop was.

Toe Gilbert die eerste keer al die ander motors sien, het hy nie Vader beskuldig omdat al die ander seuns pa's gehad het wat hulle gehelp het, en hy net vir ma gehad het nie.
Nee hy het net gebid vir krag om die uitslag met waardigheid te aanvaar.

Miskien spandeer ons teveel tyd om Sy Majesteit JeaHUaH te vra om die uitkoms van ons lewenswedloop in ons guns te laat swaai.
Om ons die wenners te maak, of miskien spandeer ons te veel tyd om Sy Majesteit JeaHUaH te vra om die wedloop heeltemal te verwyder, in plaas daarvan om op ons knieë  neer te sak en Hom te vra om ons krag te gee om die wedloop met waardigheid te voltooi.

Gilbert het nie gebid om die ander seuntjie te laat verloor nie, dit was onregverdig in sy oë, en dan het iemand in die proses seergekry, hy wou net krag hê, krag om nie te huil as Tommy se motortjie gewen het nie.

Deur die wedloop te stop, en eers te bid, het hy vir almal daar gewys dat hy nie daar was sonder 'n Vader nie, sy Hemelse Vader was die hele tyd by hom.
Daardie aand het Gilbert as oorwinnaar weggestap, met sy Vader langs hom.

Tuesday, December 10, 2013

’n Gebed van JeHôWshua ben Sirah.



Ek is van mening dat met Geloftedag wat voor die deur is dat hierdie Boervolk van ons in baie diep moeilikheid verkeer, nie net wat die fisiese aanslag aanbetref nie maar ook die geestelike aanslag. Dit is asof die volk moeg gestry en baklei is, net om vir homself 'n plekkie in die son te verseker. Maar heelaas, ek is bevrees hierdie is maar net die begin van ons smarte.

Een van die redes is omdat ons as Volk versuim om ons Geloftes te betaal wat ons beloof het. Dit het tyd geword dat ons onsself verootmoedig voor die Almagtige, dat ons nader kom met 'n gebroke hart en pleit om vergiffenis voordat dit eens te laat is vir omdraai. Ons moet uitkom uit die instellings wat ons bind met kettings van allerlei leerstellings en leuens. Ons moet gaan sit aan die voete van die Meester, Majesteit Yahshua, sodat die Heilige Gees ons kan leer.

Ek plaas die gebed van JeHôWshua ben Sirah hier want hy het ook eens in groot gevaar verkeer en hy het sy hulp ontvang van die Ewige nadat hy homself voor YHWH verootmoedig het.

Vir hierdie dierbare Boervolk van ons, hou vas want ons verlossing is naby, maar eers moet ons gesuiwer word om die loog uit te kry, dan sal ons in suiwerheid voor Hom kan staan.



1.         EK wil U dank, O YHWH en Koning, en ek wil U loof, Elohim, My Verlosser. Ek wil U Naam       loof,

2.         want U het my siel van die dood gered, U het my vlees van vernietiging teruggehou, en uit die mag van die doderyk  het U my siel verlos; U het my verlos van die skinderpraatjies van ‘n volk, van die gesel van ‘n tong wat laster en van ‘n lip wat hom wend tot leuens; in die aangesig van hulle wat teen my opstaan, was U aan my kant, U het my gehelp

3.         ooreenkomstig die grootheid van U Barmhartigheid, uit die strik van hulle wat wag hou oor my     struikeling en uit die mag van hulle wat my siel soek; uit menigvuldige benoudhede het U my verlos

4.         en uit die verdrukkinge van die vlam rondom en uit die gloed van die vuur wat ek nie aangeblaas het nie,

5.         uit die diepte van die moederskoot van die doderyk, uit bedriegike lippe en die wat met   leuens pleister,

6.         en van die pyle van ‘n bedrieglike tong. En my siel het geraak aan die dood, en my lewe tot aan die onderste van die doderyk.

7.         En ek het my na alle kante gewend, maar daar was geen helper vir my nie, en ek het uitgekyk na een wat ondersteun, en daar was nie.

8.         Toe het ek gedink aan die Ontferming van YHWH en aan Sy gunsbewyse wat van ewigheid af is, Hy wat dié red wat op Hom vertrou en wat hulle verlos uit elke verdrukking.

9.         En ek het my stem van die aarde af verhef en uit die poorte van die doderyk het ek om hulp        geroep.

10.        Toe het ek na YHWH geroep, die Vader, my Meester: My Vader is U, moenie my verlaat in           die dag van beproewing, in die dag van woesteny en van verlatenheid nie.

11.        Ek wil U Naam voortdurend loof en ek wil aan U dink in die gebed. Toe het YHWH my     stem gehoor en Hy het die oor geneig tot my smekinge

12.        en Hy het my verlos uit elke verdrukking en Hy het my gered uit die dag van beproewing.             Daarom wil ek dank en loof en wil ek die Naam van YHWH prys.