Tuesday, December 10, 2013

’n Gebed van JeHôWshua ben Sirah.



Ek is van mening dat met Geloftedag wat voor die deur is dat hierdie Boervolk van ons in baie diep moeilikheid verkeer, nie net wat die fisiese aanslag aanbetref nie maar ook die geestelike aanslag. Dit is asof die volk moeg gestry en baklei is, net om vir homself 'n plekkie in die son te verseker. Maar heelaas, ek is bevrees hierdie is maar net die begin van ons smarte.

Een van die redes is omdat ons as Volk versuim om ons Geloftes te betaal wat ons beloof het. Dit het tyd geword dat ons onsself verootmoedig voor die Almagtige, dat ons nader kom met 'n gebroke hart en pleit om vergiffenis voordat dit eens te laat is vir omdraai. Ons moet uitkom uit die instellings wat ons bind met kettings van allerlei leerstellings en leuens. Ons moet gaan sit aan die voete van die Meester, Majesteit Yahshua, sodat die Heilige Gees ons kan leer.

Ek plaas die gebed van JeHôWshua ben Sirah hier want hy het ook eens in groot gevaar verkeer en hy het sy hulp ontvang van die Ewige nadat hy homself voor YHWH verootmoedig het.

Vir hierdie dierbare Boervolk van ons, hou vas want ons verlossing is naby, maar eers moet ons gesuiwer word om die loog uit te kry, dan sal ons in suiwerheid voor Hom kan staan.



1.         EK wil U dank, O YHWH en Koning, en ek wil U loof, Elohim, My Verlosser. Ek wil U Naam       loof,

2.         want U het my siel van die dood gered, U het my vlees van vernietiging teruggehou, en uit die mag van die doderyk  het U my siel verlos; U het my verlos van die skinderpraatjies van ‘n volk, van die gesel van ‘n tong wat laster en van ‘n lip wat hom wend tot leuens; in die aangesig van hulle wat teen my opstaan, was U aan my kant, U het my gehelp

3.         ooreenkomstig die grootheid van U Barmhartigheid, uit die strik van hulle wat wag hou oor my     struikeling en uit die mag van hulle wat my siel soek; uit menigvuldige benoudhede het U my verlos

4.         en uit die verdrukkinge van die vlam rondom en uit die gloed van die vuur wat ek nie aangeblaas het nie,

5.         uit die diepte van die moederskoot van die doderyk, uit bedriegike lippe en die wat met   leuens pleister,

6.         en van die pyle van ‘n bedrieglike tong. En my siel het geraak aan die dood, en my lewe tot aan die onderste van die doderyk.

7.         En ek het my na alle kante gewend, maar daar was geen helper vir my nie, en ek het uitgekyk na een wat ondersteun, en daar was nie.

8.         Toe het ek gedink aan die Ontferming van YHWH en aan Sy gunsbewyse wat van ewigheid af is, Hy wat dié red wat op Hom vertrou en wat hulle verlos uit elke verdrukking.

9.         En ek het my stem van die aarde af verhef en uit die poorte van die doderyk het ek om hulp        geroep.

10.        Toe het ek na YHWH geroep, die Vader, my Meester: My Vader is U, moenie my verlaat in           die dag van beproewing, in die dag van woesteny en van verlatenheid nie.

11.        Ek wil U Naam voortdurend loof en ek wil aan U dink in die gebed. Toe het YHWH my     stem gehoor en Hy het die oor geneig tot my smekinge

12.        en Hy het my verlos uit elke verdrukking en Hy het my gered uit die dag van beproewing.             Daarom wil ek dank en loof en wil ek die Naam van YHWH prys.

No comments: