Thursday, October 3, 2013

Die Koekie Dief




Die middeljarige vrou het een aand in die lughawe se sitkamer gewag op haar vlug om te arriveer. Met nog ‘n paar ure wat sy moes verwyl voordat sy haar vlug huistoe kon haal, het sy die lughawe geriefwinkel deursoek vir ‘n geskikte boek om te lees en sommer vir haar ‘n pak koekies gekoop om aan te peusel terwyl sy wag.
Sy het haar tuis gemaak op een van die meer gemaklike banke in die lughawe sitkamer.

Sy was baie verdiep in haar boek wat sy gelees het, maar kon nie help om op te merk dat die man wat langs haar sit ewe braaf ‘n koekie of twee uit die sak neem wat hier langs haar staan op die bank. Sy maak maar of sy dit nie gesien het nie want sy wil nou nie ‘n hele bohaai daarvan maak nie.

Dus kou sy maar lustig voort aan die koekies en hou die horlosie dop terwyl die voorbarige koekie dief haar voorraad koekies verorber. Dit was nou behoorlik ‘n geval van hoe later hoe kwater en sy het meer geirriteer geraak hoe langer die minute verby tik. Sy dink by haarself, “As ek darem nie so nice was nie, sou ek hom nou ‘n blou oog gepot het!”

Met elke koekie wat sy neem, vat hy ook ‘n koekie. Toe daar slegs een koekie in die pak oor is, wonder sy by haarself wat die man nou gaan doen. Met ‘n glimlag op sy gesig en ‘n effe senuweeagtige laggie neem hy die laaste koekie, breek dit in die helfte en offer haar die een helfte.
Terwyl hy sy helfte eet gryp sy die ander helfte uit sy hand uit en dink ...... ooooooh gee my krag. Die ou is regtig voorbarig en ongeskik en hy het haar nie eens bedank vir die koekies wat hy so lustig aan saam geëet het nie.

Sy weet nie wanneer lanklaas was sy so kwaad vir iemand gewees nie en dit is met ‘n sug van verligting toe sy hoor dat haar vlug se passasiers moes aanmeld. Sy raap gou al haar handbagasie bymekaar en loop haastig na die vertrek uitgang. Sy weier om terug te kyk na die voorbarige koekie dief.

Sy het haar gemaklik gemaak in die vliegtuig op haar aangewese sitplek en vinnig na haar boek begin soek wat feitlik klaar gelees was. Terwyl sy in haar drasak begin grou vir die boek, sien sy geskok haar pakkie koekies, onoopgemaak hier vlak voor haar oë.

“As my pak koekies hier is, dan beteken dit ..................” sy voel hoe die rooi gloed van skaamte oor haar gesig kruip “................dan beteken dit die ander pak was syne ......................... wat hy gedeel het met ‘n glimlag.”
Dit was te laat om jammer te sê – sy was die ongeskikte een, die ondankbare een, die koekie dief.

No comments: