Monday, July 11, 2011

Kinders maak die lewe vol


'n Klein dogtertjie is besig om met haar onderwyseres oor walvisse te gesels.

Die juffrou sê dit is fisies onmoontlik vir 'n walvis om 'n mens in te sluk, omdat, hoewel dit 'n groot soogdier is, is sy keel baie klein. Die dogtertjie stel dat Jona is dan deur 'n walvis ingesluk.

Hoogs verergd herhaal die juffrou dat 'n walvis kan 'n mens nie insluk nie; dit is fisies onmoontlik.
Die klein dogtertjie sê: "Wanneer ek in die hemel kom, sal ek Jona daarna vra."

Die juffrou vra: "Wat nou daarvan as Jona na die hel gegaan het?"

Die dogterjie antwoord vlugtig: "Dan vra Juffrou hom!"


'n Kleuterskool-juffrou kyk na die sketse wat die kleuters besig is om te maak. So het sy dikwels deur die groepe beweeg om te sien wat elkeen skets.

Sy bereik 'n dogtertjie wat toegewyd besig is. Sy vra haar wat die betekenis van haar skets is.

Die dogter antwoord: "Ek teken Liewe Jesus."

Die juffrou huiwer en sê: "Maar nie een van ons weet hoe Jesus werklik lyk nie."

Sonder om op te hou verf of van haar werk af op te kyk, antwoord die dogtertjie: "Hulle sal binne 'n minuut!"


'n Onderwyseres is besig om in die Sondagskoolklas die Tien Gebooie met die vyf- en sesjarige kinders te bespreek.
Nadat sy die gebod 'eer' jou Vader en jou Moeder aan die kinders verduidelik het, vra sy: "Is daar 'n gebod wat ons leer hoe om teenoor ons boeties en sussies op te tree?"

Sonder huiwering antwoord 'n seuntjie (die oudste uit 'n gesin): "Jy mag nie moord pleeg nie!"


Een dag sit 'n dogtertjie en kyk hoe haar ma die skottelgoed in die opwaskamer was. Sy bemerk skielik dat haar ma duidelike sigbare wit strepe hare op haar kop in teenstelling met die meerderheid bruin hare het.

Sy bekyk haar moeder deeglik en vra nuuskierig: "Hoekom is sommige van Mammie se hare dan wit?"
Haar ma antwoord: "Kyk, elke keer wanneer jy iets verkeerd doen en my bitter ongelukkig maak of laat huil, verander een van my hare in wit!"
Die dogtertjie oordink hierdie onthulling vir 'n hele rukkie en sê dan: "Mammie, hoekom is AL Ouma se hare dan wit?"


Die kinders van 'n klas is deur 'n professionele fotograaf afgeneem. Die onderwyseres was besig om elkeen in die klas te oortuig om 'n groepsfoto te koop.

" Dink net hoe wonderlik dit sal wees as jy groot is en jy kyk na die klasfoto en sê 'Daar is Jennifer, sy's 'n prokureur,' en 'Dit is Joe, hy's 'n dokter!' 'Hier's Flippie, hy's 'n predikant!"
'n Sagte, maar welluidende stem roep van êrens agter in die klas: "En daar is Juffrou, sy's dood!'


'n Onderwyseres is besig om les oor die sirkulasie van bloed aan te bied. In 'n poging om die verduideliking meer verstaanbaar te maak, sê sy: "Kyk maats, as ek op my kop sou staan, sal die bloed, soos julle nou weet, na my kop toe loop en sal ek my gesig rooi van kleur word."

'Dis waar,' sê die klas.

"Nou hoekom beweeg die bloed nie na my voete, as ek normaal regop staan nie?"

'n Klein knaap skreeu: "Omdat jou voete nie leeg is nie!!"


Die kinders staan in 'n tou vir middag-ete in die kafeteria van 'n Katolieke primêre skool. Op die punt van die tafel is 'n hoop appels opmekaar gestapel. Die non / suster skryf 'n nota wat sy langs die appels uitstal.

'Neem slegs EEN. God hou jou dop.'

Op die ander kant van die bedieningstafel is daar 'n groot hoop sjokolade kraakvars koekies.

'n Kind het ook 'n nota daar gelaat: 'Neem soveel as wat jy wil hê! God hou die appels dop.'

No comments: