Monday, December 7, 2009

Aan al my vriende

Aan die wat gereeld my blog lees, ek hoop dat julle 'n wonderlike jaar gehad het en die kere wat dit nie so lekker was nie dat julle dit ook gesien het as 'n geleentheid om te groei of om sekere sondes wat deel is van ons te ontgroei.

Dit is met dankbaarheid dat ons kan terugkyk op 'n jaar wat amper verby is, maar die heerlikheid is dat tyd ook naderkom wanneer ons Vader weer sal sien. Die heerlikheid is vir ons opgesluit in dit wat kom en nie in dit wat verby is nie.
Maar verseker sal ons ook beproef word in ons geloof want die suiwering moet plaasvind en ek bid Vader dat Hy ons die krag en genade sal gee om suiwer aan die anderkant uit te kom.

Ek sal vir die volgende drie weke nie stukkies plaas nie aangesien ek so bietjie gaan rondloop - ek loop darem nie die hele tyd rond nie, maar ons weet mos hoe gaan dit die tyd van die jaar. As jy jou oë knip is die dag verby.
Vir die wat so bietjie gaan uitspan, ek hoop julle geniet dit en die ander wat by die huis bly, geniet dit ook. Net om so bietjie uit die roetine te kom is al klaar soos 'n vakansie.

Mag Vader Yahweh Sy hand van seëninge en genade oor julle hou.

Groete

3 comments:

Anonymous said...

Baie dankie vir al die uitstekende stukkies wat jy hier vir ons almal plaas dit is werklik 'n blessing vir my en 'n geseënde Christus Fees!!!!

Anonymous said...

Ook ekke sê baie dankie!!

Die Here se vervulling en liefderyke nabyheid ten tyde van die Christusfees en in die nuwe jaar (wat ook maar niks anders as 'n Christusfees vir gelowiges is nie, né.)

Anonymous said...

Dit was waarlik 'n seen om elke dag jou dagstukkie te lees, ek gaan dit mis maar gun jou die blaaskans. Mag jy 'n geesvervulde tyd beleef saam met jou geliefdes en uitrus na liggaam siel en gees. Sien uit na 2010