Monday, May 25, 2009

Hierdie Lewe


Wie ken die draad van my lewensverloop?
Deurmekaar geweef in kleur en patroon.
Vol foute en rafels, dikwels slordig geknoop.
’n Lap in ’n mengelmoes van kleure gedoop.

Het ek iemand bemoedig.
Deur ’n woord of ’n daad
Of was dit ’n nuttelose lewe
Sonder goedheid of kwaad?

Ek reik uit na my Skepper
O Heer, maak my nuut
Vorm my en buig my en snoei maar my Heer,
Sodat ek daardeur volmaaktheid kan leer.

Lei my sodat ek iewers
’n hartsnaar sal raak
Iemand laat weet, vir Christus
maak elke lewe saak.

Wie weet dalk staan ek tog eendag verstom
As die Groot Wewer kom en
My lewenspatroon ontvou
Om te sien my lewe was presies
Soos my Skepper dit wou.

©Rina

No comments: